Landtag (Duits) (Nederlands:Landdag) is 'n term waarmee dieparlemente van die deelstate (Länder) van dieBondsrepubliek Duitsland aangedui word. Die benamingLandtag word deur 13 van die 16 deelstate gebruik. 'n Uitsondering is die drie stadstate: inBerlyn dra die parlement die naamAbgeordnetenhaus, inHamburg enBremen word die naamBürgerschaft gebruik.
Artikel 28 van die Grondwet van die Bondsrepubliek Duitsland skryf voor dat iedere deelstaat moet sorg vir volksverteenwoordigers wat verkies word by wyse van algemene, direkte, vrye, gelyke en geheime verkiesings. Die Landtage in Duitsland word om die vyf jaar verkies, met die uitsondering van die Bürgerschaft van Bremen, waar die verkiesing elke vier jaar gehou word. Die hooftake van die Landtage is beheer van en oorsig oor die deelstaatregering, om wetgewing te bepaal en om die begroting van die deelstaat goed te keur.
Deelstaat | Parlement | Parlementsetel | Aantal setels[1] |
---|---|---|---|
Baden-Württemberg | Landtag van Baden-Württemberg | ![]() Haus des Landtags,Stuttgart | 143 |
Beiere | Beierse Landtag | Maximilianeum,München | 205 |
Berlyn | Huis van Afgevaardigdes van Berlyn | ![]() Pruisiese Landtag,Berlyn | 160 |
Brandenburg | Landtag van Brandenburg | ![]() Potsdamer Stadtschloss,Potsdam | 88 |
Bremen | Bremische Bürgerschaft (Bremense Bürgerschaft) | ![]() Haus der Bürgerschaft,Bremen | 84 |
Hamburg | Hamburgische Bürgerschaft (Hamburgse Bürgerschaft) | ![]() Hamburger Rathaus,Hamburg | 121 |
Hessen | Hessische Landtag | ![]() Stadtschloss Wiesbaden,Wiesbaden | 137 |
Mecklenburg-Voorpommere | Landtag van Mecklenburg-Voorpommere | ![]() Paleis van Schwerin,Schwerin | 71 |
Nedersakse | Landtag van Nedersakse | ![]() Leineschloss,Hannover | 137 |
Noordryn-Wesfale | Landtag van Noordryn-Wesfale | ![]() Landtagsgebäude,Düsseldorf | 199 |
Rynland-Palts | Landtag van Rynland-Palts | ![]() Deutschhaus,Mainz | 101 |
Saarland | Landtag van Saarland | ![]() Landtagsgebäude,Saarbrücken | 51 |
Sakse | Saksische Landtag | ![]() Landtagsgebäude,Dresden | 119 |
Sakse-Anhalt | Landtag van Sakse-Anhalt | ![]() Landtagsgebäude,Maagdenburg | 87 |
Sleeswyk-Holstein | Landtag van Sleeswyk-Holstein | ![]() Landeshaus,Kiel | 73 |
Thüringen | Thüringense Landtag | ![]() Landtagsgebäude,Erfurt | 90 |