Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Maasbanker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Maasbanker
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
T. trachurus
Binomiale naam
Trachurus trachurus
(Linnaeus, 1758)

DieMaasbanker (Trachurus trachurus) is 'n bekende Kaapse seevis wat verwant is aan die Halfkoord. Dievis kom voor vanSt. Helenabaai tot byKwaZulu-Natal en word ook in dieNoord-Atlantiese Oseaan aangetref. In Engels staan die vis ook bekend as dieMaasbanker.

Voorkoms

[wysig |wysig bron]
'n Vangs maasbankers

Die Maasbanker is groenerig of blouerig bo en silwerig onder en daar is 'n swart kol op die operkulum. Die vis word tot 55 cm groot.

Habitat

[wysig |wysig bron]

Die vis leef in die oop see tot op dieptes van 400 m en kom in groot skole voor. Hulle vreetplankton en gaan snags na die oppervlakte om te vreet. Die onvolwasse vissies word gejag deur dietuna,marlyn,geelstert,dolfyne envoëls. Daar is slegs een populasie in dieSuid-Afrikaanse water wat geskei word van dieNamibiese populasie deur die opwelling byLüderitz. Die Suid-Afrikaanse populasie teel aan op dieAgulhasbank. Diespesie speel 'n belangrike rol in die Suid-Afrikaanse kommersiële visbedryf en is 'n gewildeeetvis.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Bronne

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakel

[wysig |wysig bron]
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Maasbanker&oldid=2734693"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp