Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Maagde-eilande

Koördinate:18°05′N64°50′W / 18.083°N 64.833°W /18.083; -64.833
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Maagde-eilande
Inheemse naam: Virgin Islands
Ligging van die Maagde-eilande
Ligging van die Maagde-eilande
Geografie

LiggingAtlantiese Oseaan,Karibiese See
Koördinate18°05′N64°50′W / 18.083°N 64.833°W /18.083; -64.833
ArgipelKlein-Antille

Oppervlakte505vk km

Administrasie
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Oorsese gebiedFlag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande

HoofstadRoad Town
Grootste stadRoad Town (9 400)

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
EilandgebiedVlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
HoofstadCharlotte Amalie
Grootste stadCharlotte Amalie (18 914)

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
EilandgebiedVlag van Puerto Rico Puerto Rico
HoofstadSan Juan
grootste stadSan Juan (395 326)

Demografie
Bevolking146 508

DieMaagde-eilande (Engels:Virgin Islands) bestaan uit dieAmerikaanse Maagde-eilande, 'neilandgebied van die Verenigde State van Amerika, en dieBritse Maagde-eilande, 'noorsese gebied van dieVerenigde Koninkryk, tussen dieKaribiese See in die suide en dieAtlantiese Oseaan in die noorde. DieSpaanse Maagde-eilande behoort sedert dieSpaans-Amerikaanse Oorlog van1898 aan die Amerikaanse eilandgebiedPuerto Rico. Die eilande is in die weste vanAnguilla en in die ooste van Puerto Rico geleë. Die Maagde-eilande het 'n bevolking van 146 508 in 2003 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 505 km². DieVS-dollar is in albei gebiede die amptelikegeldeenheid.

Geografiese kaart van die Maagde-eilande
Politieke kaart van die Maagde-eilande:

   Amerikaanse Maagde-eilande

   Britse Maagde-eilande

   Spaanse Maagde-eilande (Puerto Rico)

   Puerto Rico (VSA)

Die eilande is deurChristophorus Columbus op14 November1493 vir Europa ontdek en virSpanje in besit geneem, maar die eilande is nie deurSpanjaarde bevolk nie. Sedert die17de eeu was die eilande tussenDenemarke enEngeland opgedeel en sommige eilande was tydelik inNederlandse besit.1917 het die VSA die Deense deel vir 25 miljoen VS-dollar gekoop.

Grootste eilande

[wysig |wysig bron]
RankEilandOppervlak (km²)Oppervlak (vk myl)Bevolking(2010)Administrasie
1Saint Croix2148250 601Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
2Vieques (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie)135529 301Vlag van Puerto Rico Puerto Rico
3Saint Thomas80,9131,2351 634Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
4Tortola55,721,523 908Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande
5Saint John5119,64 170Vlag van Amerikaanse Maagde-eilande Amerikaanse Maagde-eilande
6Anegada3815200Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande
7Culebra (histories nie beskou as deel van die Maagde-eilande nie)30,1111 818Vlag van Puerto Rico Puerto Rico
8Virgin Gorda2183 000Flag of the British Virgin Islands Britse Maagde-eilande

Sport

[wysig |wysig bron]

Krieket was eens die gewildstesportsoort in die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande, maar Amerikaanse sportsoorte soosAmerikaanse voetbal,basketbal enbofbal word nou meer beoefen. Die Amerikaanse en Britse Maagde-eilande is een van die gebiede wat met ander Karibiese state spelers beskikbaar stel vir dieWes-Indiese nasionale krieketspan, een van die "nasionale spanne" in internasionale krieket mettoetsstatus. Die Wes-Indiese nasionale krieketspan het aan elkeKrieketwêreldbeker deelgeneem en die eerste twee toernooie in1975 en1979 gewen.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Maagde-eilande&oldid=2495962"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp