Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Lima

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lima

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Peru Peru
 ProvinsieLima
 Koördinate12°02′S77°17′W / 12.033°S 77.283°W /-12.033; -77.283
 Gestig op18 Januarie1535
 Oppervlakte: 
 - Totaal2 664,67vk km
 Hoogte bo seevlak154 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2007)7 605 742
 - Bevolkingsdigtheid2 854,29/vk km
 - Metropolitaanse gebied8 472 935
 TydsoneUTC -05:00
 BurgemeesterJorge Muñoz Wells
 Amptelike Webwerfmunlima.gob.pe

Lima is diehoofstad en grootste stad vanPeru. Die stad het 'n bevolking van 7 605 742 in 2007 gehad en het 'n oppervlakte van 2 664,67 km². Die stad is op18 Januarie1535 deurSpanjaarde onder dieconquistadorFrancisco Pizarro asCiudad de los Reyes gestig. Die historiese middestad van Lima is in1988 deurUNESCO aswêrelderfenisgebied gelys.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Lima is op 18 Januarie 1535 gestig deur Francisco Pizarro, onder die naam La Ciudad de Los Reyes (die 'Stad van die Konings'). Die naam Lima kom van dieQuechua-woordRimac ('Speker'), wat ook die naam is van die rivier wat deur Lima loop. Die stad het eers in die 16de eeu hierdie naam gekry.

Die stad het gou een van die belangrikste basisse van die Spaanse bewind in Peru geword. Die katedraal uit die 16de eeu op die sentrale plein (die Plaza de Armas, ook bekend as Plaza Mayor) is 'n herinnering hieraan. Tydens die Spaanse koloniale bewind was Lima 'n belangrike kulturele stad inSuid-Amerika. 'n Groot deel van die koloniale administrasie was ook in Lima gesetel. Die nabygeleë hawe van Callao was 'n belangrike transito-punt vir goedere wat na en vanSpanje vervoer is. Dit was die belangrikste hawe tot vir die binneland vanArgentinië.

Lima het sedert die 18de eeu 'n afname beleef. In 1746 is 'n groot deel van die stad vernietig deur 'naardbewing waarin duisende mense hul lewens verloor het. Die onafhanklikheidsoorloë en daarna die besetting deurChili van 1881 tot 1883 het 'n uittog uit die stad veroorsaak.

Aan die begin van die 20ste eeu het die stad 140 000 inwoners gehad. Die infrastruktuur is matig verbeter en, soos in baieLatyns-Amerikaanse lande, het die stad 'n groot aantrekkingskrag op mense uit die platteland gehad. Hierdie nuwe inwoners het na die stad verhuis om hul lewens te verbeter. Die verstedeliking in Peru is versterk deur die onveilige situasie op die platteland, veral weens die gewelddadige optrede deur die Maoistieseguerilla-beweging Sendero Luminoso. Ondanks sy klein omvang, is die provinsie Lima aan die begin van die 21ste eeu steeds die grootste industriële en ekonomiese “groeipunt” van die Peruaanse ekonomie. 'n Groot deel van die land seBNP word hier geskep.

Aan die einde van die 20ste eeu het omgewingsbesoedeling 'n groot probleem in Lima geword. Om 'n alternatief vir die besige stadsverkeer te bied, is die konstruksie van 'nmetro begin. Die Lima-metro het tans een lyn met 'n lengte van tien kilometre. Daar word reeds gewerk aan 'n tweede metrolyn. Die stad het baie nywerhede, vir die bykans 10 miljoen inwoners is daar geen beperkings ten opsigte van die ouderdom of die besoedelingsvlak van hul voertuie nie. Vanweë die openbare vervoer van busse, taxi's en passasiersmotors het die infrastruktuur agterweë gebly. Dit het gelei tot groot verkeersknope binne en buite die stad. Sedert 2006 is lenings voorsien om taxi's op natuurlike gas wat in dieAmasone-bekken van Peru onttrek is, te omskep.

In 1988 is die historiese sentrum van Lima op dieUNESCO-wêrelderfenislys opgeneem. Op 29 Desember 2001 het 'n groot brand in hierdie historiese sentrum ontstaan. In 'n gebouekompleks met winkels en huise het 'n verkoopsman 'nvuurwerk in 'n vuurwerkwinkel aangesteek om dit aan 'n klant te demonstreer. As gevolg hiervan het die ander vuurwerke in die winkel aan die brand geslaan, waarna die brand na geboue in die buurt versprei het. Bykans 300 mense is dood en baie van die historiese geboue is beskadig; vanaf daardie oomblik was dit vir baie jare verbied om tydensKersfees enOujaarsaand vuurwerke af te sit. Sedert 2012 word dit weer toegelaat.

In Junie 2011 het die aftredende president Alan Garcia en die Brasiliaanse konstruksiemaatskappy Odebrecht 'n 37 meter hoë witsteenChristus-standbeeld opgerig op die Mooro Solar, die Sonheuwel suid van die baai waarop Lima geleë is. Die beeld kyk uit oor dieStille Oseaan en het die naam Christo Pacifico.

Susterstede

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]


Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede van
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Lima&oldid=2763678"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp