Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Leo Marquard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leo Marquard.
Ds. J.J.T. Marquard, Leo Marquard se vader, na wie die dorp enNG gemeente Marquard genoem is.

Leopold (Leo) Marquard (15 Junie 1897 - 27 Maart 1974) was 'n Suid-Afrikaanse opvoedkundige, skrywer en stigterslid van dieLiberale Party.

Hy is opWinburg in dieVrystaat gebore waar sy vader, ds. J.J.T. Marquard – na wie die dorpMarquard genoem is – predikant was van dieplaaslike NG gemeente. Marquard het sy opvoeding op sy geboortedorp en aan dieGrey-kollege inBloemfontein ontvang. Daarna hy het asRhodes-beurshouer naOxford vertrek.

Marquard het tydens dieEerste Wêreldoorlog in dieBritse Lugmag diens gedoen. Na afloop van die oorlog het hy begin skoolhou. In1924 was hy een van die stigters van NUSAS (Nasionale Unie van Suid-Afrikaanse Studente).

In1940 sluit hy hom aan by die Suid-Afrikaanse magte in dieTweede Wêreldoorlog en behaal groot welslae as hoof van die Weermagopvoedingsdiens. Ná die oorlog het hy aan die hoof vanOxford University Press se bedrywighede inSuider-Afrika gestaan. Hy het ook breedvoerig geskryf oor geskiedenis, opvoeding en sosiologie.

Marquard hetSuid-Afrika byUnesco (dieVerenigde Nasies se organisasie vir opvoeding, wetenskap en kultuur) verteenwoordig en was 'n leidende figuur in die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SA Institute of Race Relations). Op9 Mei1953 was hy medestigterslid van dieLiberale Party.

Hy is oorlede op27 Maart1974.

Bronne

[wysig |wysig bron]


 Hierdie artikel omtrent ’nSuid-Afrikaanse politikus is ’nsaadjie. Jy kan Wikipedia help deurdit uit te brei.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Leo_Marquard&oldid=2384120"
Kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp