Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Lombarde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanafLangobarde)
Edictum Rothari, 'n Lombardiese handskrif

DieLombarde (ookLangobarde ofLongobarde) was 'nWes-Germaanse volk wat aan die oewers van dieElbe gewoon het. Die Romeine het hulle al in98 geken toeTacitus hulle noem in sy "De origine et situ Germanorum".

Die Lombarde, wat verwys het na die lang baardgroei wat aan hulle toegeskryf word, het oorspronklik in Skandinawië gewoon. Hulle taal was Lombardies. Vanuit suidelikeSwede het die oer-Lombarde dieOossee oorgesteek, waarskynlik as deel van die Semnones waarvan hulle geskei het om in 'n nuwe woongebied aan die onderloop van die Elbe te vestig. Hulle het tussen 568 en 774 die grootste deel van die Italiaanse Skiereiland verower.[1][2][3]

Migrasie na die suide

[wysig |wysig bron]

Die volksverhuising van die Lombarde verloop in stappe. Vanaf200 verplaas die Lombarde stadig stroomop langs die Elbe, tot waar nou die Duitse deelstaatSakse-Anhalt is. Omstreeks350 het die laaste Lombarde die benedeloop van die Elbe verlaat. In die periode tussen350 en493 trek hulle verder naSakse enBoheme. Hulle is nie deur dieHunne oorrompel nie en behou hulle onafhanklikheid. In die periode raak die Lombarde gekersten en word hulle aanhangers van dieArianisme. Die name van enkele leiers uit die tyd is bekend, te weteLethu,Hildeoc,Godehoc enClaffo.

In493 verskyn die Lombarde in die gebied waar die Rugiërs voorheen gewoon het, die Romeinse provinsie Noricum, teenswoordigOostenryk. Die Lombarde was teen hierdie tyd 'n groot volk, waarskynlik omdat verskeie Germaanse stamme by hulle aangesluit het tydens die migrasieperiode. In Noricum raak hulle herhaaldelik slaags met die Herule, wat 'n koninkryk gestig het aan die Tisza en Mures riviere.

Tydens die migrasie het die Lombarde se stamstruktuur geleidelik verander. Hulle word nie meer gelei deur stamhoofde nie, maar het nou een koning. Die eerste bekende koning se naam isTato. In510 vernietig Tato die koninkryk van die Herule. Die meeste Herule sluit hulle nou by die Lombarde aan. Die opolger van Tato,Wacho verslaan die Sueve aan die Donau. Deur die oorwinning kom die Lombarde is besit van dieBisantynse provinsie Pannonië. Die Bisantyne (Oos-Romeine) maak die Lombarde in540 tot hulle bondgenote (foederati) en as sodanig veg die Lombarde in die Romeinse oorloë. Hulle word gebruik teen dieOos-Gote en in die ooste teen diePerse. Die Avare het nou die Lombarde in Pannonië begin aanval. Die Romeine het nie belang gehad by die stryd nie en gee die Lombarde geen steun nie.Alboin, die opvolger van koningAudoin, sluit 'n ooreenkoms met die Avare. Hy versamel 'n groot leër bestaande uit veterane van die oorloë teen die Perse en die Gote. In567 val hy dieGepide aan en vernietig hulle koninkryk. Die laaste koning van die Gepide, Kunimund word gedood en sy dogter Rosamunde word gedwing om met Audoin te trou. Die Gepide word by die Lombarde ingelyf.

Italië

[wysig |wysig bron]

Onder druk van die Avare verlaat die Lombarde en die Gepide die Balkan in568, trek oor dieAlpe en val Italië binne. Hoewel hulle nie daarin slaag om die ommuurde stede in te neem nie, verower hulle groot dele van Noord- en Midde-Italië. Die stadPavia aan die Ticino, 'n syrivier van diePo-rivier, word die hoofstad van hulle koninkryk. Dit beteken die einde van die politieke eenheid vanItalië, tot in die 19de eeu. Die mag van die Oos-Romeinse keiser word beperk totRavenna en enkele kusstede in Suid-Italië.

Dit het tien jaar geduur voordat die Lombarde na die dood van hulle koning Alboin en sy opvolger Cleph weer 'n nuwe koning gekies het. In die jaar600 bekeer hulle hulle tot dieRoomse Kerk.

In755 word hulle koningAistulf, wat die pous bedreig het, verslaan deur die leër vanPepyn die Korte onder leiding vanChrodegang.

Die laaste egte Lombardiese koning wasDesiderius wat regeer het tot774.Karel die Grote het nie alleen hulle ryk verower nie, maar ook die titel "Koning van die Lombarde" oorgeneem. Dit was die eerste keer dat 'n Germaanse leier die titel vanKoning van 'n ander Germaanse volk oorgeneem het. Die Lombarde word naderhand geleidelik opgeneem in die omringende Italo-Romeinse bevolking van Noord- en Midde-Italië. In die suide behou nogtansArichis II diehertogdom Benevento wat nog eeue sal bestaan.

Die Yster Kroon van die Lombarde.

In die Dom vanMonza word 'n Lombardiese skat uitgestal waarin ook die Yster Kroon van die Lombarde 'n plekkie gekry het.

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. "Lombard".. 
    • Christie 1995. "The Lombards, also known as the Longobards, were a Germanic tribe whose fabled origins lay in the barbarian realm of Scandinavia."
    • Whitby 2012, p. 857. "Lombards, or Langobardi, a Germanic group..."
    • Brown 2005. "Lombards... a west-Germanic people..."
    • Darvill 2009. "Lombards (Lombard). Germanic people..."
    • Taviani-Carozzi 2005. "Lombards, A people of Germanic origin, conquerors of part of Italy from 568."
  2. Harrison, D.; Svensson, K. (2007).Vikingaliv. Värnamo: Fälth & Hässler. p. 74.ISBN 978-91-27-35725-9.

Bronne

[wysig |wysig bron]
  • Wickham, Christopher. "Aristocratic Power in Eight-Century Lombard Italy."After Rome's Fall: Narrators and Sources of Early Medieval History, Essays presented to Walter Goffart. Toronto: University of Toronto Press, 1998. pp 153–170. 0-8020-0779-1
  • Neil Christie,The Lombards (Oxford, 1995).
  • Nicholas Everett,Literacy in Lombard Italy c.568-774 A.D. (Cambridge, 2003).
  • H. M. Gwatkin, J. P. Whitney (ed) -The Cambridge Medieval History: Volume II—The Rise of the Saracens and the Foundations of the Western Empire. Cambridge University Press, 1926.
  • Giess, Hildegard. "The Sculpture of the Cloister of Santa Sofia in Benevento (in Notes)."The Art Bulletin, Vol. 41, No. 3. (Sep., 1959), pp 249–256.
  • Charles Oman.The Dark Ages 476-918. London, 1914.
  • Antonio Santosuosso.Barbarians, Marauders, and Infidels: The Ways of Medieval Warfare. 2004.ISBN 0-8133-9153-9
  • Karin Priester -Geschichte der Langobarden / Gesellschaft - Kultur - Altagsleben - Theiss
  • Wilfried Menghin -Die Langobarden / Geschichte und Archäologie - Theiss
  • Dr. Ludwig Schmidt -Älteste Geschichte der Langobarden
  • Thomas Hodgkin -Italy and her Invaders - Clarendon Press
  • Wilhelm Bruckner -Die Sprache der Langobarden
  • Friedrich Bluhme -Gens Langobardorum
  • Freiherren von Hammerstein-Loxten -Bardengau
  • Kaspar Zeuss -Die Deutschen und die Nachbarstämme
  • Robert Wiese -Die aelteste Geschichte der Langobarden
  • Ludo Moritz Hartmann -Geschichte Italiens im Mittelalter II Vol.
  • Tacitus -Annals
  • Tacitus -Germania
  • Willi Wegewitz -Das Langobardische brandgräberfeld von Putensen, Kreise Harburg
  • Grimm -Deutsche Mythologie
  • Hermann Fröhlich -Studien zur langobardischen Thronfolge -Zur Herkunft der Langobarden - Quellen und Forschungen aus italienischen Archiven und Bibliotheken (QFIAB)
  • Walter Pohl und Peter Erhart -Die Langobarden / Herrschaft und Identität
  • Hallenbeck, Jan T -Pavia and Rome: The Lombard Monarchy and the Papacy in the Eighth CenturyTransactions of the American Philosophical Society New Series,72.4 (1982), pp. 1-186.
  • Drew, Katherine Fischer, -The Lombard Laws.

Nota

[wysig |wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit dieNederlandse en dieEngelse wikipedia.

Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Lombarde&oldid=2725401"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp