Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Liberië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Liberië
Republic of Liberia (Engels)
Vlag van LiberiëWapen van Liberië
VlagWapen
Nasionale leuse:
The love of liberty brought us here
(Engels vir: "Die liefde vir vryheid het ons hierna gebring")
Volkslied:All Hail, Liberia, Hail!
Ligging van Liberië
HoofstadMonrovia

6°19′N10°48′W / 6.317°N 10.800°W /6.317; -10.800

Grootste stadMonrovia
Amptelike taleEngels
RegeringUnitêre presidensiële
grondwetlikerepubliek
Joseph Boakai
Jeremiah Koung
Onafhanklikheid
Vorming
• Gestig deur die
Amerikaanse koloniale
Genootskap
• Onafhanklikheidsverklaring
• Anneksasie deur die
Republiek Maryland
• Amerikaanse erkenning
• Huidige grondwet




7 Januarie1822
26 Julie1847

18 Maart1857
5 Februarie1862
6 Januarie1986
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
111 370[1] km2  (102de)
43 000 myl2
13,514
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2008-sensus
 -Digtheid
 
5 506 280[1] (120ste)
3 476 608
35,5 / km2 (180ste)
92,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$10,465 miljard[2] (167ste)
$1 882[2](184ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$4,593 miljard[2] (171ste)
$826[2](180ste)

MOI (2021) 0,481[3] (178ste)  – laag
Gini (2016)35,3[4]() – medium
GeldeenheidLiberiese dollara (LRD)
Tydsone
 -Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD.lr
Skakelkode+231
a. DieAmerikaanse dollar is ook 'n wettige betaalmiddel.

Liberië (Engels:Liberia, [laɪˈbɪəriə],luister(hulp·inligting)), amptelik dieRepubliek Liberië (Engels:Republic of Liberia), is 'n land aan die weskus vanAfrika, begrens deurSierra Leone in die noordooste,Guinee in die noorde,Ivoorkus in die ooste en dieAtlantiese Oseaan in die suidweste. Dit het in die onlangse verlede gebuk gegaan onder tweeburgeroorloë, dieEerste Liberiese Burgeroorlog (1989–1996) en dieTweede Liberiese Burgeroorlog (1999–2003), wat honderde-duisende mense verplaas en die Liberieseekonomie vernietig het.

Nasa-Satellietbeeld van Liberië
Kaart van Liberië

Liberië beslaan 'n oppervlakte van 111 370 km² en 'n bevolking van 5 506 280 in 2015 gehad. Diehoofstad en grootste stad isMonrovia wat in die weste langs die Atlantiese Oseaan geleë is. Die oostelikste punt van Liberië grens aan dieGolf van Guinee. Die naam van dié land is ontleen aanLatynliber vir "vry" en verwys na die tuiste vir vrygelateAfro-Amerikaanseslawe uit dieVerenigde State, wie se voorvaders tydens die Atlantiese slawehandel deurEuropese uitWes-Afrika magte na dieAmerikas geneem is. Die VSA het op verskeie vlaktes as voorbeeld vir Liberië gedien, byvoorbeeld is dievlag van Liberië aan dieAmerikaanse vlag en dié land segrondwet van die Amerikaanse grondwet ontleen.

Liberië is op 7 Januarie 1822 deur die Amerikaanse koloniale genootskap gestig wat slawe uit die Verenigde State na Wes-Afrika gebring en daar vrygelaat het. Op 26 Julie 1847 het president Joseph Jenkins Roberts Liberië se onafhanklikheid van die Verenigde State verklaar, wat van dié land naEthiopië die tweede oudste van Afrika maak. Die eerste grondwet dateer van 5 Januarie 1839 en is georiënteerd aan die Amerikaanse s'n. Volgens hierdie grondwet is dié land amptelik Gemenebes Liberië (Commonwealth of Liberia) genoem. Tydens dieAmerikaanse Burgeroorlog het sowat 12 000 Afro-Amerikaners in Liberië geleef. Dié land sesamelewing word tot vandag deur konflikte tussen die slawe se nasate en die inheemse bevolking gekenmerk.

Monrovia het tot 'n belangrike hawestad aan die kus vanWes-Afrika ontwikkel. As gevolg van die Kongokonferensie 1884/1885 inBerlyn moes Liberië 'n deel aanFrankryk afstaan en net die VSA se politiese druk het 'n anneksasie verhoed. Die Afrikabevolking het in 1904burgerregte en in 1907 stemreg ontvang. 1926 het die Amerikaanse maatskappye Firestone en Goodrich Corporation groot gebiede grond virrubberplantasies gekoop, wat vir 99 jaar gehuur is. Hierdeur het dié land in ekonomiese opsig van die VSA afhanklik geword. In 1979 het 'n prysverhoging virrys aanleiding gegee tot landswye proteste en oproer. Op 12 April 1980 het Samuel K. Doe in 'nstaatsgreep die mag oorgeneem wat vir 20 jare tot 'n polities onstabiele situasie gelei het. Doe is in 1990 afgesit, gemartel en vermoor, waarop 'n 14-jarigeburgeroorlog gevolg het. Nadat in 2003 'nskietstilstand bereik is, het president Charles Taylor dié land verlaat. In 2005 isEllen Johnson Sirleaf tot Afrika se eerste vroulike president verkies en is op 16 Januarie 2006 ingesweer. Saam met Tawakkol Karman uitJemen en haar landsvrou Leymah Gbowee het sy in 2011 dieNobelprys vir Vrede gewen. Sy is op 23 Januarie 2018 opgevolg deur die voormaligesokkerspeler George Weah wat as Liberië se eerste demokratiese leierskapverandering sedert 1944 beskou word.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. 1,01,1(en)"Liberia".Central Intelligence Agency. Besoek op25 Januarie 2024.
  2. 2,02,12,22,3(en)"Liberia".Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op25 Januarie 2024.
  3. (en)"Human Development Report 2021/2022"(PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op25 Januarie 2024.
  4. (en)"Gini index – Liberia".Wêreldbank. Besoek op25 Januarie 2024.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Lande en gebiede inAfrika
Onafhanklike lande
Omstrede gebiede
Afhanklike gebiede
Frankryk
Portugal
Spanje
Verenigde Koninkryk
Lande van
1. Landdeels inAsië.
Internasionaal
Nasionaal
Geografies
Kunstenaars
Mense
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Liberië&oldid=2647599"
Kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp