Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Liriek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Letterkunde
Vernaamste vorms

Roman ·Gedig ·Drama

Kortverhaal ·Novelle
Genres

Drama ·Epiek ·Hygliteratuur

Komedie ·Liriek ·Mito-poësis

Nonsens ·Ridderroman ·Satire

Tragedie ·Tragikomedie
Media

Opvoering (toneelstuk)

Boek
Tegnieke
Prosa ·Poësie
Geskiedenis en Lyste

Hooftrekke van letterkunde

Woordelys van terme

Geskiedenis (hedendaags)

Boeke ·Skrywers

Letterkunde / Poësie toekennings
Bespreking

Kritiek ·Teorie

Sosiologie ·Tydskrifte
s  b  w

Liriek (Grieks λύρα (lura), wat "lier" beteken) is volgens dieletterkunde die versamelnaam vir tekste, meestalpoësie, waarin daar spontaan uiting gegee word aan 'n subjektiewe persoonlike gevoelservaring deur dikwels gebruik te maak van 'nmusikale ofritmiese ondertoon. Dit word onderskei vandrama enepiek in dat daar in suiwer liriek slegs 'n ongeïdentifiseerde spreker of verteller aan die woord is en geen karakters of gebeure nie. Tipiese vorme hiervan is diesonnet,ode,ditirambe,himne,elegie enepigram.[1]

Aristoteles, in syPoëtika 1447a, vermeld liriese digkuns (kitharistike, uitgevoer saam met die cithara, 'n tipe "lier") saam metdrama,epiek,dans,skilderkuns en ander vorme vanmimesis. Die liriese gedig wat terugdateer na die Romantiese era, besit sommige tematiese voorgangers in die Oud-Griekse en Romaanse vers, maar die antieke definisie is gegrond op metriese kriteria, en is in argaïese en klassieke Griekse kultuur voorveronderstel as lewendige optredes vergesel van snaarinstrument.

Een van die eerste liriesedigters wasSappho en van die belangrikste genres onder die liriek is diesonnet. 'n Groot deel van die negentiende en twintigste-eeuse poësie behoort ook tot die liriek.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), Buro van die WAT, 2009 
  2. The New Encyclopaedia Britannica, o.l.v. Jacob E. Safra e.a., 15de uitgave, Chicago 2002.
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Normdata: NasionaalEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Liriek&oldid=2815932"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp