Diefases en librasie van die Maan vir 2013 met uurlikse tussenposes. Met musiek, byskrifte en bykomende grafika.
Librasie insterrekunde is ’n waargenome skommelbeweging terwyl een liggaam om ’n ander wentel, veral die beweging van dieMaan met betrekking tot dieAarde of vantrojaanse asteroïdes met betrekking totplanete. Die maan se librasie is iets anders as die oënskynlike verskille in die grootte van die Maan soos van die Aarde af gesien. Hoewel dié verskynsel ook as ’n skommelbeweging beskryf kan word, word dit veroorsaak deur die werklike verandering in die afstand van die Maan vanweë syelliptiese wentelbaan. Librasie word deur die eienskappe hier onder veroorsaak.
Die Maan deur die loop van ’n maand afgeneem om sy librasie te wys. Ook sigbaar is die verskillende fases en die oënskynlike wisseling in grootte vanweë die veranderende afstand van die Aarde af.
Dieselfde kant van die Maan wys altyd na die Aarde omdat hy in ’nsinkroniese wentelbaan is. Die mens het dus op7 Oktober1959 die eerste keer die ander kant van die Maan gesien danksy die verkenning van die hemelliggaam. Dit is egter ’n oorvereenvoudige prentjie: Mettertyd is meer as die helfte (sowat 59%) van die Maan se oppervlak van die Aarde af sigbaar vanweë librasie.[1]
Librasie kom tot uiting as ’n stadige heen-en-weer wiegbeweging van die Maan soos van die aarde af gesien, wat daartoe lei dat ons effens verskillende uitsigte op die Maan het.
Daar is drie soorte maanlibrasies:
Librasie in lengtegraad is die gevolg van die eksentrisiteit van die Maan se wentelbaan; die maan se rotasie versnel soms en vertraag soms sy wentelposisie.
Librasie in breedtegraad is die gevolg van ’n effenseinklinasie (sowat 6,7 grade) tussen die Maan se rotasie-as en die loodlyn op sy wentelvlak. Die oorsprong daarvan is soortgelyk aan hoe dieseisoene op Aarde ontstaan vanweë ons planeet se wenteling om die Son.
Daaglikse librasie is ’n klein daaglikse skommeling vanweë die aarde se rotasie, wat ’n waarnemer eers na die een kant en dan na die ander kant neem van die reguit lyn wat die Aarde en Maan se middelpunte verbind. ’n Waarnemer kyk dus eers om die een kant van die Maan en dan om die ander kant; dit is omdat hy op die Aarde se oppervlak is en nie in sy middel nie.
In 1772 is vasgestel klein liggame kan op ’n stabiele manier ’n planeet se wentelbaan deel as hulle naby dieLagrange-punte (L-punte) bly; die twee stabiele L-punte is 60° voor en ná ’n planeet in sy wentelbaan om die Son. Sulke "trojane" is al gevind in die wentelbaan van die Aarde,Jupiter,Mars enNeptunus. Trojane wat met die Aarde verbind word, is moeilik om in diesigbare spektrum te sien, want hulle het sulke librasiebane dat hulle hoofsaaklik bedags in die lug sigbaar is. In 2010 is egter metinfrarooitegnieke vasgestel dieasteroïde2010 TK7 is ’n trojaanse metgesel van die Aarde; dit libreer in ’n stabiele wentelbaan om L4, die Lagrange-punt voor die Aarde in sy wentelbaan.[2]
J. D. Mulholland, E. C. Silverberg (1972). "Measurement of Physical Librations Using Laser Retroreflectors".Earth, Moon, and Planets.4 (1–2): 155–159.Bibcode:1972Moon....4..155M.doi:10.1007/BF00562923.