Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Litium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
3heliumlitiumberillium
H

Li

Na
Algemeen
Naam,simbool,getallitium, Li, 3
Chemiese reeksalkalimetale
Groep,periode,blok1,2,s
Atoommassa6,94 g/mol
Elektronkonfigurasie2s1
Elektrone perskil2, 1
Elektronegatiwiteit0,98 (Skaal van Pauling)
CAS-registernommer7439-93-2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Smeltpunt453,65K
(180,50 °C)
Kookpunt1 603K
(1 330 °C)
Digtheid(0 °C, 101.325 kPa)
o,534 g/L
Voorkomssilwerwit/grys
Atoomeienskappe
Oksidasietoestande+1 (sterk basis)
Ionisasie-energieë1ste: 520,2kJ/mol
2de: 7 298,1 kJ/mol
3de: 11 815,0 kJ/mol
Atoomradius125pm
Kovalente radius128pm
Van der Waals-radius182pm
Kristalstruktuurkubus (ruimtelik
gesentreerd
Strukturbericht-kodeA2
Verdampingswarmte145,92kJ/mol
Smeltingswarmte3kJ/mol
Spoed van klank6 000m/s
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 84,7W/(m·K)
Geskiedenis
Ontdek1817
Ontdek deurJohan August Arfwedson
Genoem naLithos,Grieks
vir "klip"
Vernaamste isotope
Isotope van litium
isoNVhalfleeftydVMVE(MeV)VP
6Li5%Li isstabiel met 3neutrone
7Li95%Li isstabiel met 4neutrone
PortaalChemie

Litium is diechemiese element met die simboolLi enatoomgetal van3. In dieperiodieke tabel kom dit voor in groep 1, tussen diealkalimetale.

Hoe werk 'n litium battery

Litium in sy suiwer vorm is 'n silwerwitmetaal, wat vinnig sy glans verloor en oksideer inlug enwater. Dit is die ligstevastestof element bySTD en word primêr gebruik vir hitte-oordragallooie, in batterye en dien as 'n bestanddeel in sommige dwelms wat bekend staan as gemoedstabiliseerders.

Vervaardiging

[wysig |wysig bron]

Litiumchloried word gebruik vir die produksie van litiummetaal. 'n Mengsel van litium- enkaliumchloried wat smelt teen 450C word aanelektrolise onderwerp. Dit lewer die gesmelte metaal wat 99,5% suiwer is. ’n Gaas- of vlekvrystaalskerm skei die twee kompartemente om te verhoed dat die produkte tydens die elektrolise meng. Die gesmelte litium word in 'n koolstofstaalpot vervat, terwyl die chloorgas in 'n vlekvrye staal- of glaspyp opgevang word vir toepassings in ander prosesse. Die gesmelte litium vloei in 'n opvangtenk en word later in blokke gegiet. .[1]

Kenmerkende eienskappe

[wysig |wysig bron]

Litium is die ligste metaal met 'n digtheid van slegs die helfte vanwater. Soos alle alkalimetale, reageer litium maklik met water en kom dus nie vrylik in die natuur voor nie as gevolg van sy hoë reaktiwiteit. Litium is nieteenstaande minder reaktief as die chemies soortgelyk elementnatrium. Wanneer die metaal oor 'n vlam gehou word gee dit aanvanklik 'n opvallende karmosynrooi kleur vlam en namate dit helderder brand kry die vlam 'n helderwit kleur. Dit is ook 'n univalente element.

Aanwendings

[wysig |wysig bron]

As gevolg van sy hoëspesifieke warmtekapasiteit (die hoogste van enigevaste stof, word litium dikwels aangewend in hitte-oordragtoepassings. Dit is ook 'n belangrike anodemateriaal vir batterye as gevolg van sy hoë elektrochemiese potensiaal. Ander gebruike sluit in:

  • Litiumsoute sooslitiumkarbonaat (Li2CO3), litiumsitraat en litiumorotaat is gemoedstabiliseerders wat gebruik word in die behandeling van bipolêre stoornisse. Litium kan ook antidepressante werking hê.
  • Litiumchloried en litiumbromied is buitengewoonhigroskopies en word dikwels as droogmiddel gebruik.
  • Litiumstearaat is 'n algemene veeldoelige hoëtemperatuur-smeermiddel.[2]
  • Litium is 'nallooimiddel wat gebruik word in die sintese van organiese stowwe en vind ook toepassings in diekernenergie bedryf.
  • Litium word soms gebruik inglase en keramiek. Litium is byvoorbeeld gebruik in die glas vir die 200-duim-teleskoop by Mt. Palomar.
  • Litiumhidroksied word ingespan omkoolstofdioksied van lug te skei in ruimtevaartuie enduikbote.
  • Allooie van die metaal metaluminium,kadmium,koper enmangaan word gebruik om hoëwerkverrigting-vliegtuigonderdele te vervaardig.
  • Litiumniobaat word baie gebruik in die telekommunikasiebedryf vir mobiele telefone en optiese moduleerders.
  • Litiumkobaltiet word inbatterye gebruik
  • Litiumaluminiumhidried enlitiumboorhidried word as reduserende reagense gebruik en die boorhidried is dalk 'n kandidaat vir waterstofberging.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Litium (Griekslithos, wat klip beteken) is in1817ontdek deur Johann Arfvedson. Arfvedson het die nuwe element in die minerale spodumeen en lepidoliet in 'n petaliet erts ontdek LiAl(Si2O5)2, wat hy geanaliseer het vanaf die eiland Utö inSwede. In1818 was Christian Gmelin die eerste om op te merk dat litiumsoute 'n vlam helder rooi kleur. Beide mans het probeer om die element vanuit sy soute te isoleer maar het egter misluk.

Die element is eers later geïsoleer nadat W.T. Brande en SirHumphry Davy dit deur middel vanelektrolise vanlitiumoksied reggekry het. Kommersiële produksie van litiummetaal is in1923 deur die Duitse maatskappy Metallgesellschaft AG moontlik gemaak deur gebruik te maak van die elektroliese van 'n mengsel van gesmelte litiumchloried en kaliumchloried.

Die naam "litium" kry skynbaar sy oorsprong uit die feit dat dit in 'nmineraal ontdek is terwyl ander algemene alkalimetale in plantreste ontdek is.

Verspreiding

[wysig |wysig bron]
Litiumkorrels

Litium kom wyd verspreid voor, maar kom nie in sy suiwer vorm in die natuur voor nie. Vanweë sy hoë reaktiwiteit, word dit altyd gevind in verbinding met een of meer elemente of stowwe. Dit maak 'n klein deel uit van byna alle stollingsgesteentes en kan ook in baie natuurlike mineraalbronne gevind word.

Mynbou

[wysig |wysig bron]
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is:Litiumkarbonaat.

Ná dieTweede Wêreldoorlog het die produksie van litium baie toegeneem. Die metaal kan geskei word vanuit ander elemente in stollingsgesteentes en word ook onttrek uit die water van mineraalbronne. Lepidoliet, spodumeen, petaliet en ambligoniet is die belangrikerminerale wat litium bevat.

In dieVerenigde State word litium herwin vanuit die mineraalbronne in die droë Searlesmeer, inKalifornië, asook by plekke inNevada en elders. Die metaal, wat 'n silwerige voorkoms het soosnatrium,kalium en ander lede van die alkalimetaalreeks, word elektrolities geproduseer vanuit 'n mengsel van gesmelte litium- en kaliumchloried. Die metaal het ongeveerVSA$ 300 perpond gekos in 1997.

Belangstelling vir litium

[wysig |wysig bron]
Die aantal publikasies oor batterytegnologie. Die skaal islogaritmies

Die belangstelling vir hierdie element het na 2000 baie toegeneem vanweë die ontwikkeling van herlaaibare batterye (veral gebaseer oplitiumkobaltiet) vir selfone en elektriese motors. Die vraag na litium het baie toegeneem en dit geld ook vir die aantal wetenskaplike en tegniese publikasies oor litiumbatterye.

Die prys van litium het ekonomies belangrik geword.In 2017-2021 het die prys stadig van $20.- (VSA) tot onder $10.- afgeneem maar ná die invasie van Oekraïne in 2022 het dit baie toegeneem tot bo $70.- per kilogramlitiumkarbonaat. Dit is in 2023 weer laer: $40.-[3]

Vanweë die ontwikkeling vanlitiumbatterye word die metaal soms die "wit goud" genoem en word die vraag gestel of daar genoeg litium op aarde is om alle motors op litiumbatterye te laat ry. Daar is glo 88 miljoen ton litium op aarde volgens die Amerikaanse USGS en dit sou genoeg moet wees. Maar litiummynbou is nie altyd moontlik of bekostigbaar nie. Dit vereis baie water en kan taamlik vervuilend wees.[4]Herwinning van litium, veral uit motorbatterye, is 'n moontlikheid. Dit word in China in 2022 reeds grootskaals gedoen.[5]

Isotope

[wysig |wysig bron]

Litium wat natuurlik voorkom bestaan uit die twee stabieleisotopeLi-6 enLi-7, waar Li-7 die oorgrote proporsie uitmaak (92.5%). Sesradio-isotope is geïdentifiseer met Li-8 die mees stabiele isotoop met 'nhalfleeftyd van 838 ms en Li-9 met 'n minder as 8.5 ms halfleeftyd.

Die isotope van litium wissel in atoommassa van 4.027emu (Li-4) tot 11.0438 emu (Li-11). Die primêre vervalmodus voordat die mees stabiele isotoop (Li-7) bereik word, is proton-emissie (met een geval van alfaverval) en die primêre modus daarna is beta-emissie (met 'n klein bietjie neutron-emissie). Die primêre vervalprodukte voor Li-7 is element 2 (helium) isotope en die primêre produkte daarna is element 4-(berillium)-isotope.

Litium-7 is een van die oerelemente (geproduseer deur die groot knal nukleosintese). Litiumisotope skei van mekaar tydens 'n wye verskeidenheid natuurlike prosesse, insluitend mineraalvorming (chemiese presipitasie), metabolisme, ioonuitruiling (Li ruil metmagnesium enyster in oktahedrale liggings in kleiminerale, waar Li-6 voorkeur geniet bo Li-7), hiperfiltrasie en rotsverandering.

Voorkomende maatreëls

[wysig |wysig bron]

Litium in suiwer vorm is, soos ander alkalimetale, hoogs vlambaar en effe plofbaar wanneer aan lug blootgestel word, en in besonder aan water. Litium-metaal is ook baie korrosief en vereis spesiale hantering om kontak met die vel te vermy. Litium moet gestoor word in 'n niereaktiewe stof soos nafta of 'nkoolwaterstof. Litium speel geen belangrike rol in biologiese prosesse nie en word as effegiftig beskou. Wanneer dit as 'n medisyne aangewend word, moet die konsentrasie in die bloed versigtig gemoniteer word.

Kyk ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Lithium Chloride: What is it Used For". Bisley international. 2022.
  2. "Description; Lithium stearate, Thermo Scientific Chemicals". ThermoFisher.
  3. . Daily metal pricehttps://www.dailymetalprice.com/metalpricecharts.php?c=li&u=kg&d=240. Besoek op13 Augustus 2023.{{cite web}}:Ontbrekende of leë|title= (hulp)
  4. Darren Orf (6 Januarie 2023)."Does the World Have Enough Lithium for Batteries?". Popular mechanics.
  5. Pagliaro, M. and Meneguzzo, F. (2022).Recycling of Lithium Batteries. In Sustainable Separation Engineering.doi:10.1002/9781119740117.ch16.{{cite book}}:Onbekende parameter|editors= geïgnoreer (hulp)

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband metLithium.
Sienlitium in Wiktionary, die vrye woordeboek.


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Litium&oldid=2845535"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp