La Liga (Spaans: [la ˈliɣa]; letterlik: "die Liga"; weens borgskapredes ook bekend asLa Liga Santander) is die hoogstesokkerafdeling inSpanje. Twintig klubs speel in hierdie professionele sokkerliga. Elke klub speel twee keer per seisoen teen mekaar, met een weg-, en een tuiswedstryd. Die kampioen en naaswenner plaas hulleself vir dieSupercopa de España (die Spaanse Superbeker) en vir dieUEFA Champions League. Die plekke drie en vier plaas hulleself ook vir dieChampions League en die vyfde plek sal in dieUEFA Europa League speel. Teen die einde van die seisoen word die onderste drie spanne afgeskuif na dieSecunda División (tweede vlak of divisie van Spaanse sokker). Al die 20 La Liga-spanne en die 22 Segunda División-spanne kwalifiseer saam sekere spanne uit die Segunda División B, Tercera División en Divisiones Regionales vir die Copa del Rey (Spaans vir: "Koningsbeker"). Die La Liga-wenner en die Copa del Rey-wenner sal dan om die Supercopa de España ("Superbeker van Spanje") meeding.
DieCopa del Rey ("Koningsbeker") is die oudste sokkertrofee in SpanjeDieSupercopa de España ("Superbeker van Spanje") word tussen die wenner en naaswenner van beide die Copa del Rey en La Liga uitgespeel