Lens (Frans: [lɑ̃s],luister(hulp·inligting);Pikardies:Linse) is 'n stad in dieFransedépartementPas-de-Calais sowat 200 kilometer noord vanParys en 35 kilometer suid vanLille. Die snelweë ("autoroutes") A1 en A211 verbind Lens met hierdie twee metropole. Saam met sy buurstad Liévin vorm Lens 'n agglomerasie wat deel uitmaak van 'n metropolitaanse gebied (Frans:aire urbaine) rondom Douai met sowat 550 000 inwoners.
Die plaaslikesteenkoolvelde wat vroeër Lens se ekonomiese basis gevorm het, speel al lank nie meer 'n belangrike rol nie.
Geldstukke wat van die Merovingiese tydperk dateer, verwys na 'n nedersetting met die naamLenna Cas(trum). Terwyl die tweede woord daarop dui dat die stad versterk was, bly die naam se eerste bestanddeel raaiselagtig. Sommige navorsers glo dat dit van dieGalliese woordonna afgelei is wat "rivier" of "oorsprong, bron" beteken.
As gevolg vanSpanje se magsuitbreiding in die 17de eeuse Europa is Lens by die Spaanse Nederlande ingelyf. Eers die heerskappy van Lodewyk II van Bourbon, prins van Condé, en ná die Slag van Lens op20 Augustus1648 het die agteruitgang van Spanje as 'n oorheersende mag in die gebied ingelui. As gevolg van hierdie slag was kardinaal Mazarin in staat om die Vredesverdrag van Wesfale te onderteken waardeur dieDertigjarige Oorlog beëindig is. Volgens die Pireneë-verdrag wat op7 November1659 onderteken is, is Artois by Frankryk ingelyf.
Tydens 'n proefboring in die woud van Lens in1849 het drie nyweraars uit Lille, menere Casteleyn, Tilloy en Scrive teen 'n diepte van 151 meter steenkool ontdek. Volgens 'n dekreet, wat op15 Januarie1853 uitgevaardig is, het dieCompagnie de Lens 'n mynkonsessie vir 'n oppervlakte van 6,051 hektaar ontvang. Die omgewing van Lens, Douai en Liévin het tot 'n beduidende mynboustreek begin ontwikkel.
Lens het swaar onder dieEerste Wêreldoorlog gely. Ná die Duitse inval in Oktober1914 is die stad tot in1918 deur Duitse troepe beset. Groot dele van die stad is as gevolg van die oorlogshandelinge verwoes en Lens het teen die einde van die oorlog die helfte van sy bevolking verloor. Die heropbou ná die oorlog is deur dieTweede Wêreldoorlog onderbreek en Lens is weereens deur Duitse troepe beset en in1944 ook deur bomaanvalle verwoes.
Die ou steenkoolmynbedrywe is ná die Tweede Wêreldoorlog genasionaliseer. Danksy die mynbou het die streek se bevolking en veral die inwonertal van Lens aansienlik gegroei. In1962 het Lens reeds 42 733 inwoners gehad. Die agglomerasie van myndorpe in die streek het onder meer Liévin, Carvin en Hénin-Beaumont ingesluit. Lens het danksy die steenkoolbekken tot 'n sentrum van die steenkool-gebaseerde chemiese en metallurgiese bedrywe (waaronder ketelmakery en draadtrekkery) ontwikkel.
Nadat die agteruitgang van die steenkoolontginning reeds in die 1960's begin het, is die plaaslike mynboubedrywighede uiteindelik in1990 gestaak. Lens het 'n ernstige ekonomiese krisis beleef. Die stad se ekonomiese swaartepunt het geleidelik na die tekstiel-, metallurgie-, motor- en voedselbedrywe verskuif. Intussen speel die tersiêre sektor ook 'n beduidende ekonomiese rol nadat Lens in 1962 'n onderprefektuur geword het, terwyl die stad ook die Universiteit van Artois huisves.
Geweldpleging tydens die Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
Lens het tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 internasionale bekendheid verwerf nadat Duitse straatboewe gedurende 'n wedstryd tussen die Duitse en Joego-Slawiese sokkerspanne op21 Junie1998 polisiemanne aangerand het. Een van die polisiemanne, Daniel Nivel, het ernstige hoofbeserings opgedoen en oor 'n tydperk van ses weke in 'n koma verval. Hy is as gevolg van sy beserings liggaamlik gestremd. Beelde van die aanranding is wêreldwyd op skerms vertoon.
Sedert1986 word dunlaagmodules vir sonenergiepanele plaaslik vervaardig. Die vervaardigerFree Energy Europe se produksieprogram sluit intussen ook lampe en vloeikristal-televisietoestelle in wat deursonenergie aangedryf word.
Lens is die setel van die Universiteit van Artois en 'n aantal ander tersiêre instellings.