Die stad, wat aan die regteroewer van dieSeine naby sy monding in dieAtlantiese Oseaan geleë is, huisves die tweede grootste seehawe in Frankryk náMarseille – vandaar sy bynaamPorte Océane. Volgens sy inwonertal is Le Havre die grootste stad in Normandië en volgens sy oppervlak die tweede grootste náRouen.
Le Havre is ná die uitgebreide verwoesting deur bomaanvalle gedurende dieTweede Wêreldoorlog volgens planne van Auguste Ferret en sy span van sestig argitekte tussen 1945 en 1954 as 'n moderne stad heropgebou. Die stadskern met sy kenmerkende kleurrykebetonargitektuur is die enigste dergelike projek van die 20ste eeu wat deurUnesco aswêrelderfenisgebied gelys is.
Frans I, koning van Frankryk en stigter van Le Havre
Le Havre is 'n baie jong stad. Dit is in 1517 ter ere van koning Frans I van Frankryk onder die naam Franciscopolis gestig om die ou hawens van Honfleur en Harfleur te vervang. Later is dit hernoem tot Le Havre-de-Grâce.
Die stad het in die 17de eeu reeds as die tuishawe van die Franse Wes-Indiese Kompanjie gedien, maar die ekonomiese groei van die stad het veral tydens die 18de eeu danksy die uitgebreide seehandel plaasgevind. In die 19de eeu het dit 'n belangrike nywerheidstad geword. Le Havre het onder andere dieseilvaartitems tydens beide dieOlimpiese Somerspele 1900 enOlimpiese Somerspele 1924 gehuisves. Dit was ook een van die gasheerstede tydens dieFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938.
Tydens dieTweede Wêreldoorlog is Le Havre in die Slag van Normandië verwoes, en 5 000 inwoners het hul lewens tydens lugaanvalle gesterf. Meer as 12 000 woonstelle is volledig vernietig. Die heropbou van die stad is deur die argitek Auguste Perret in die boustyl van diemodernisme beplan.
Tot in die sewentigerjare van die 20ste eeu was Le Havre 'n belangrike hawe vir die passasierskepe van die transatlantiese roete tussen Le Havre enNew York – veral vir die beroemdeFrance, wat hierdie roete tussen 1962 en 1974 as die grootste passasierskip ter wêreld met 'n lengte van 316 meter bedien het. Ongeag die proteste van inwoners en 'n staking van die loodse is dieFrance in 1979 aan 'n Noorseredery verkoop en herdoop totNorway.
Le Havre is met sy raffinaderye 'n beduidende sentrum van die petrochemiese bedryf. Nogtans baseer die stedelike ekonomie van Le Havre veral op sy seehawe – skeepsbou speel steeds 'n belangrike rol, en die Franse rederyDelmas het hier sy hoofkwartier. Ander belangrike bedrywe is voedselverwerking en motorvervaardiging – een van die grootste fabrieke van die Franse motorreusRenault is in die dorp Sandouville net buite Le Havre geleë, net soos aanlegte wat motoronderdele vervaardig.
Ouer dele van Le Havre se seehawe is geherstruktureer soos die Vauban-dokke waar in die somer van 2008 'n moderne swembad,Les Bains des Docks, geopen is. Die swemsentrum is deur die argitek Jean Nouvel ontwerp. Net langsaan het 'n winkelsentrum en 'n nuwe woonkwartier, dieQuartier Saint-Nicolas de l'Eure, ontstaan.
In 1944 is vier vyfdes van die beboude stadsgebied deur geallieerde lugaanvalle in puin gelê. Die argitek Auguste Perret (1874–1954) het ná die oorlog besluit om die ou stadskern nie te herstel nie en in plaas daarvan sy visie van 'n moderne, vriendelike stad verwesenlik wat volgens 'n eenvormige roosterpatroon aangelê is en grotendeels uit industrieel vervaardigde betonelemente bestaan. Die straatblokke se afmetings is noukeurig beplan om enersyds 'n maksimum van sonlig te laat binnedring, maar om andersyds ook as 'n beskerming teen die koue seewind te dien.
Uitsig oor die strand van Le Havre en 'n deel van die stadsentrum
Die see, die hawe en die belangrike geboue is van orals in die middestad sigbaar.
Perret se nuwerwetse gebruikmaking van die boumateriaal beton en die indrukwekkende aantoning van sy potensiaal was vir Unesco rede genoeg om die stadsentrum van Le Havre op 15 Julie 2005 tot wêrelderfenisgebied te verklaar – die enigste 20ste eeuse middestad wat met dié toekenning vereer is. Die stadskern met 'n oppervlak van 133 hektaar verteenwoordig volgens Unesco "'n buitengewone voorbeeld van die argitektuur en die urbanisme van die na-oorlogse tydperk" en is een van min destydse Europese objekte op die lys van die wêrelderfenisgebiede.
Ander besienswaardighede is die strand met 'n lengte van sowat twee kilometer midde-in die stadsentrum, die klein universiteit met 7 500 studente en die ou hawe wes van die stadsentrum. Sy historiese dokke is nou 'n elegante winkel- en vermaaklikheidsentrum. 'n Metaaltoring van 120 meter, wat deur die bekende Franse argitek Jean Nouvel opgerig is, is die nuwe baken van die stad. OokOscar Niemeyer, die argitek en beplanner van dieBrasiliaanse hoofstadBrasilia, het 'n bydrae tot Le Havre se nuwe argitektuur gelewer. Sy kulturele sentrumLe Volcan is 'n ronde betongebou wat soos 'nhoogoond lyk en met Auguste Perret se reghoekige geboue kontrasteer. DiePont de Normandie, wat Le Havre metHonfleur in die départementCalvados verbind, is in 1995 ingewy en behoort tot die langste brûe in Europa.
Die André-Malraux-museum (Musée des Beaux-Arts André Malraux) bewaar die erfenis van die impressionistiese skilders soosMonet, Boudin, Dufy en Pissaro, wat die lig en die bekoorlike landskap van Calvados as hulle gunstelingmotiewe ontdek het.