Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Leonhard Euler

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leonhard Euler
Portret deur Jakob Emanuel Handmann (1756)

GeboortenaamLeonhard Paul Euler
Gebore15 April1707
Basel,Switserland
Oorlede18 September 1783 (op 76)
Sint Petersburg,Russiese Ryk
BlyplekKoninkryk Pruise, Russiese Ryk, Switserland
VakgebiedWiskunde en fisika
Instelling(s)Keiserlike Russiese Akademie van Wetenskappe
Akademie van Berlyn
Alma materUniversiteit van Basel
Doktorale promotor(s)Johann Bernoulli
Doktorale student(e)Nicolas Fuss
Johann Hennert
Stepan Rumovsky
Ander bekende student(e)Joseph Louis Lagrange
Handtekening

Leonhard Paul Euler (IFA:[ˈɔʏlɐ];15 April1707 – 18 September[O.S. 7 September] 1783) was 'n baanbrekendeSwitsersewiskundige enfisikus, wat die grootste deel van sy lewe inRusland enDuitsland deurgebring het.

Euler het belangrike ontdekkings in wyduiteenlopende vertakkings soosanalise engrafiekteorie gemaak. Hy het ook baie moderne wiskundige terminologie en notasie ingevoer, veral vir wiskundige analise, soos die konsep van 'nwiskundige funksie.[1] Hy is ook bekend vir sy werk inmeganika,optika ensterrekunde.

Euler word beskou as die vernaamste wiskundige van die18de eeu en een van die grootste van alle tye. Hy was ook een van die mees produktiewe; sy versameling beslaan 60–80 kwartovolumes.[2] 'n Opmerking wat toegeskryf word aanPierre-Simon Laplace druk Euler se invloed op wiskunde as volg uit: "Lees Euler, lees Euler, hy is die meester [d.i., onderwyser] van ons almal."[3]

Euler is op die sesde reeks van die Switserse 10-frank banknoot en talle Switserse, Duitse en Russieseposseëls uitgebeeld. Dieasteroïde2002 Euler is ter ere van hom vernoem. Hy word ook deur dieLutherse Kerk volgens hulle Kalender van Beskermheiliges op24 Mei gedenk.

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Dunham, William (1999).Euler: The Master of Us All. The Mathematical Association of America. p. 17.
  2. Finkel, B.F. (1897). "Biography- Leonard Euler".The American Mathematical Monthly.4 (12): 300.
  3. Dunham, William (1999).Euler: The Master of Us All. The Mathematical Association of America. pp. xiii.Lisez Euler, lisez Euler, c'est notre maître à tous.
 Hierdie artikel omtrent 'nwiskundige is 'nsaadjie. Jy kan dieAfrikaanse Wikipedia help deurdit uit te brei.


NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Leonhard_Euler&oldid=1894791"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp