Leo V |
---|
Keiser van die Bisantynse Ryk |

’n Goue muntstuk wat Leo V uitbeeld met sy seun en medekeiser, Konstantyn, op die keersy. |
Bewind | 813 –25 Desember820 |
---|
Ander naam | Leo die Armeen |
---|
Gebore | 775 |
---|
Oorlede | 25 Desember820 |
---|
Voorganger | Michael I |
---|
Opvolger | Michael II |
---|
Eggenote | Theodosia |
---|
Kinders | Konstantyn Basilius Gregorius Theodosius |
---|
Vader | Bardas |
---|
Leo V die Armeen (Grieks: Λέων Ε΄ ὁ Ἀρμένιος; 775 – 25 Desember 820) was dieBisantynse keiser van 813 tot 820. Hy was ’n senior generaal wat sy voorganger,Michael I, gedwing het om te abdikeer. Leo V het die dekade lange oorlog met dieBulgare beëindig. Hy is deur ondersteuners vanMichael die Amoriaan, een van sy betroubaarste generaals, vermoor.
Leo was die seun van die patrisiër Bardas, wat van Armeense afkoms was. In 811 het hy ’n goewerneur geword en in 812 goed gevaar in ’n oorlog teen die Arabiere. Op 11 Julie 813 het hy Michael I gedwing om te abdikeer en het hy keiser geword. Michael se vyf seuns is gekastreer om enige opstand te voorkom.
Leo het sy oudste seun, Symbatius, kort ná sy troonopvolging gekroon as medekeiser onder die naam Konstantyn. Ná ’n neerlaag teen dieBulgare, watKonstantinopel beset het, het hy hulle in 814 verslaan. Hy het bevoegde militêre bevelvoerders aangestel, onder andere Michael die Amoriaan.
Toe hy Michael later tronk toe stuur weens ’n vermoedelike sameswering, het Michael die sluipmoord op die keiser in 820 georganiseer. Leo het ’n kerkdiens bygewoon toe hy aan stukke gekap is en Michael is bevry. Leo se ma en vrou is na kloosters verban en sy vier seuns, onder andere die medekeiser, Konstantyn (Symbatius), is gekastreer.
Leo en sy vrou, Theodosia, het verskeie kinders gehad, onder andere:
- Konstantyn, (Symbatius), medekeiser van 814 tot 820.
- Basilius
- Gregorius
- Theodosius (dood in 820)
- The Oxford Dictionary of Byzantium, Oxford University Press, 1991.
Hierdie artikel is vertaal uit dieEngelse Wikipedia