Die Mississippi-rivierdelta (foto geneem deur NASA se Terra-satelliet) vorm die eindpunt van die magtige rivier se bestemming. Die rivier deel sy geheime met niemand nie, soos deelstaatbewoners sê, en hou hulle in sy whiskykleurige water om hulle na die see toe te neemMissluiers hang oor die Mississippi in New Orleans se Franse KwartierOrkaan Katrina nader die Golfkus van Louisiana in Augustus 2005
Louisiana is danksy die erfenis van dieFranse koloniale tydperk uniek onder die Amerikaanse deelstate. Terwyl daar geen amptelike taal is nie, erken sy regstelsel sowelEngels asFrans. Engels is vandag die omgangstaal van die oorgrote meerderheid van die bevolking. Tog word oorblyfsels van die Franse taal in die plaaslike dialekte en talle plekname bewaar en praat ongeveer 215 000 inwoners Frans as moedertaal. Die getal deelstaatbewoners van Franse of Frans-Kanadese afkoms is in die sensus van 2000 as 524 258 bepaal.
Louisiana is genoem naLodewyk XIV, koning van Frankryk van 1643 tot 1715.René Robert Cavelier de La Salle het die gebied, wat deur dieMississippirivier dreineer word, vir Frankryk opgeëis en ditLa Louisiane genoem.[1] DieLatynseagtervoegsel–ana (of–ane) kan verwys na "inligting met betrekking tot 'n bepaalde individu, onderwerp of plek."Louis + ana kan dus rofweg vertaal word as "behoort aan Lodewyk". DieLouisianagebied was eens deel van dieFranse koloniale ryk en het van die Mobilebaai in die suide tot net noord van die huidige Kanadees-Amerikaanse grens gestreek, insluitende 'n klein deel van dieKanadeseprovinsiesAlberta enSaskatchewan.
Die magtige Mississippi, wat die deelstaat in twee deel en die sentrale korridor vorm van 'n ingewikkelde stelsel van waterweë en -liggame, insluitende uitgestrekte bayous, het steeds die toneel gevorm waarop enige rolspeer in Louisiana se geskiedenis moes optree – Indiaanse jagters, onverskrokke Frabse verkenners en pelsjagters, waagmoedige Spanjaarde, Akadiese vissers en herders, en Anglo-Amerikaanse planters, maar ook enigeen van sy huidige bewoners. Anderkant die waterweë en -liggame, verder af van die laagliggende vlaktes van die Mississippi-rivierdelta, lê die uitgestrekte moeraslande van Suid-Louisiana, die vrugbare grasvlaktes of prairies van die suidweste, en die hoër geleë beboste terrein van Noord-Louisiana.
Klimatiese besonderhede wat uit Louisiana se ligging aan die Golf van Meksiko voortspruit, het eweneens hul stempel afgedruk op die deelstaat se geskiedenis. Louisiana ervaar dikwels weersuiterstes, met betreklik warm en bedompige weer in die lente en somer, maar ook kouer periodes gedurende die wintermaande. Verwoestende orkane, tornado's en reënstorms vorm die skadukant van 'n halftropiese klimaat met voldoende neerslae en lang periodes van aangename weer in 'n uiters vrugbare deelstaat.
Louisiana was lank voor die koms van die eerste Europeërs die tuiste van stamme van die Eerste Nasies, en 'n aantal plekname verwys na die Indiaanse oorsprong van die staat.
Die eerste Europese ontdekkers was 'nSpaanse ekspedisie onder die leiding van Panfilo de Narvaez, wat in 1528 die monding van dieMississippirivier verken het. Sowat dertien jaar later het die ekspedisie vanHernando de Soto die gebied deurkruis. Die Spaanse owerhede het min belang in die gebied gestel, en dit was Franse ontdekkers wat die streek vervolgens verken het. René Robert Cavelier de La Salle het die gebied in 1682 ter ere van koningLodewyk XIV van FrankrykLouisiana genoem. Die eerste Franse nedersetting is in 1699 deur Pierre Le Moyne d'Iberville gestig.
Dekoratiewe voorwerpe, wat van gebrande loess gemaak is, is van die argeologiese spore wat die sogenaamde Poverty Point-beskawing in Louisiana gelaat het. Hierdie Indiaanse beskawing het gedurende die Laat Argaïese Tydperk tussen 1700 en 1100 v.C. in gebiede tussen die Mississippi-delta en die Golfkus gefloreer hetDie stadshorison van New OrleansKaart van Louisiana
Die Franse kolonie Louisiana het aanvanklik aanspraak gemaak op 'n groot gebied langs die oewers van die Mississippi wat tot byKanada in die noorde gestrek het. Die nedersettings wat so ontstaan het, was meestal langs die oewers van die Mississippi en sy takriviere geleë, terwyl 'n aantal handelsposte en sendingstasies ook in die gebied van die huidigeIllinois en in die omgewing van Saint Louis (Missouri) gestig is.
Mobile inAlabama en Biloxi in Mississippi het aanvanklik as hoofstede van die kolonie gedien, tog is die setel van die regering in 1722 naNew Orleans verskuif.
In die oorloë teen die Britte enIndiane het Frankryk die grootste gedeelte van sy gebiede oos van die Mississippi verloor, met die uitsondering van die omgewing van New Orleans en die parogieë rondom die Pontchartrainmeer. Die res van Louisiana het volgens die Verdrag van Fontainebleau in 1762 'n Spaanse kolonie geword.
Onder Spaanse heerskappy het 'n paar duisend Franstalige vlugtelinge, wat deur die Britse bewindhebbers uit Akadië verdryf is, Louisiana hulle nuwe tuiste gemaak. Die Akadiërs het hulle veral in die gebied van die suidwestelike bayous gevestig en later as die Cajuns bekend gestaan.
Napoléon Bonaparte het in 1800, met die Verdrag van San Ildefonso, Louisiana van Spanje terug gekoop, alhoewel die transaksie twee jaar lank geheim gehou is. Die hawe van New Orleans het steeds 'n groot rol in die politieke betrekkinge tussen die Verenigde State en Frankryk gespeel. Die Amerikaanse setlaars in die noordwestelike streke het hulle landbouprodukte, veral tabak, via die Mississippirivier uitgevoer en was dus aangewese op hierdie hawe. Die Franse het sulke toegang egter geweier. In die kort tydperk van die Spaanse heerskappy in Louisiana is 'n ooreenkoms tussen die VSA en die Spaanse koloniale owerhede gesluit, waarvolgens die gebruik van die hawe vir Amerikaanse uitvoere gewaarborg is. Die skielike opsegging van hierdie ooreenkoms en gerugte dat die gebied al heimlik aan Frankryk teruggegee is, het onrus in die Verenigde State veroorsaak. PresidentThomas Jefferson het 'n afvaardiging na Parys gestuur, wat onderhandelinge met die Franse minister van Buitelandse Sake,Talleyrand, begin het. Aangesien keiser Napoléon destyds fondse vir sy Europese ondernemings benodig het, het hy uiteindelik ingewillig om die hele Louisiana teen 'n prys van VSA-$ 15 miljoen aan die Amerikaners te verkoop.
Die Amerikaanse owerhede het die kolonie Louisiana in twee gebiede verdeel: Die Orleans-gebied, wat in 1812 die deelstaat Louisiana gevorm het, en die distrik van Louisiana met alle geweste buite die Orleans-gebied. Die Florida-parogieë is deur 'n proklamasie van presidentJames Madison in die jaar 1810 van die Spaanse Wes-Florida geannekseer. Die westelike grenslyn tussen Louisiana en die Spaanse Texas het tot met die Adams-Onis-verdrag van 1819 omstrede gebly. Die vrystaat Sabine het tussentyds as 'n buffersone en toevlugsoord vir misdadigers gedien.
As 'n oorblyfsel van sy verlede as Franse besitting handhaaf die deelstaat Louisiana nog steeds 'n burgerlike wetboek, wat op die Code Civil van Louisiana baseer en min of meer met Frankryk se wetboek, die Code Napoléon, vergelyk kan word. Anders as die ander deelstate is Louisiana nie incounties onderverdeel nie, maar inparogieë, soos uit die Franse tydperk oorgeërf.
DieState Capitol van Louisiana in Baton RougeDie hoofstad Baton Rouge is aan die Mississippirivier geleë
In 1849 is die setel van die staatsregering van New Orleans naBaton Rouge verskuif. Tydens dieAmerikaanse Burgeroorlog het Louisiana op 26 Januarie 1861 van die Unie afgeskei. Federale troepe het die stad New Orleans op 25 April 1862 verower.
Bobby Jindal (Republikeinse Party) is op 20 Oktober 2007 as nuwe goewerneur van Louisiana verkies. Hy is die eerste Amerikaner van Indiese afkoms wat die amp van goewerneur in 'n VSA-deelstaat beklee.
Die hoofstad van Louisiana is Baton Rouge, sy goewerneur is John Bel Edwards (Demokratiese Party). Die twee senatore is Bill Cassidy en John Kennedy (Republikeinse Party). Louisiana beskik oor sewe lede in die Amerikaanse Kongres, waarvan vyf Republikeine en twee Demokrate is.
Louisiana is naasAlaska die enigste Amerikaanse deelstaat wat vir administratiewe doeleindes nie in counties verdeel word nie. Die deelstaat se plaaslike regeringstelsel is uit die Franse en Spaanse koloniale tydperk oorgeërf toe die gebied sowel vir godsdienstige (as Rooms-Katolieke jurisdiksies) asook vir administratiewe doeleindes in parogieë (Frans:paroisses, Spaans:parroquias) verdeel is.
41 van die huidige 64parishes, soos hulle in Engels genoem word, word deur 'n raad geadministreer watpolice jury genoem word. Die ander 23 parogieë het 'n verskeidenheid plaaslike regeringstelsels en word byvoorbeeld deur 'n president en raad; deur 'n raadsbestuurder (council manager); deur 'n parogiale kommissie (parish commission) of as 'n gekonsolideerde parogie en stadsgebied (consolidated parish and city) geadministreer.
Louisiana is die enigste deelstaat van die VSA wat 'n regstelsel op die grondslag van die Romeinse, Spaanse en Franse reg het – in teenstelling met die Engelsecommon law van ander deelstate.
Die eerste oliebron in die Verenigde State is in September 1901 in Evangeline ontgin
Louisiana se ekonomie steun op die ontginning van olie- en gasreserwes asookminerale soosystererts,swawel, kalk,sout en ligniet (bruinkool); nywerhede soos olieraffinaderye, chemie en petrochemie, skeepsbou en ligte nywerhede soos vervoertoerusting; bosbou, landbou en voedselverwerking;vissery; pulp-, laaghout- en papiervervaardiging; skeepvaart en internasionale handel; entoerisme.[2]
Die bruto geografiese produk van Louisiana het in 2010 VSA-$ 213,6 miljard beloop. Louisiana se ekonomie was die 24ste grootste van alle Amerikaanse deelstate, met 'n per capita-inkomste van VSA-$ 30 952 (geranglys 41ste). In Mei 2015 was 2,1 miljoen deelstaatbewoners ekonomies aktief. Die werkloosheidsyfer het 6,6 persent beloop.[3]
Die deelstaat is 'n belangrike bestemming vir buitelandse beleggings. Tans het sowat 200 buitelandse ondernemings altesaam VSA-$ 16 miljard in Louisiana belê – die grootste bedrag van buitelandse beleggings in enige staat in die suidooste van die VSA en die negende grootste van alle deelstate.
Voor die Amerikaanse Burgeroorlog was Louisiana een van die welvarendste Suidstate. In die 19de eeu het sy ekonomie hoofsaaklik op twee winsgewende bedrywe –katoen ensuiker – en die deelstaat se rol as anker van die Verenigde State se belangrikste noord-suidelike handelsroete gesteun. Die Burgeroorlog het Louisiana se ekonomiese lewe ontwrig, terwyl oorstromings in dié tyd groot skade op katoenplantasies aangerig het. 'n Daling in internasionale katoenpryse en die federale regering se besluit om geen premies meer vir suiker te betaal nie het die deelstaat tot die einde van die 19de eeu ekonomies laat stagneer, alhoewel New Orleans steeds 'n leidende rol as uitvoerhawe vir katoen en graan gespeel het.
Die ekonomiese herstel in die volgende dekades was aan die verbouing van twee nuwe belangrike gewasse,rys en sojabone, herbebossing en 'n gepaardgaande opswaai in die houtbedryf, groeiende vraag na dennehout vir papiervervaardiging en die ongekende groei in die petrochemiese bedryf te danke. Aan die einde van die 20ste eeu is jaarliks mineraal- en fossielbrandstowwe ter waarde van $27 miljard ontgin.
Die afhanklikheid van minerale,ru-olie engas het egter ook beteken dat Louisiana se ekonomie op- en afwaartse fases in die konjunktuursiklus ondergaan het. Ná sterk groei in die 1970's is die oliebedryf – en sodoende die hele ekonomie in die deelstaat – in die 1980's in 'n resessie gedompel toe die olieprys van $37 in 1981 tot $15 in 1986 gedaal het. Die oliebedryf het vervolgens byna die helfte van sy 100 000 werkgeleenthede verloor.
Dalende oliepryse het gepaard gegaan met 'n styging in gaspryse en 'n nekslag aan die chemiese bedryf toegedien wat groot hoeveelhede aardgas verbruik. Wisselkoersskommelings het ook 'n negatiewe impak gehad, veral toe die wisselkoers van die Amerikaanse dollar in 1985 tot rekordvlakke gestyg het.
Die Louisiaanse plantasiestelsel het sy historiese en geografiese oorsprong in 18de eeuse boerderye wat langs die deelstaat se bayous en riviere gevestig is. Planters het die vrugbare grond aanvanklik vir die verbouing van indigo en tabak gebruik, maar dié gewasse is vinnig vervang deur katoen in Noord-Louisiana en suikerriet in die warmer suidelike streke van die deelstaat.
Die groot winste, wat met suiker en katoen behaal kon word, is deur plantasie-eienaars dikwels vir die bou van statige herehuise aangewend waarvan die ontwerpe en boustyle so uiteenlopend was soos die herkoms van die plantergesinne. Die vroegste boustyl was die kreoolseraised cottage waarvan die basiese ontwerp aan Wes-Indiese voorbeelde ontleen is. Sy groot skermagtige geweldakke het sy oorsprong in Kanada, terwyl die breë galerye en sierlike houtkolomme (colonettes) in Louisiana ontwikkel is.
Plantasieslawe het die vroeë meubilerings van herehuise van eike- of sipreshout vervaardig. Later, toe plantasiebesitters meer welvarend geword het, is Europese meubels ingevoer of deur Europese ambagsmanne vervaardig wat hulle in die deelstaat gevestig het. Meubelstyle, boukuns en die voorkeur vir baie deftige ontwerpe getuig steeds van die plantasiegesinne se strewe om die lewe in 'n nuwe omgewing so aangenaam moontlik te maak. Baie herehuise is omring deur uitgestrekte formele tuine, en sommige het toegangspaaie waar eikebome aan weerskante geplant is. Bome langs dié lanings het intussen aansienlik groot geword.[4]
Sowat twee persent van die bekende Amerikaanse ru-oliereserwes word in Louisiana aangetref, met bykomende groot reserwes in die Golf van Meksiko. Die deelstaat is tans die land se vierde grootste olieprodusent. Die olie- en verwante bedrywe het meer as 300 000 werknemers in diens en verskaf 'n sesde van alle werkgeleenthede in Louisiana.
Aardgasreserwes is selfs nog groter en word op sowat vyf persent van bekende reserwes beraam. Groot hoeveelhede sout lê in ondergrondse formasies opgesluit waarvan sommige 'n deursnee van een myl het en tot 50 000 voet diep strek. Die rotssout, wat in Louisiana ontgin word, is byna 100 persent suiwer.Louisiana was daarnaas die eerste deelstaat waarswawel gemyn is en is steeds een van die belangrikste produsente van dié mineraal in die Verenigde State.
Louisiana se olieraffinaderye vervaardig jaarliks sowat 15 miljard gellings petrol – genoeg om 800 miljoen motortenks te vul. Dit maak van die deelstaat die derde grootste olieraffineerder in die VSA. Louisiana se sestien raffinaderye sluit vier van die grootstes in diewestelike halfrond in. Groot oliemaatskappye soosExxon,Shell,Citgo,Mobil,Marathon,Conoco,BP enSTAR bedryf aanlegte in die deelstaat wat naas petrol ook stralerbrandstowwe, smeerolies en sowat 600 ander olieprodukte vervaardig.
Louisiana se petrochemiese bedryf is die tweede grootste van alle Amerikaanse deelstate. Meer as 100 groot chemiese aanlegte vervaardig 'n verskeidenheid van basiese chemikalieë, kunsmis enplastiek. Sintetiese rubber is vir die eerste keer in Louisiana ontwikkel en vervaardig, net soos 'n reeks ander olieverwante produkte.
Louisiana se skeepswerwe vervaardig 'n wye verskeidenheid skepe en olieboorplatforms, waaronder groot kriogeniese tenkskepe vir die vervoer van vloeibare aardgas en van die grootste platforms vir die ontginning van olie en gas ter see, handelskepe, kotterskepe vir die kuswag, vragskuite, sleepbote, voorraadbote, visserbote, plesierbote en rivierpatrolliebote.
Die skeepswerfAvondale Shipyards aan die Mississippirivier naby New Orleans is die grootste industriële werkgewer in Louisiana. Kenmerkend vir hierdie werf is dat skepe soms onderstebo vervaardig en sywaarts geloods word.
Naas hulpbrongebaseerde nywerhede het Louisiana 'n industriële basis van ligte nywerhede. So word in die deelstaat onder meer professionele telefoonstelsels, elektriese uitrusting, farmaseutiese produkte,glas, motorbatterye, speelgoedtoerusting, mobiele huise, klerasie, wapens, spesiale voertuie vir moerasgebiede en honderde ander produkte vervaardig asook ligte vragmotors gemonteer.
Die Verenigde State het Louisiana oorspronklik van Frankryk gekoop om die in- en uitvoer van goedere op die Mississippirivier en in New Orleans se seehawe te beveilig. Die deelstaat se vyf hawens speel steeds 'n belangrike rol vir die VSA se buitelandse handel en hanteer jaarliks 5 000 skepe met 400 miljoen ton se vrag, waaronder veertig persent van die totale Amerikaanse graanuitvoere.
Meer as 'n kwart van die VSA se seevrag word deur Louisiana se hawens gehanteer, en die plaaslike Superport is die enigste hawefasiliteit in die VSA waar skepe met 'n diepgang van 100 voet kan aandoen.
Die toerismesektor voorsien meer as 80 000 werkgeleenthede, terwyl toeriste jaarliks $5,2 miljard in die deelstaat bestee. Die belangrikste trekpleisters is New Orleans se Franse kwartier,Cajun Country, plantasie-herehuise uit die tyd voor die Amerikaanse Burgeroorlog, jazzmusiekfeeste, Louisiana se kookkuns, diepsee- en varswatervissery, jag, die Mardi Gras-karnaval en meer as honderd ander feeste, toere deur moerasgebiede, staptoere en kampeerplekke, kanosport en plesierbootvaarte op die Mississippirivier.
Die geskiedenis van Louisiana se rolprentbedryf strek terug na 1908 toe die filmFaust hier vervaardig is. Danksy subsidies van die deelstaatregering floreer die bedryf wat aan Louisiana die bynaam "Hollywood van die Suide" besorg het.
Tabascorissiespap word ryp in eikevate op Avery-eilandGekookte kreef met soetpatats en mielies
Bosse beslaan meer as 13,9 miljoen akkers. Die belangrikste boomspesies is dennebome, eike, rubberbome en sipresse. Die bosboubedryf vorm die basis vir houtnywerhede soos papiermeule, meubel- en vloerplankfabrieke.
Louisiana se landboubedryf trek voordeel uit die subtropiese klimaat en is op een na die grootste suikerriet- en soetpatatprodusent in die VSA, die derde belangrikste rys- en die vyfde grootstekatoenprodusent. Dit is ook 'n belangrikebeesvleisverskaffer. Ander landbouprodukte uit Louisiana sluit sojabone,mielies,pluimvee eneiers, ensuiwelprodukte in.
Die deelstaat is die enigste produsent van tabascorissies enTabascosous, 'n gewilde kruiesous wat daarvan gemaak word, asook van perique-tabak wat as geurmiddel vir andertabaksoorte gebruik word. Tabascosous is vir die eerste keer in 1868 vervaardig deur Edmund McIlhenny, 'n vroeëre bankier uitMaryland wat hom omstreeks 1840 in Louisiana gevestig het. Oorspronklik is alle rissies, wat tot tabascosous verwerk is, op Avery-eiland verbou. Later is saad van die eiland ook vir rissieproduksie na die buiteland uitgevoer, veral na Sentraal- en Suid-Amerika.
Tabasco-pepers word tradisioneel handgepluk en kort na die oes gemaal, met sout vermeng en in eikevate gevul waarin die pap tot drie jaar lank verouder. Tabascosous is die gewildste kruiesous in die VSA, en die McIlhenny-fabriek op Avery-eiland, die eienaar van die Tabascosoushandelsmerk, vervaardig daagliks meer as 700 000 twee-ons-bottels (57 ml).
Daarnaas is daar meer as 'n dosyn rysmeule, sewe suikerraffinaderye en 'n twintigtal ander suikerverwante nywerhede in die deelstaat gevestig, soos inmaakfabrieke, katoenverwerkers en vleisverpakkers.
Louisiana sevisserybedryf lewer sowat 'n kwart van alleseekos op wat in Amerikaanse waters gevang word. Dit is die grootste produsent vangarnale enoesters in die VSA. Die staat se varswatervisbedryf is een van die mees gediversifeerdes in die land en produseer naasvis jaarliks ook miljoene tonkreef – meer as 90 persent van die totale wêreldproduksie.
Die Duitse kus (Frans:Côte des Allemands) was 'n streek net noord van New Orleans aan die oostelike kant van die Mississippi waar Duitssprekende setlaars uit die Rynland,Switserland, Elsas-Lotaringe en die latereBelgië hulle in die vroeë 18de eeu in vier nedersettings – Karlstein, Hoffen, Mariental enAugsburg – gevestig het. Die meeste van hulle is in 1721 deur John Law seCompany of the Indies (die vroeëre Mississippi-kompanjie) na Louisiana gebring en het, toe die kompanjie tien jaar later bankrot gespeel het, onafhanklike grondeienaars geword.
Ondanks periodieke oorstromings, orkane en alle ander moeilikhede wat die grenslewe meegebring het, het hulle suksesvolle boerderye begin en nie net hulself nie, maar ook die bewoners van New Orleans van voedsel voorsien. Die meeste Duitse setlaars is deur die plaaslike Franssprekende bevolking geassimileer en het met inheemses getrou. Saam met ander etniese groepe het hulle die Cajun-leefstyl en -kultuur geskep. So het Duitse immigrante die diatoniese akkordeon na Louisiana gebring wat omstreeks 1900 die hoofinstrument van Cajun-musiek was.
Akadiërs
Klein groepe Akadiërs – rofweg sowat 1 000 setlaars – het hulle volgens historiese rekords voor 1784 in Louisiana kom vestig; vanuit ander landsdele (onder meer uitBaltimore in 1769) en vanuit dieKaribiese eilandeIn 1785 het sowat 2 000 Akadiërs hulle in Louisiana gevestig – 'n gebeurtenis waarna as diegrand migration verwys word. Hierdie groep immigrante het ná 'n lang odussee, waartydens hulle vanuit Nieu-Engeland na Engeland en later naSaint-Malo inBretagne geëmigreer het waar hulle deur die Franse regering ondersteun is. In 1784 is 'n ooreenkoms met die Spaanse owerheid aangegaan om hulle in Louisiana te hervestig. Die meeste van hierdie setlaars het hulle langs die Bayou Teche of in die Attakapas-streek gevestig.
So word die getal Akadiese immigrante in die laat 18de eeu op sowat 3 500 beraam. Tussen 200 000 en 300 000 deelstaatbewoners is nasate van hierdie setlaars.[5]
Die moerasgebied van Honey Island Swamp'n Tweetalige welkombord met diefleur-de-lis getuig van Louisiana se Franse erfenis
Volgens die sensus van 2010 is Louisiana se bevolking bepaal as 4 533 372, van wie sowat 215 000 Frans as huistaal gebesig het. 62,6 persent van die bevolking was blankes, 32,0 persent swartmense, 4,2 persent was van Spaanse afkoms, 1,5 van Asiatiese en 1,6 persent van gemengde afkoms. 0,6 persent het tot die Eerste Nasies (Indiane) behoort. In Januarie 2014 is die deelstaatbevolking op 4 649 676 beraam.[6]
32,5 persent van die bevolking hetAfro-Amerikaanse voorvaders, 16,2 persent Frans-Kanadese, 10,1 persent Amerikaanse, 7,1 persent Duitse en 7 persent Ierse.
Swart Amerikaners, wat vir 'n lang tyd die meerderheid van die bevolking vorm, is die belangrikste demografiese groep in die suidoostelike, sentrale en noordelike gedeelte van die staat, veral in die parogieë langs die vallei van die Mississippirivier. Daar is twee belangrike etniese groepe – Kreole van gemengde Franse, Spaanse, Karibiese, Indiese en/of Afrika-afkoms en FranssprekendeCajuns met Franko-Kanadese voorvaders wat oorspronklik van Akadië (Nieu-Skotland ofNova Scotia) afkomstig was en hulle ná hulle verdrywing deur die Britse koloniale bewindhebbers in die moerasgebiede van Louisiana gevestig het. Die kreoolse en Cajun-bevolking is veral in die suide van Louisiana saamgetrek, onder meer in gebiede rondom die stad Lafayette, terwyl blankes van Protestantse Anglo-Amerikaanse afkoms hulle veral in die bergagtige noorde gevestig het.
Volgens die sensus van 2010 het 91,2 persent van die inwoners, wat vyf jaar of ouer is, Engels as huistaal gebesig, 5,4 persent Spaans en 4,5 persent Frans (insluitendeLouisiaanse kreools).
Louisiana het geen amptelike taal nie. Voor die Amerikaanse Burgeroorlog is amptelike dokumente gewoonlik sowel in Engels asook in Frans uitgereik, en die tweetalige status van Louisiana is in die grondwet van 1845 asook 'n wet van 1847 veranker.
Naas die frankofone inwoners vorm die Isleños, nasate van immigrante wat tydens die 18de eeu vanuit dieKanariese Eilande na Louisiana gekom het, 'n tweede belangrike minderheid.
Tipiese geregte uit die kreoolse kookkuns van Louisiana
Die metropolitaanse gebied van New Orleans was die bakermat van Louisiana se kreoolse kookkuns, wat Franse, Spaanse, Frans-Karibiese, Amerikaanse en Afrika-invloede meesterlik versmelt het. Dit verskil duidelik van die Cajun-kookkuns, wat sy wortels in die landelike, provinsiale kookkuns van Frankryk het, wat deur die Akadiërs by plaaslike bestanddele aangepas is. Daarenteen het Louisiana se kreoolse kookkuns op die basis van klassieke Europese kookstyle ontwikkel het, wat by plaaslike landbouprodukte aangepas is.
Met die opkoms van die Moderne Amerikaanse Kookkuns in die 1980's het ook 'n Nuwe kreoolse Kookstyl begin ontwikkel. Hierdie kulinêre beweging konsentreer weer op vars bestanddele en ligte etes, en word beïnvloed deur kulinêre tradisies uit die Suidelike, Suidwestelike, Cajun- en in 'n beperkte mate ook Suidoos-Asiatiese kookkuns.