Landdros is die titel van 'n staatsamptenaar met beperkte plaaslikeregsprekende en bestuursverpligtinge. Die titel is afkomstig uitNederlands waar “land” verwys na streek en “dros” na 'n regterlike amptenaar op die platteland. 'n Landdros is die belangrikste verteenwoordiger van die sentrale regering in die distrik waarin hy werksaam is.
Op 31 Augustus 1682 is Johannes Mulder opStellenbosch as die eerste landdros in dieKaapkolonie aangestel. Hy was as landdros voorsitter van die kommissie van landdros en heemrade. Op 31 Desember 1827 is die amp van landdros afgeskaf en vervang met 'n siviele kommissaris en 'n plaaslike magistraat. Die magistraat sou met minder administratiewe pligte belas word.
Na dieGroot Trek het dieVoortrekkers die amp van landdros in dieZuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek van dieOranje-Vrystaat ingevoer.