Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Lys van Joodse feeste en herdenkings

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kerse word net voor die begin van die Joodse Sabbat en Joodse feeste aangesteek. Met die Kidoesj word die seën oor 'n bekerwyn gespreek wat die Sabbat en Joodse feeste inlui

Hierdie is 'nlys van Joodse feeste en herdenkings volgens dieJoodse kalender. Joodse feeste staan bekend asJamim Towim (Hebreeusemeervoud: ימים טובים, letterlik: "Goeie dae") ofJom Tow (eenvoud: יום טוב, letterlik: "Goeie dag"). Hulle is gerangskik volgens die herdenkings in die jaarkring, die hedendaagse vakansiedae inIsrael en ander herdenkings en vasdae inJudaïsme. Die twee heiligste dae in die Joodse kalender is die weeklikseSabbat en die jaarlikseJom Kippoer. Die drie tradisionele Bedevaartsfeeste (שלוש רגלים,sjalosj regalim) isPesach,Sjavuot enSoekkot. Tydens die bestaan van dieTweede Tempel het die Jode naJerusalem getrek en gedurende hierdie feeste offers gebring. Van die kleiner (na-Bybelse) Joodse feeste isChanoeka enPoerim, waarby die hoofherdenkings in die aand gehou word en die dae gewone werkdae is. Die Joodse kalender beskik oor vier nuwejaarfeeste, waarvanRoosj Hasjana, die "hoof van die jaar", die vernaamste is. Die drie ander nuwejaarfeeste isToe Bisjwat ("nuwejaar van bome"),Roosj Hasjana Labehemá ("nuwejaar van plaasdiere") en 1 Nisan vir die telling van die maande en bepaling van die groot feeste asook vir die berekening van die jare van 'n Joodse koning se regering. Die einde van die jaarlikse leessiklus van dieTora en die begin van 'n nuwe leessiklus in diesinagoge word op Simgat Tora gevier.

Feeste en herdenkings in die jaarkring

[wysig |wysig bron]
NaamHebreeusVertalingBetekenisDatum
Roosj Hasjanaרֹאֹשׁ הַשָּׁנָהHoof van die jaarNuwejaar1–2 Tisjrie
Jom Kippoerיוֹם כִּפּוּרDag van VersoeningVersoeningsdag10 Tisjrie
SoekkotסֻכּוֹתLoofhutteLoofhuttefees, Fees van Insameling15–21 Tisjrie
Hosjana Rabbaהושענא רבהGroot smekingLaaste dag van Soekkot21 Tisjrie
Sjmini Atséretשְּׁמִינִי עֲצֶרֶתAgtste [dag] van die vergaderingAfsluiting22 Tisjrie
Simgat Toraשִׂמְחַת תּוֹרָהToravreugdeVerbly met die Tora22 (Israel) of 23 Tisjrie (Diaspora)
ChanoekaחֲנֻכָּהInhuldiging, inwydingLigtefees25 Kislew – 2 Tewét (gewone jaar)
Kort Kislew: 25 Kislew – 3 Tewét
Toe biSjwatט״ו בשבט‎15de [dag] in Sjwatראש השנה לאילנות
Nuwejaar van die bome en plante
15 Sjwat
PoerimפוריםLoteLotefees14 (gewone stede) of 15 Adar (antieke ommuurde stede)
PesachפֶּסַחOorslaanLentefees, vryheidsfees of matsafees15–21 (Israel) of 15–22 Nisan (Diaspora)
Lagh ba'Omerל"ג בעומר‎33ste [dag] van die omertellingEinde van die rouperiode18 Ijjar
SjavuotשבועותWekeWekefees, Fees van die weke, Pinkster6 (Israel) of 6–7 Siwan (Diaspora)
Tisj'a be'Awתשעה באבNegende [dag] in AwRoudag ter herdenking van die tweemalige vernieling van Jerusalem se Tempel9 Aw
Toe be'Awט״ו באב‎15de [dag] in AwDag van vreugde en liefde15 Aw

Nuwe Israeliese feeste en herdenkings

[wysig |wysig bron]
NaamHebreeusBetekenisDatum
Jom haSjo'aיום השואהHolocaustherdenking27 Nisan
Jom haZikaronיום הזיכרוGedenkdag vir gesneuwelde Israeliese soldate4 Ijjar
Jom ha'Atsma'oetיום העצמאותIsraeliese onafhanklikheidsdag5 Ijjar
Jom Jeroesjalajimיום ירושליםFees van Jerusalem se hereniging tydens dieSesdaagse Oorlog 196728 Ijjar

Ander feesdae

[wysig |wysig bron]
  • Sabbat (שבת, weeklikse rusdag)
  • Brit Milá (ברית מילה, Besnyding)
  • Bar Mitswá of Bat Mitswá (בר מיצוה of בת מיצוה, Godsdienstige volwassenheid)
  • Rosj Chódesj (ראש חודש, maandelikse viering van die nuwemaan)

Vasdae

[wysig |wysig bron]
NaamDatum
Tsom Gedalja3 Tisjrie
Jom Kippoer10 Tisjrie
Asará beTewét10 Tewét
Ta'anit Ester13 Adar
Vas van die eersgeborenes14 Nisan
Sjiw'a Asar beTamoez17 Tamoez
Tisj'a be'Aw9 Aw

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metJoodse feeste en herdenkings.
Weeklikse Sabbat
Dawidster of Magen Dawid
Hoë Feesdae
Drie tradisionele Bedevaartsfeeste
Na-Bybelse Joodse feeste en vasdae
Internasionaal
Nasionaal
Ander
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit dieDuitse Wikipedia vertaal.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Lys_van_Joodse_feeste_en_herdenkings&oldid=2835930"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp