Wêreldkaart wat die Menslike-ontwikkelingsindeks vir 2016 volgens lande aandui (op basis van data vir 2015 en 2016, gepubliseer op 21 Maart 2017).[1]
0,900 en hoër
0,850–0,899
0,800–0,849
0,750–0,799
0,700–0,749
0,650–0,699
0,600–0,649
0,550–0,599
0,500–0,549
0,450–0,499
0,400–0,449
0,350–0,399
onder 0,350
nie beskikbaar nie
Wêreldkaart volgens kwartiele van die Menslike-ontwikkelingsindeks vir 2016 (op basis van data vir 2015 en 2016, gepubliseer op 21 Maart 2017).[1]
Baie hoog
Hoog
Medium
Laag
nie beskikbaar nie
Die onderstaandelys van lande volgens Menslike-ontwikkelingsindeks is afkomstig uit dieVerenigde Nasiesontwikkelingsprogram se Menslike-ontwikkelingsverslag2007/2008, saamgestel op grond van2005 data en gepubliseer op27 November2007. Dit dek 175 VN-lidlande (uit 192), asookHongkong (SAR van China) en die Palestynse Administrasie-geadministreerde gebiede. 17 VN-lidlande is nie ingesluit nie as gevolg van gebrek aan data. Die gemiddelde MDI van gebiede van die Wêreld en groepe lande word ook ter vergelyking verskaf.
Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MDI) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, onderwysvlak, en lewenstandaard vir lande wêreldwyd. Dit is 'n standaardmetdode om welstand, veral kinderwelstand, te meet. Dit word gebruik om te onderskei of 'n land 'n ontwikkelde, ontwikkelende of onder-ontwikkelde land is, en om die impak van ekonomiese beleide op lewensgehalte te meet. Die indeks is in1990 deur diePakistanse enIndieseekonome Mahbub ul Haq en Amartya Sen ontwikkel.[2]
Lande val in drie breë katergorieë gegrond op hulle MDI:hoë,medium, enlae menslike ontwikkeling.
Soortgelyke MDI waardes in die huidige lys beteken nie dat lande gelyke tellings bereik het nie aangesien MDI range bepaal word deur MDI waardes met sestellende syfers. In die tabelle hieronder word slegs drie tellende syfers gegee.
↑Aangesien die VN nie dieRepubliek van China (Taiwan) as 'n staat erken nie, sluit die VN se MDI verslag nie data vir Taiwan in nie; die VN verwys na die gebied as 'n Provinsie van China. Taiwan se regering het sy MDI vir 2004 bereken as 0.925 gegrond op die volgende data: lewensverwagting van 77,5 jaar; volwasse geletterdheid van 97,2%; gesamentlike brotu inskrywingskoers van 99%; en BBP per capita (KKP) van VSA$ 26 241. As dit in die VN se MDI syfers vir 2004 ingesluit is, sou dit 24ste (náIsrael en voorGriekeland) geval het."National Statistics, R.O.C. (Taiwan)"(PDF) (in Chinees). Directorate General of Budget, Accounting and Statistics, Executive Yuan, R.O.C. 2004.Geargiveer(PDF) vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020. Besoek op16 Januarie 2007.
↑Die VN het nie die MDI van Macau bereken nie. Die regering van Macau berken die gebied se MDI teen 2004 as 0,909. As dit in die VN se MDI syfers van 2004 ingesluit is sou Macau 25ste (náGriekeland en voorSingapoer) geval het."2006 Macao in Figures" (in Engels). Statistics and Census Service, Macau SAR. 2006.Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2017. Besoek op2 November 2006.
↑Die Instituut vir Strategiese Studies en Prognose (ISSP), in Podgorica, het 'n studie oor Montenegro in samewerking met die VNOP vrygestel."Human development report for Montenegro" (in Japannees).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2019. Besoek op15 Februarie 2008.
↑Hierdie lys sluit in gebiede wat nie geheel en al binne Europa geleë is nie, insluitendBelo-Rusland (wat nie 'n lid van dieRaad van Europa is nie). Hierdie lys sluit nie Asiese lede van die raad van Europa, soosArmenië, in nie, en ook nie transkontinentale gebiede – gedeeltelik in Asië geleë soosKazakstan (wat nie 'n lid van die Raad van Europa is nie),Azerbeidjan,Georgië,Rusland, enTurkye (lede van die Raad van Europa) nie.