Lawrensium, ookeka-lutesium genoem, is 'nradioaktiewe sintetiese element in dieperiodieke tabel met die simboolLr enatoomgetal 103. Die stabielste isotoop daarvan is262Lr, met 'nhalfleeftyd van ongeveer 4ure. Lawrensium word uitKalifornium gesintetiseer en het geen bekende gebruike nie.
Die voorkoms van hierdie element is onbekend, dit is egter waarskynlik silwerig-wit of grys en 'nmetaal. As genoegsame hoeveelhede lawrensium vervaardig sou word, sou dit 'n stralingsgevaar inhou. Baie min is bekend oor die chemiese eienskappe van die element maar aanvanklike werk op 'n paar atome dui aan dat dit soortgelyk aan dieaktiniede optree.
Element 103 is 'nd-blok-element analoog aanlutesium en daarom word dit al hoe meer saam met ander d-blok elemente in dieoorgangsmetaal chemiese reeks geplaas, maar dit word steeds saam met dieaktiniede in die periodieke tabel gegroepeer.
Opdatering van die periodieke tabel, Albert Ghiorso skryf "Lw" (lawrensium) in posisie 103; mede ontdekkers (van links na regs) Robert Latimer, Dr. Torbjorn Sikkeland, en Almon Larsh kyk toe
Lawrensium is deur Albert Ghiorso, Torbjørn Sikkeland, Almon Larsh en Robert M. Latimer op4 Februarie1961 by die Berkeley Radiation Laboratory (nou die Lawrence Berkeley National Laboratory genoem) op die University of California, Berkeley kampus ontdek. Dit is vervaardig deur 'n 3milligram teiken wat uit drie kalifornium-isotope bestaan het met boron-10 en boron-11 ione in dieHeavy Ion Linear Accelerator (HILAC) te bombardeer.
Die transmutasiekerne word elektries gelaai, met 'nheliumatmosfeer gestuit en op 'n dunkopervervoerband versamel. Die band word daarna geskuif om die versamelde atome voor 'n aantal vastetoestand detektors te plaas. Die Berkeley-span het rapporteer dat dieisotoop257103 op die manier waargeneem is en verval het deur 'n 8.6 MeV alfa-deeltjie met 'nhalfleeftyd van 4.2 sekondes vry te stel.
In1967 het navorsers in Dubna,Rusland gerapporteer dat hulle nie daarin kon slaag om 'n alfa uitsaaier met 'n halfleeftyd van 4,2 sekondes as257103 kon bevestig nie. Die toekenning is intussen verander na258Lr of259Lr. Elf isotope van element 103 is gesintetiseer met262Lr wat die langste oorleef het met 'n halfleeftyd van 216 minute (dit verval na256No. Die isotope van lawrensium verval via alfa-emissie, spontane kernsplitsing en elektronvangs (gerangskik van die mees algemene na die mins algemene tipes).
Die oorsprong van die naam, wat deur die American Chemical Society verkies word, is 'n verwysing na Ernest O. Lawrence, uitvinder van diesiklotron. Die simboolLw is aanvanklik gebruik maar in1963 is dit verander naLr. In Augustus1997 het die International Union of Pure and Applied Chemistry (IUPAC) die naam lawrensium en simboolLr tydens 'n vergadering inGeneva bekragtigUnniltrium (IFA:/ˌjuːˈnɪltriəm/, simboolUnt) is soms tot op die stadium as 'n tydelike, sistematiese elementnaam gebruik.