Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Lilongwe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lilongwe

KaartVlag
Wapen
 LandVlag van Malawi Malawi
 StreekSentraal
 Koördinate13°59′00″S33°47′00″E / 13.98333°S 33.78333°O /-13.98333; 33.78333
 Gestig op1947
 Oppervlakte: 
 - Totaalvk km
 Hoogte bo seevlak1 050 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2008)866 272
 - Bevolkingsdigtheid1 479/km2
 TydsoneUTC +2
 -SomertydUTC +2
 BurgemeesterWillie Chipondera[1]
 Amptelike webwerfwww.llcitycouncil.org

Lilongwe is die hoofstad en grootste stad inMalawi met ’n bevolking van sowat 1 077 116 (2015). Die stad is in die Sentrale Streek van die land geleë naby die grense metMosambiek enZambië, en dit is ’n belangrike ekonomiese en vervoersentrum vir die streek.[2] Dit is genoem na dieLilongwerivier.

Geskiedenis

[wysig |wysig bron]

Lilongwe was eeue lank ’n klein vissersdorpie aan die oewers van die Lilongwerivier. Tydens die Britse koloniale besetting het dit ’n administratiewe sentrum geword vanweë sy strategiese ligging. Dit is in 1906 as ’n handelspos gestig[3] en in 1947 amptelik as ’n dorp erken.[4] Ná Malawi se onafhanklikwording het Lilongwe al hoe meer in ’n belangrike handelsentrum van die land se Sentrale Streek ontwikkel. Die groei is aangehelp deurdat die voormalige presidentHastings Banda dit in 1975 die nuwe hoofstad gemaak het.[5] Die laaste regeringskantore is in 2005 na Lilongwe geskuif.[6]

Die stad se bevolking neem vinnig toe – teen sowat 4,3% per jaar.[2]

Plaaslike regering

[wysig |wysig bron]

Lilongwe word bestuur deur die Lilongwe-stadsraad, wat oorheers word deur die regerende Demokratiese Progressiewe Party (DPP).[1]

Demografie

[wysig |wysig bron]
JaarBevolking[2][7]
196619 425
197798 718
1987223 318
1998440 471
2008674 448
20151 077 116
2020 (voorspel)1 324 314

Geografie

[wysig |wysig bron]

Topografie

[wysig |wysig bron]

Lilongwe is geleë op ’nplato in Sentraal-Malawi wat deel uitmaak van dieGroot Skeurvallei. Dit lê 1 050 m bo die seevlak aan die Lilongwerivier.

Klimaat

[wysig |wysig bron]

Lilongwe het ’n humiedesubtropiese klimaat wat grens aan ’n subtropiese hooglandklimaat, met aangename warm somers en matige winters. Vanweë die hoogte is temperature laer as wat verwag word van ’n stad in die trope. Lilongwe het ’n kort reënseisoen, van Desember tot Maart, en ’n langerige droë seisoen oor die grootste deel van die res van die jaar, veral in Junie en Julie wanneer dit koeler as ander tye is. In die natste maande van die reënseisoen val tot 200 mm reën per maand.

Weergegewens vir Lilongwe
MaandJanFebMarAprMeiJunJulAugSepOktNovDesJaar
Hoogste maksimum (°C)32313130312928313335363336
Gemiddelde maksimum (°C)26262626252323252730302726
Gemiddelde temperatuur (°C)21212119171514161922232219
Gemiddelde minimum (°C)17171613107671114161712
Laagste minimum (°C)12111042−1−3−1181110−3
Neerslag (mm)2002101303070170850
Bron: Weatherbase[8]

Stadswyke

[wysig |wysig bron]
Die middestad van Lilongwe.

Die stad is verdeel in die Nuwe en Ou Stad. In eersgenoemde is daar hotelle, ambassades en regeringskantore en in laasgenoemde markte, busterminale, kafees en restaurante. Die moderne winkels van die stad vorm ’n kontras met die strate en ommuurde markte van die ou deel.[5]

Ekonomie

[wysig |wysig bron]

TerwylBlantyre Malawi se kommersiële hoofstad is, word Lilongwe se ekonomie oorheers deur die regerings- en openbare instellings.

Die Kanengo-distrik in die noorde van die stad is die hoofnywerheidsgebied met klein nywerhede soos voedselverwerking en tabakberging en–verkope. Die belangrikste ekonomiese bedrywighede in die stad is die bank- en kleinhandelwese, bouwerk, vervoer, toerisme en tabakvervaardiging. Sowat 76% van Lilongwe se inwoners woon in informele nedersettings – armoede is sowat 25% en werkloosheid 16%.[6] Die staatsdiens gee werk aan sowat 27% van alle formele werkers, 40% werk in die privaat sektor en 2% werk vir hulself.[2]

Vermaak en sport

[wysig |wysig bron]
’n Mark in Lilongwe.

’n Verskeidenheid kroeë en nagklubs bied vermaak soos lewende musiek en partytjies.[9]

Die nuwe nasionale Bingu-stadion met 40 000 sitplekke is danksy ’n lening vanChina gebou. Dit is in Novemver 2015 voltooi. Sekere belangrike verbeterings, byvoorbeeld met betrekking tot elektrisiteit en veiligheid, is egter nodig voor dit kan open.[10]

Vervoer

[wysig |wysig bron]
Die bus tussen Lilongwe enJohannesburg.

Die Kamuzu Internasionale Lughawe het gereelde vlugte naJohannesburg,Addis Abeba,Nairobi enLusaka, asook binnelandse vlugte na Blantyre. Dit is noord van Lilongwe geleë, sowat 20 km van die middestad af.[11]

Gereelde busdienste bestaan tussen Lilongwe en Blantyre,Zomba,Kasungu enMzuzu.[12] Treine loop na binnelandse bestemmings, asookZambië enMosambiek.[13]

Onderwys

[wysig |wysig bron]

Daar is 38 privaat en 66 staatslaerskole met altesaam 103 602 leerlinge, sowel as 29 hoërskole met 30 795 leerlinge in Lilongwe.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1"DPP councillor elected Mayor of Lilongwe: Willie Chipondera, deputy Kwame Bandawe".Malawi Nyasa Times - Malawi breaking news in Malawi. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 9 Desember 2014. Besoek op19 Mei 2016.
  2. 2,02,12,22,32,4http://www.zaragoza.es/contenidos/medioambiente/onu//issue06/1136-eng.pdf
  3. "Lilongwe Malawi - Travel Guide - Tourist Information".wawamalawi.com (in Japannees). Geargiveer vanafdie oorspronklike op 31 Desember 2017.
  4. "Lilongwe".expertafrica.com (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019.
  5. 5,05,1"Lilongwe - Malawi Tourism - Malawi Safari - Malawi Attractions".malawitourism.com. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 26 April 2016. Besoek op23 Mei 2016.
  6. 6,06,1"Malawi Reports: Urban Profiles of Blantyre, Lilongwe, Mzuzu and Zomba".UrbanAfrica.Net (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019.
  7. http://media.wix.com/ugd/672989_62cfa13ec4ba47788f78ad660489a2fa.pdf
  8. Lilongwe Climate Normals, URL besoek op 2 Desember 2012
  9. "Entertainment in Lilongwe".Lonely Planet. Besoek op17 Februarie 2015.
  10. "Chilima upbeat on Bingu Stadium opening".Malawi Nyasa Times - Malawi breaking news in Malawi. Geargiveer vanafdie oorspronklike op 23 Mei 2016. Besoek op23 Mei 2016. URL besoek op 23 Mei 2016
  11. "(LLW) Lilongwe International Airport".flightstats.com (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015.
  12. "Getting there & away".Lilongwe. Lonely Planet. Besoek op7 Mei 2013.
  13. "(Malawi Rail Map)"(PDF). Railroad Development Corporation. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 24 September 2015. Besoek op24 September 2014.
Hoofstede vanonafhanklike lande
Hoofstede vanafhanklike gebiede
Hoofstede vanomstrede gebiede
Hoofstede van
aLobamba is dieregeringsetel, asook koninklike en wetgewende hoofstad vanEswatini.bKaapstad enBloemfontein is saam metPretoria ook hoofstede vanSuid-Afrika.cAbidjan is die regeringsetel en ekonomiese hoofstad van dieIvoorkus.dTifariti diende facto as hoofstad van dieArabiese Demokratiese Republiek Sahara.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Lilongwe&oldid=2619402"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp