Die Aarde se litosfeer, wat uit die harde en rigiede buitenste laag van die Aarde bestaan, sluit die kors en die heel boonste deel van die mantel in. Daaronder lê dieastenosfeer, die swakker, warmer en dieper deel van die bomantel. Die grens tussen die litosfeer en astenosfeer word bepaal deur die verskil in reaksie op stres: die litosfeer bly rigied vir baie langgeologiese tydperke waarin dit elasties en op 'n bros manier vervorm, terwyl die astenosfeer vloeitraag vervorm en stres hanteer deur plastiese vervorming.
Die grens word meestal gedefinieer deur die temperatuur, waarby die oorgang tussen die twee lae as 'nisoterm beskou kan word. Die dikte van die litosfeer word dus gereken word as die diepte tot die isoterm wat verbind word met die oorgang tussen bros en vloeitrae gedrag.[2]
Die litosfeer word horisontaal verdeel intektoniese plate.