Suiwer kwartsiet sekleur wissel gewoonlik vanwit nagrys, maar kan ook verskeie ander kleure hê soosgeel,groen,blou,oranje, a.g.v ander minerale. Skakerings vanpienk totrooi is a.g.v. die teenwoordigheid vanysteroksied (Fe2O3).
Tydens die metamorfe proses waartydenssandsteen omskakel na kwartsiet, herkristalliseer die individuele kwartskorrels langs die korrelgrense (tesame met die "sementmateriaal") om 'n massa kwartskristalle te vorm. Tydens hierdie metamorfoseproses word die meeste of al die sedimentêre teksture van die oorspronklike sandsteen vernietig.
Ortokwartsiet is 'n baie suiwer sandsteen wat hoofsaaklik uit goedgeronde kwartskorrels bestaan, wat deur 'n kwartsryke sement gebind word. Dit bestaan gewoonlik uit 99%+silikondioksied (SiO2), met baie klein hoeveelhede ysteroksied, enspoorminerale soossirkoon,rutiel enmagnetiet wat baie weerstandbiedend is.
Omrede kwartsiet by atmosferiese temperatuur- en druktoestande baie stabiel is, bied dit goeie weerstand teenchemiese verwering. Dus vorm dit baie keer riwwe en kranse a.g.v. die positiewe verwering. Omrede kwartsiet uit bykans suiwer kwarts bestaan, bevat die grond wat daaruit vorm baie min voedingstowwe, en die riwwe en landskappe wat hieruit spruit is gewoonlik yl begroei. Die sandoppervlaktes word dus vinnig en maklik verweer.