Hierdie artikel is 'nweesbladsy. Dit is niegeskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks tesoek en 'n skakel hierheen te plaas. |
DieLondon Transport Museum, of kortLT Museum in dieLondense distrik Covent Garden is daarop gemik om dieBritse hoofstad se vervoererfenis te bewaar en insae te lewer in die historiese ontwikkeling van vervoermiddels. Die museum se uitstalstukke het hul oorsprong merendeels in die versamelings vanLondon Transport, die plaaslike openbare vervoermaatskappy, maar sedert die stigting vanTransport for London (TfL) - 'n sambreelliggaam en plaaslike regeringsinstelling wat die openbare vervoerstelsel van Groter Londen bestuur en koördineer - in 2000 is die museum se fokus uitgebrei om alle aspekte van vervoer in die stad te dek.
Die museum beskik oor twee persele in Londen. Die hoofgebou in Covent Garden gebruik die naam van sy moederinstelling, soms met die agtervoegsel "Covent Garden", en is daagliks oop. 'n Tweede perseel in Acton staan as dieLondon Transport Museum Depot bekend en dien hoofsaaklik as stoorhuis wat op gewone besoekersdae dwarsdeur die jaar besigtig mag word.
51°30′43″N0°7′18″W / 51.51194°N 0.12167°W /51.51194; -0.12167