Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Lincolnsee

Koördinate:83°0′N58°0′W / 83.000°N 58.000°W /83.000; -58.000
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lincolnsee

Kaart van die Lincolnsee
Koördinate:83°0′N58°0′W / 83.000°N 58.000°W /83.000; -58.000
Ligging:Kanada enGroenland
Soort:See van dieArktiese Oseaan
Oppervlakte:64 000 km² (25 000myl²)
Gemiddelde diepte:257 m (843 vt)
Volume:16 000km³
Eiland/e:Ellesmere-eiland, Groenland
Nedersettings:Alert
Gevries:Feitlik die hele jaar

DieLincolnsee (Deens:Lincolnhavet,Engels:Lincoln Sea) is 'nsee van dieArktiese Oseaan inNoord-Amerika. Die Lincolnsee is tydens die Arktiese ekspedisie tussen 1881 en 1884 deur Adolphus Greely ná die destydseAmerikaanse sekretaris van oorlogRobert Todd Lincoln, seun van die 16de presidentAbraham Lincoln, genoem. Die see het 'n oppervlakte van sowat 64 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 257 m.

Ligging van die Lincolnsee

Die Lincolnsee is tussen Kaap Colombia op dieKanadeseEllesmere-eiland in die weste en Kaap Morris Jesup opGroenland in die ooste geleë. 'n Denkbeeldige lyn tussen albei kape vorm die noordelike grens. Net oos van die Kaap Morris Jesup sluit dieWandelsee aan. Die Lincolnsee word deur die Nares-straat met dieBaffinbaai in die suide verbind. Die see is feitlik die hele jaar gevries. 'n Klein deel van die Lincolnsee langs die gemeenskaplike grens is tussen Groenland en Kanada omstrede.

Aan 'n baai van die Lincolnsee op die Kanadese Ellesmere-eiland is Alert, die noordelikste nedersetting ter wêreld en enigste nedersetting langs dié see, geleë.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Arktiese Oseaan
Atlantiese Oseaan
Indiese Oseaan
Stille Oseaan
Suidelike Oseaan
Endoreïse bekken
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Lincolnsee&oldid=1894220"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp