Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Limoges

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Limoges

KaartWapen
Kenteken
 LandFrankryk
 Région (Admin. gewes)Limousin
 DépartementHaute-Vienne
 Koördinate45°51′N1°15′O / 45.850°N 1.250°O /45.850; 1.250
 Stigting10 n.C.
 Oppervlakte: 
 - Totaal77,45vk km
 Hoogte bo seevlak209-431 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2008)140 138
 - Bevolkingsdigtheid1 809/vk km
 - Agglomerasie193 342
 -Aire urbaine263 645
 TydsoneUTC +1
 -SomertydUTC +2
 BurgemeesterAlain Rodet
 Amptelike webwerfLimoges

Limoges (OksitaansLemòtges ofLimòtges) is 'n stad in die suid-weste vanFrankryk wat asprefektuur (hoofstad) van die administratiewe gewes (région)Limousin en die département Haute-Vienne fungeer.

Met 'n bevolking van 140 138 was Limoges op 1 Januarie 2008 die 25ste grootste stad in Frankryk en die grootste stedelike nedersetting in die suid-weste van die land naToulouse enBordeaux. Dit is die setel van 'n biskop en 'n universiteit.

Die stad, wat 2 000 jaar gelede as 'n Romeinse nedersetting gestig is, het in die hoë middeleeue tot die ekonomiese sentrum en beduidendste handelsmetropool van Sentraal-Frankryk ontwikkel en het later, in die 18de eeu, vir sy filiaal van die Koninklike Franse Porseleinmanufaktuur bekend gestaan.

In politieke opsig het Limoges 'n woelige verlede - hier is in 1895 dievakbondConfédération générale du travail (CGT) in die lewe geroep en het benadeeldes en werkers verskeie kere - soos tydens die staking van 1905 - in opstand teen die owerheid gekom. Limoges se bynaam,la ville rouge ("die rooi stad"), verwys dan ook na die tradisioneel linkse gesindheid van sy bewoners.

Vandag het Limoges van sy oorspronklike glans verloor, maar speel steeds - ook op internasionale vlak - 'n belangrike rol as sentrum van die emalje- enporseleinnywerheid waaraan dit ook sy tweede bynaam -capitale des arts du feu ("hoofstad van die vuurkunste") - te danke het. Bekende instellings soosTiffany enMaxime het hier tradisioneel hul porselein laat vervaardig.

Sedert 24 Januarie 2008 dra Limoges die amptelike erenaamville d'art et d'histoire ("Stad van kuns en geskiedenis"). Reeds sedert enkele dekades is historiese geboue soos vakwerkhuise gerestoureer en talle tuine en parke aangelê. Die plaaslike stasie is een van die mooiste voorbeelde vanJugendstil-boukuns in Europa.

Vlag van Frankryk Prefekture vandépartements inFrankryk
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Limoges&oldid=1665357"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp