
DieLangeberge is 'nbergreeks in die suide van dieWes-Kaap wat vir ongeveer 170 km in 'n algemene oos-wes-rigting loop en is deel van dieKaapse Plooigordel. Die mees westelike punt is nabyWorcester, enSwellendam is aan die suidelike voet, sowat 35 km ooswaarts geleë. Die reeks eindig sowat 30 km noordoos vanRiversdal in die ooste. Die oop vlaktes vanCannaland, 'n streek van dieKlein-Karoo, grens aan die noordekant van die Langeberge, en in die suide lê dieAgulhasvlakte en die graanlande van dieOverberg. Teen die suidelike hange van die reeks kombergfynbos enproteas voor.
Die hoogste punt van die reeks is die Keeromsberg met 'n hoogte van 2 075 m. Dit is aan die westepunt tussenWorcester enDe Doorns geleë, en sluit by dieKwadouwsberg aan. Die Keeromsrivier ontspring aan die hange daarvan, en word in die Keeromdam opgedam. DieNuyrivier vloei uit hierdie dam deur die Waaikloof, om by dieBreederivier aan te sluit. Aan die oostekant van die reeks vloei dieGouritsrivier suidwaarts deur Die Poort, 'n diep kloof in die Langeberge.
Bergpasse oor die Langeberge sluit in: