Linaceae, die vlasfamilie, isfamilie wat tot dieordeMalpighiales hoort. Die ongeveer 450spesie van hierdie familie is almal kruid- of struikagtig, en die meeste van hulle is van die trope afkomstig. DiegenusLinum is uit ʼn ekonomiese oogpunt gesien die belangrikste. Veselvlas (Linum usitatissimum) is reeds 5 000 jaar gelede inMesopotamië verbou.
Van die lande rondom dieMiddellandse See het die gewas na ander dele vanEuropa versprei. Deur die stingels in water te lê, kom die basvesels vry, waaruit daar dan na bewerking linne gespin word. Uit die sade van die vlasplant word lynsaadolie, wat onder meer vir die vervaardiging van olieverf gebruik word, gepars. Die residu (oorblyfsels) word saamgepers en in die vorm van lynkoeke as veevoer gebruik. Sommige vlassoorte, soosLinum grandiflorum, word as sierplante gekweek.
Die familie bestaan uit nege genera:[1]
- AnisadeniaWall. exMeisn.
- HebepetalumBenth.
- HugoniaL.
- IndoroucheraHallier f.
- LinumL.
- RadiolaHill
- ReinwardtiaDumort.
- RoucheriaPlanch.
- TirpitziaHallier f.