Die eerste Macintosh wat in 1984 vrygestel is.'n Apple iMac, 2009. Let op hoe die rekenaar in die skerm ingebou is.
DieApple Macintosh (ookApple Mac ofiMac genoem) is diehandelsnaam vir 'n soortpersoonlike rekenaar wat deur die maatskappyApple Inc. vervaardig word.[1]Steve Jobs het die oorspronklike Macintosh-rekenaar op24 Januarie1984 bekendgestel. Die Macintosh was een van die eerste rekenaars met 'nmuis wat gebruik kon word om op ikone op die skerm te klik. Dit is dan ook hierdie funksie, bekend as 'n grafiese gebruikerskoppelvlak, wat die Macintosh so gewild gemaak het. Die eerste model is later na "Macintosh 128k" hernoem. Apple het sedert 1998 die naam "Macintosh" na "Mac" verander, hoewel die produk sedert sy ontwikkeling reeds onder die noemnaam "Mac" bekend was.
Macintosh-rekenaars het aanvanklik, anders as ander persoonlike rekenaars, hulle eiesentrale verwerkers (genaamd die Motorola 68000) gebruik. Later het Apple na die PowerPC oorgeskakel. In 2006 begin hulle omIntel semikroverwerkers te gebruik. Die nuutste Mac's loop op Intel se i7-verwerkers.
Die Mac gebruik nie dieMicrosoft Windows-bedryfstelsel soos ander persoonlike rekenaars nie. Dit beskik oor 'n eie reeks bedryfstelsels, wat asOS X bekend staan. Die nuutste weergawe hiervan word "Yosemite" genoem. Mac's kan met behulp van 'n program genaamd "Boot Camp" beide Windows en OS X op dieselfde tyd loop. Die program is op alle Mac's gelaai.
Oor die algemeen kos Macintosh-rekenaars meer as ander rekenaars van dieselfde grootte en kapasiteit. Die produk is egter bekend vir sy boukwaliteit en gebruikersvriendelike koppelvlak.