Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Leeu van Al-lat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Leeu van Al-lat, 2010.

DieLeeu van Al-lat ofAl-lāt was ’n antieke standbeeld voor die Tempel van Al-lat in diewêrelderfenisgebiedPalmyra,Sirië. Dit is in die 1ste eeu n.C. van kalksteen gemaak, en was 3,5 m hoog[1] en het 15 ton geweeg.[2]

Die standbeeld is in 1977 deur ’n groepPoolseargeoloë ontdek.[3] Dit is in stukke aangetref omdat dit reeds in antieke tye gebruik is vir die tempel se fondament.[3] Ná die ontdekking is die stukke weer aanmekaargesit voor die ingang na die Palmyra-museum. Die beeld het eindelik weer soos die oorspronklike gelyk: ’n reliëf wat uit die muur te voorskyn kom.[3]

Op 27 Junie 2015, tydens dieSiriese Burgeroorlog, is die beeld deur die ekstremistiese militante groepIslamitiese Staat in Irak en die Levant (ISIL) verwoes nadat hulle Palmyra in 2015 oorgeneem het.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Kevin Butcher (2003).Roman Syria and the Near East. Getty Publications. p. 309.ISBN 0892367156.
  2. 12"Isis militants destroy 2,000-year-old statue of lion at Palmyra".The Guardian (in Engels).Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2020. Besoek op3 Julie 2015.
  3. 123Bartosz Markowski."The Lion of Allat in Palmyra New Museum Display Project"(PDF). Polish Centre of Mediterranean Archaeology. Geargiveer vanafdie oorspronklike(PDF) op 4 Julie 2015. Besoek op3 Julie 2015.
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Leeu_van_Al-lat&oldid=2438095"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2026 Movatter.jp