Land | Suid-Afrika![]() |
---|---|
Geografiese ligging | 25°51′35″S 27°32′2″E![]() |
Materiale gebruik | Afsettingsgesteente![]() |
DieMagaliesberg is 'nbergreeks wat vanPretoria in die noorde vanGauteng tot suid vanPilanesberg, in dieNoordwesprovinsie, strek. Die bergreeks is ongeveer 120 km lank. Die hoogste punt van die bergreeks is by Nooitgedacht, 1 852 meter boseespieël, maar slegs 300 m bo die omliggende vlakte. DieHartbeespoortdam,Buffelspoortdam enOlifantsnekdam is in die Magaliesberg geleë. Byna die hele berg is tot 'nnatuurreservaat verklaar.
Die Magaliesberge was in die verlede bekend as dieMacalisberg of as dieKashanberge.[1] Die berge is glo vernoem na dieTswana-hoofman Magali (Mohale), wat 'n stam in die noorde van die berge regeer het.[2]
Daar is meer as 130spesies van bome in die Magaliesberg.[3]DieOlyfgroen vingertjie (Frithia pulchra) is 'n dwergplantjie uit die vygiefamilie watendemies aan die gebied is. DievuurpylaalwynAloe peglerae groei net in die Magaliesberg en aangrensende berge.[3]
Aan die suidelike hange van die bergreeks is dieklimaat droeër en die meeste van die plantegroei in valleie aan die voet van die kranse gekonsentreer.[3] Aan die noordelike hange kom wilgebome voor en laer teen die hange kanmaroelabome gevind word.[3]
Die Magaliesberge was eens die tuiste van olifante, renosters, buffels, kameelperde, groot katte en verskeie spesies van bokke. Hoewel baie van die groot dierespesies oor die jare uit die gebied verdwyn het is sommige privaat wildskampe besig om 'n paar spesies in die streek te hervestig. Van besondere betekenis is die hervestiging van dieswartwitpens wildsbok. Dit was in die Magaliesberge teenwoordig waarWilliam Cornwallis Harris dié spesies ontdek het in 1836.[4]
Die bergreeks vorm 'n natuurlike versperring tussen die laagliggendeBosveld in die noorde en die koelerHoëveld in die suide. Die reeks ontvang reënval in die somer in die vorm van donderbuie met 'n gemiddelde reënval van 650 mm per jaar. In die winter kom ryp dikwels voor in die valleie aan die suidekant van die berg, maar amper nooit op die noordelike hange nie.
Die Magaliesberge het 'n gemiddeldetemperatuur van 22°C, en 'n tipiese humiditeit van 67%.[5] Wind kom meestal van die noorde af.[6]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)25°51′30″S27°31′48″O / 25.8583°S 27.530°O /-25.8583; 27.530