Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Lissabon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lissabon
Lisboa

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Portugal Portugal
 Gewes (Região)Lissabon
 Koördinate38°43′N09°08′W / 38.717°N 9.133°W /38.717; -9.133
 Stigting~1200 v.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal100,05vk km
 Hoogte bo seevlak0–227 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2011)545 245
 - Bevolkingsdigtheid6 458/vk km
 - Metropolitaanse gebied2 821 876
 TydsoneUTC ±0 (WET)
 SomertydUTC +1 (WEST)
 BurgemeesterFernando Medina (PS)
 Amptelike Webwerfcm-lisboa.pt

Lissabon (Portugees:Lisboa [liʒˈboɐ]) is diehoofstad vanPortugal en die gelyknamige distrik en administratiewe gewes. Die stad is aan die monding van die rivierTaag in dieAtlantiese Oseaan in die uiterste suidweste vanEuropa en aan die weskus van dieIberiese Skiereiland geleë.

Die misomhulde Vasco da Gama-brug oor dieTaag.
Uitsig oor die stadsdeel Belém, met die Italiaanse argitekVittorio Gregotti seCentro Cultural de Belém aan die linker- en die jaghawe an die regterkant

As die grootste stad van Portugal met sy belangrikste seehawe, die setel van die Portugese regering en talle nasionale owerhede, ses universiteite en die Portugese Akademie vir Wetenskap is Lissabon die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van die land.

Lissabon is ook die setel van 'n aantal instellings van dieEuropese Unie, waaronder die Europese Kontrolekantoor vir Dwelmmiddels en Dwelmverslaafdheid en die Europese Agentskap vir Veiligheid op See. Die stad huisves daarnaas ook die hoofkantoor van die Gemeenskap van Portugeessprekende Lande (CPLP).

Lissabon het in 205 v.C. onderRomeinse heerskappy gekom.Gaius Iulius Caesar het die status van Romeinsemunicipium en die Latynse naamFelicitas Iulia aan die destydse nedersetting Olisipo toegeken.

Die stad het vanaf die 5de eeu n.C. onder die gesag van verskillendeGermaanse stamme gestaan en is in die 8ste eeu deur More verower. Sedert die Christelike herowering in 1147 deur kruisvaarders onder die bevel van Afonso Henriques het Lissabon tot die politieke, ekonomiese en kulturele sentrum van Portugal ontwikkel. In teenstelling met die meeste ander hoofstede het Lissabon sy status as hoofstad en regeringsetel nie aan enige statuut of ander geskrewe ooreenkoms te danke nie, maar fungeer danksy 'n grondwetlike konvensie as diede facto-hoofstad van Portugal.

Museums in Lissabon

[wysig |wysig bron]

Die Museum Calouste Gulbenkian het skilderye van Domenico Ghirlandaio,Peter Paul Rubens,Rembrandt van Rijn, Frans Hals, Renoir, Van Dyck, Corot, Degas,Édouard Manet,Claude Monet, enJ.M.W. Turner.

DieMuseu Nacional de Arte Antiga, die belangrikste kunstmuseum van Portugal het skilderye vanJeroen Bosch enAlbrecht Dürer.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanomstrede gebiede
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede van
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Lissabon&oldid=2491391"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp