Die kant van 'nlaserskyf wat deur die rekenaar gelees word.
'nLaserskyf ofkompakskyf (ook inEngels bekend as 'ncompact disc, verkort naCD) is 'n plat, ronde skyf wat gebruik word omdata, musiekopnames (oudio CD) of video-opnames (video CD) daarop te stoor. Die deursnee van 'n normale laserskyf is 120mm, en die gaatjie in die middel is omtrent 15 mm in deursnee.
Aanvanklik is slegs musiek en klank op laserskywe gestoor, maar later is hulle só gemaak dat hullerekenaarlêers kon stoor op dieselfde manier as wat musiek daarop gestoor is. Na hierdie skywe word verwys as CD-ROMs, wat staan vir die Engelse termCompact Disc - Read Only Memory, wat beteken dat die rekenaar die skyf aftas (of "lees") deur gebruik te maak van 'n CD-ROM-aandrywer, of enige ander aandrywer wat laserskywe kan lees.
Die laserskyf is in1979 deurPhilips enSony ontwikkel en vir die eerste keer vervaardig.
In 1982 het dié twee ondernemings hul sogenaamdeRed Book-standaard vir oudio-laserskywe vasgelê. Volgens hierdie internasionale standaard is laserskywe, wat hulle fisiese stoorvermoë betref, in blokke verdeel. Slegs digitale ja/nee-inligting word met 'n hoë digtheid gestoor. In CD-spelers stuur 'n laser-aftaster 'n straal op die skyf wat juis op twee maniere ("ja of nee") gereflekteer word. In teenstelling met vinielplate word laserskywe van binne na buite gelees.
Aanvanklik is laserskywe gemaak met 'n deursnee van 30 sentimeter wat in hierdie opsig analoog met viniel-langspeelplate was. Hulle video-stoorvermoë was matig (30 minute), maar meer as groot genoeg vir musiekopnames (13 ure en meer).
Die musiekbedryf was egter ten gunste van kleiner skywe sodat die deursnee van laserskywe uiteindelik twaalf sentimeter beloop het met 'n speeltyd van 74 minute - volgens 'n gewilde moderne mite net groot genoeg om die dirigent Wilhelm Furtwängler se opvoering van die Negende Simfonie vanLudwig van Beethoven uit die jaar 1951 daarop te stoor.