Dielidwoord is 'nwoordsoort en dit word saam met 'nselfstandige naamwoord gebruik. 'n Lidwoord staan voor 'n selfstandige naamwoord om daaraan bepaaldheid of onbepaaldheid te verleen. Die bekendste twee lidwoorde in Afrikaans is die bepaalde lidwoorddie en die onbepaalde lidwoord'n.
- Diebepaalde lidwoord, bv.
- Die kind speel indie tuin.
- Die potlood is myne.
die word 'nbepaalde lidwoord genoem omdat dit na 'n bepaaldekind in 'n bepaaldetuin verwys.
- Dieonbepaalde lidwoord, bv.
- 'n Man werk in 'n land.
- 'n Klip het my kop getref.
'n word 'nonbepaalde lidwoord genoem, want daar word nie verwys na 'n spesifiekeman, klip ofland nie.
As die eerste woord van 'n sin met die onbepaalde lidwoord 'n begin, word 'n met 'n kleinletter geskryf en kry die daaropvolgende woord 'n hoofletter, tensy die daaropvolgende element 'n syfer, getal, kleinletter of simbool is.
Byvoorbeeld'n Motor is gekaap, maar'n 4x4 is noodsaaklik vir die tog.