Lakeview | |
|---|---|
| Koördinate:26°13′30″S28°01′30″O / 26.22500°S 28.02500°O /-26.22500; 28.02500 | |
| Land | |
| Provinsie | Gauteng |
| Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
| Hoofplek | Johannesburg |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 0,04 km2 (0,02 vk. myl) |
Lakeview is ’nvoorstad vanJohannesburg, sowat 2,7 km suidwes van die stadsaal geleë.

Die voorstad, wat net 0,04 km² beslaan, grens in die ooste en suide aanOphirton. In die suide vorm Springstraat die grens en in die weste Wendellstraat en aan die oorkant ’n onbeboude stuk van die plaasTurffontein. Lakeview is nou uitsluitlik ’n nywerheidsbuurt, maar vroeër jare was dit ook ’n woongebied, want in 1934 was hier 87 munisipale kiesers, van wie 42Afrikaans- en 45Engelssprekend was. In 1949 was dit 11 Afrikaans en 10 Engels, maar teen 1961 het die inwoners verder afgeneem, want toe het net vier Afrikaans- en twee Engelssprekende kiesers oorgebly. Die skilderW.H. Coetzer se gesin het 'n ruk lank hier gewoon toe hy klein was.
Lakeview is in 1903 op ’n gedeelte van die Ophirton-landgoed uitgelê. Die naam is afgelei van die voorstad se ligging naby die Ophirtonmeer. Aangesien dit so klein is, word Lakeview nie vir sensusdoeleindes afsonderlik getel nie. Dit strek net sowat 700 m van suidwes tot noordoos en van noordwes tot suidoos skaars 80 m.