Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Leo IV die Kasaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Leo IV
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Muntstuk wat Leo IV en sy seun Konstantyn VI uitbeeld, met sy oupa Leo III en pa Konstantyn V op die keersy.
’n Muntstuk wat Leo IV en sy seunKonstantyn VI uitbeeld, met sy oupaLeo III en paKonstantyn V op die keersy.
Bewind25 Maart77518 Junie780
Ander nameLeo die Kasaar
DinastieSiriese
Gebore25 Januarie750
Oorlede8 September780
VoorgangerKonstantyn V
OpvolgerKonstantyn VI
EggenoteIrene
KindersKonstantyn VI
VaderKonstantyn V
MoederTzitzak ("Irene van Kasarië")

Leo IV (Grieks: Λέων Δ΄,Leōn IV; 25 Januarie 750 – 8 September 780) was dieBisantynse keiser van 775 tot 780. Hy was ook bekend asLeo die Kasaar.

Hy was die seun van keiserKonstantyn V en sy eerste vrou, Irene, dogter van die grootkhan Bihar van Kasarië. Leo is in 751 tot medekeiser verhef en in Desember 769 het hy met Irene getrou. Toe Konstantyn in 775 sterf, was Leo die alleenheerser.

Op 24 April 776 het Leo sy seun,Konstantyn VI, as medekeiser gekroon. Dit het gelei tot ’n opstand deur sy vyf halfbroers, wat die troon vir hulself wou hê. Die opstand is gou onderdruk en die samesweerders is geslaan en na dieKrim verban.

Toe Leo op 8 September 780 dood is, het sy vrou, Irene, hom opgevolg. Sommige historici vermoed hy is vermoor, dalk deur Irene, terwyl ander dink hy was reeds siek toe hy keiser geword het. Konstantyn VI was sy enigste seun; hy het hom opgevolg en saam met sy ma regeer.

Romeinse Ryk
Oos-Romeinse Ryk
Niceense Ryk
Oos-Romeinse Ryk
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Leo_IV_die_Kasaar&oldid=2042513"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp