Loki is 'n god in dieNoorse mitologie, een van dieAse of oorlogsgode. Volgens sommige bronne is hy die seun van Fárbauti ('n trol) en Laufey ('n godin), en die broer van Helblindi en Býleistr. Hy is getroud met Sigyn en hulle het twee seuns, Narfi en Nari (of Váli). By die trol Angrboða is Loki die pa van Hel, die wolf Fenrir en die wêreldslang Jörmungandr. Toe Loki die vorm van 'n merrie aangeneem het, is hy deur die hings Svaðilfari bevrug, en hy het die lewe geskenk aan die agtbenige perd Sleipnir.
Loki se verhouding met die ander gode wissel van bron tot bron; soms help hy hulle en soms tree hy kwaadwillig teenoor hulle op. Loki kan van gedaante verander en verskyn soms as 'nsalm, 'nmerrie, 'nvlieg en dalk as 'n ou vrou met die naam Þökk. Loki se positiewe verhoudings met die gode eindig toe hy die godBaldr se dood bewerkstellig.
Eindelik bindOdin se seun Váli hom met die binnegoed van een van sy seuns vas. In beide dieProsaïese Edda enPoëtiese Edda plaas die godin Skaði 'nslang bo hom. Gif drup uit die slang se bek wat Loki se vrou, Sigyn, in 'n bak opvang. Wanneer die gif egter op Loki drup, laat dit hom van pyn ruk, en dit veroorsaakaardbewings.
WanneerRagnarök aanbreek, sal Loki vry kom en saam met die trolle teen die gode veg. Hy sal teen die god Heimdallr te staan kom, en hulle sal mekaar doodmaak.
Loki word genoem in diePoëtiese Edda, wat in die 13de eeu saamgestel is uit vroeëre tradisies; dieProsaïese Edda enHeimskringla wat in die 13de eeu geskryf is; dierune- en skaldegedigte; en dieSkandinawiesefolklore. Hy word soms as 'n bedrieërgod beskryf.
Arvidsson, Stefan (2006).Aryan Idols: Indo-European Mythology as Ideology and Science. University of Chicago Press.
Bellows, Henry Adams (1936).The Poetic Edda: Translated from the Icelandic with an Introduction and Notes. Princeton University Press/American Scandinavian Foundation.
Madsen, Hans Jørgen (1990). "The god Loki from Snaptun".Oldtidens Ansigt: Faces of the Past. Det kongelige Nordiske Oldskriftselskab.ISBN87-7468-274-1.
Hirschfeld, Max (1889).Untersuchungen zur Lokasenna. Acta Germanica 1.1 (in Duits). Berlin: Mayer & Müller. p. 1.Lokka.
von Schnurbein, Stefanie (2000). "The function of Loki in Snorri Sturluson's 'Edda'".History of Religions. University of Chicago Press.40 (2): 109–124.doi:10.1086/463618.
Simek, Rudolf (2007).Dictionary of Northern Mythology. vertaal deur Angela Hall. D.S. Brewer.ISBN978-0-85991-513-7.