ToeIBM syIBM-PC ontwikkel het sou hulle aanvanklik hul eie bedryfstelsel geskryf het, terwyl dieBASIC-interpreteerder deur Microsoft voorsien sou word. Toe hulle eie bedryfstelsel egter nie vlot nie, wend IBM hulself tot Microsoft en sluit 'n kontrak om die bedryfstelsel te ontwikkel.Bill Gates besluit om nie van nuuts af te begin nie, maar soek na 'n geskikte produk wat verder aangepas kan word.
Microsoft koop uiteindelik QDOS (SPC seQuick and Dirty Operating System wat vanCP/M afgelei is), waarvoor Microsoft 'n bedrag van 50 000 dollar betaal. Microsoft pas die bedryfstelsel volgens IBM se spesifikasies aan, waarna die produk deur IBM as PC-DOS verkoop word.
In die kontrak met IBM staan egter dat Microsoft ook self die produk aan derde partye mag verkoop. Microsoft doen hierdie onder die naam MS-DOS. Toe PC-klone wat op die IBM-PC gebaseer is op die mark kom, word MS-DOS gou populêr en begin Bill Gates stadig maar seker om sy fortuin op te bou.
Windows 95,Windows 98 enWindows ME maak van MS-DOS gebruik om te begin (die BOOT-proses), waarna die grafiese laag beheer oorneem. MS-DOS is nie 'nmultitaak bedryfstelsel nie, wat beteken dat slegs 'n enkele program op 'n slag kan loop. Deur die gebruik van virtuele verwerkers (in praktyk dieV86-modus van die80386-verwerker en hoër) is dit egter moontlik om verskillende MS-DOS-programme gelyktydig in hul eie virtuele rekenaars te loop. Hierdie metode is egter problematies omdat baie MS-DOS-programme die rekenaarhardeware direk wil aanspreek. 'n Gevorderde bedryfstelsel kan dit toelaat, maar stabiliteit word ingeboet.
Tensy 'n drywer 'n funksie virtualiseer, laat Windows 3.x en 9x direkte kommunikasie met die hardeware toe. Die Windows NT-bedryfstelsels laat dit egter glad nie toe nie.
| Datum | Weergawe | Veranderinge |
|---|
| Augustus 1981 | 1.0 | Inbring van die autoexec.bat lêer |
| Maart 1982 | 1.1 | Kan die datum en tyd vanaf die bevellyn wysig Ondersteun dubbelkant diskette |
| Maart 1982 | 1.25 | Eerste OEM-weergawe Nuwe opdrag: VERIFY |
| Maart 1982 | 2.0 | Ondersteun hardeskywe Kan lêers tegelyk oopmaak Printerbuffer ingevoer Bekendstelling van die ANSI-drywer |
| Oktober 1983 | 2.1 | |
| Augustus 1984 | 3.0 | Ondersteun netwerke |
| Maart 1985 | 3.1 | |
| Desember 1985 | 3.2 | |
| April 1987 | 3.3 | Ondersteun NLSFUNC en FASTOPEN Ondersteun hardeskywe groter as 32 megagrepe |
| Junie 1988 | 4.0 | DOSSHELL word bekendgestel |
| Junie 1991 | 5.0 | QBASIC, EDIT, UNDELETE, UNFORMAT en MIRROR Optimale gebruik van geheue |
| Augustus 1993 | 6.0 | Doublespace en Defrag 'n Antivirus program word ingesluit |
| 1993 | 6.1 | |
| 1993 | 6.2 | |
| 1993 | 6.21 | |
| 1994 | 6.22 | DriveSpace i.p.v. DoubleSpace Scandisk bekendgestel |
| 1995 | 7.0 | Uitgegee saam metWindows 95 Die rekenaar word opgebring met MS-DOS "verborge" in Windows Lang lêername vir Windows 95 (nie in MS-DOS-modus nie) |
| 1997 | 7.1 | Uitgegee met Windows 95 OSR2 enWindows 98 NuweFAT32 lêersisteem |
| 2000 | 8.0 | Uitgegee metWindows ME Geen SYS-bevel meer nie Kan nie rekenaar na bevellyn opbring nie |
Die ontwikkeling van MS-DOS is lankal reeds gestaak. Die laaste alleenstaande weergawe was weergawe 6.22. Vanaf weergawe 7.0 is MS-DOS nie meer 'n losstaande bedryfstelsel nie, maar is regstreeks in Windows geïntegreer. MS-DOS is nog redelik sigbaar in Windows 95 en 98, maar in Windows ME is al die spore daarvan uitgewis.