La La Land is 'nAmerikaanserolprent in die styl van 'n romanties-dramatiese musiekblyspel wat in 2016 vervaardig is en groot internasionale sukses behaal het. Die rolprent se naam sinspeel op 'n bynaam virLos Angeles asook 'n eufemistieseEngelse idioom vir realiteitsvreemde wensdenkery en som dan ook die fliek se inhoud noukeurig op.
Die nagtelike uitsig oor Los Angeles vanuit dieGriffith-sterrewag is een van baie tonele inLa La Land wat as huldeblyk aan die stad en klassieke rolprente soosRebel Without a Cause gekies isLa La Land se première is ter geleentheid van die 73ste Internasionale Filmfees van Venesië gehou
Dit vertel die verhaal van 'n ambisieuse jazzpianis (vertolk deurRyan Gosling) en 'n vooruitstrewende aktrise (vertolk deurEmma Stone) wat albei, ondanks alle struikelblokke, hul lewensdroom in Los Angeles probeer verwesenlik. 'nVerkeersopeenhoping en klein padwoedevoorval bring hulle nader aan mekaar. Hulle raak verlief op mekaar, maar hul liefdesverhouding word deur die realiteit op die proef gestel.
Die draaiboek is deur Damien Chazelle geskryf wat ook die regie behartig het.La La Land is in vier hoofstukke verdeel wat die seisoene volg ("Winter", "Lente", "Somer" en "Herfs") asook 'n epiloog ("Winter") wat vyf jaar later afspeel. Chazelle het die draaiboek reeds in 2010 voltooi, maar aanvanklik was geen rolprentateljee bereid om die projek sonder wysigings te finansieer nie. Eers nadat Chazelle in 2014 sukses behaal het met 'n ander fliek,Whiplash, hetSummit Entertainment ingestem omLa La Land te vervaardig.
Die rolprent is tussen Augustus en September 2015 in Los Angeles geskiet - dikwels in die besondere natuurlike daglig wat eie is aan dieSuid-Kaliforniese metropool.[1]Hiervoor is bewus tonele en plekke in en naby Los Angeles gekies waarmee rolprentteatergehore en filmentoesiaste elders reeds dekades lank vertroud is soos die Griffith-sterrewag, asook 'n styl wat as huldeblyk aan die CinemaScope-wyeskermformaat beskou moet word.
CinemaScope het vanaf die 1950's gewild geraak deur musiekblyspele soosIt's Always Fair Weather.La La Land is dus met Panavision-kamera-uitrusting analoog op selluloïed geskiet en later van 'n digitaleDolby Atmos-omringklankbaan voorsien (wat ook op dieBlu-ray enUltra HD Blu-ray-vrystellings beskikbaar is). Die oorspronklike CinemaScope-kamerategnologie is tans nie meer beskikbaar nie.
Die première vanLa La Land is op 31 Augustus 2016 ter geleentheid van die 73ste Internasionale Filmfees inVenesië,Italië gehou waar dit die openingsrolprent was. Op 9 Desember 2016 het dit in Amerikaanse rolprentteaters begin draai. Die film se totale internasionale bruto inkomste was VSA-$446 miljoen, teenoor vervaardigingskoste van $30 miljoen.