Zoeloes van Shakaland in hulle tradisionele kleredragSeremoniële ysterwaens met koperbeslag by die Bloedriviermonument vorm 'n walaer en herinner aan die berugte veldslag van 1838 toe 470 Voortrekkers danksy hul vuurwapens daarin geslaag het om die aanval van 20 000 tot 30 000 Zoeloekrygers af te weerLandskapstoneel in die KwaZulu-Natalse Middellande (Midlands)
Die provinsie se binneland noord van die Tugelarivier, die hartland van die Zoeloe-koninkryk, het historiese bekendheid verwerf as die brandpunt van bloedige konflikte. Op sy slagvelde het Boerepioniers (Voortrekkers) en Britse soldate in die 19de eeu teen Zoeloekrygers geveg voordat die twee blanke volksgroepe teen mekaar oorlog gevoer het. Vandag neem georganiseerde toere toeriste na die historiese slagvelde.
Die Zoeloe-koninkryk, sy stigter Shaka en sy gevreesde krygers het die verbeelding van Europeërs aangegryp sedert die eerste blanke sendelinge hul werk hier begin het. Terwyl Zoeloes lankal deel geword het van Suid-Afrika se hoofstroom-samelewing, kan historiese museumdorpe soos dié van die oorspronklike Zoeloehoofstad Ondini met sy tradisionele byekorfhutte of Shakaland, die groot toeriste-aantreklikheid naby Eshowe, besigtig word.
Na die gebied suid van die Tugelarivier is teen die middel van die 19de eeu danksy die groot getal Britse immigrante as Witmansland verwys. Hier het Engelse setlaars van die diepste spore in Suid-Afrika gelaat. Toeriste mag in die koloniale leefstyl deel tydens akkommodasie in een van die streek secountry houses wat intussen tot hotelle omgeskep is. DieMidlands-streek word deur golwende heuwellandskappe gekenmerk – met vrugbare boerderystreke, suikerplantasies, poloklubs en stylvolle kunsroetes.
KwaZulu-Natal het in 1994 tot stand gekom met die samevoeging vanNatal, 'n historiese Britse kolonie en sedert 1910 een van die Unie van Suid-Afrika en die latere Republiek van Suid-Afrika se vier provinsies, en die voormalige Zoeloe-tuisland,KwaZulu.
KwaZulu-Natal het tot 2004 twee hoofstede gehad – Natal se ou hoofstad, Pietermaritzburg (die provinsie se naasgrootste stad) enUlundi, die ou administratiewe hoofstad van KwaZulu. In 1995 het 'n kommissie van ondersoek aanbeveel dat die provinsiale regering voorlopig om die beurt in Pietermaritzburg en Ulundi vergader.
Durban se moderneseiljaghawe. Die provinsie het tradisioneel 'n sterk Britse inslag nadat 'n groot aantal setlaars van dieBritse Eilande hulle hier in die 19de eeu gevestig het
Die provinsie se bevolking is in die sensus van 2011 op 10 267 000 beraam. In 2018 het KwaZulu-Natal met 11,4 miljoen die tweede meeste inwoners van Suid-Afrikaanse provinsies gehad, náGauteng. KwaZulu-Natallers verteenwoordig sowat 'n vyfde van die totale Suid-Afrikaanse bevolking. Die meeste inwoners isZoeloes, maar die provinsie huisves ook die grootste deel van Suid-Afrika se bevolking van Asiatiese afkoms.
Die etniese samestelling volgens die sensus van 2011 was: Swartes 86,8%, Asiate 7,4%, Blankes 4,2% en Bruines 1,4%[1]
Met 'n oppervlakte van sowat 92 100 km² is KwaZulu-Natal die derde kleinste van Suid-Afrika se nege provinsies. Dit beslaan sowat 7,5 persent van Suid-Afrika se totale oppervlakte. KwaZulu-Natal word in die suidweste begrens deur dieOos-Kaap, dieVrystaat in die noordweste enMpumalanga in die noorde. Daar is internasionale grene metMosambiek en die twee klein buurstateLesotho enEswatini.
KwaZoeloe-Natal lê aan die oostekant van Suid-Afrika aan dieIndiese Oseaan. Aan die suidekant lê dieOos-Kaap, wes lêLesotho en dieVrystaat, terwyl die provinsieMpumalanga en die landeMosambiek enEswatini aan die noordekant geleë is. KwaZoeloe-Natal word vanweë sy natuurskoon die "Tuinprovinsie" genoem. Daar is 'n subtropiese kusgebied ('n laaggeleë streek langs die Indiese Oseaan), met uitgestrekte vlaktes in die middel van die provinsie. Die majestueuseDrakensbergreeks troon in die weste en die Lebomboberge in die verre noorde.
Durban-hawe is Suid-Afrika se belangrikste poort tot die wêreld. Die foto wys die hawe se houerterminaalDie Amerikaanse VlootskipUSS Arleigh Burgh, wat met geleide missiele toegerus is, het op 13 Julie 2009 in Durban-hawe aangekom vir gemeenskaplike militêre oefeninge op see met die Suid-Afrikaanse Vloot
Durban is Suid-Afrika se besigste hawe; die hawe van Richardsbaai sorg weer veral vir die uitvoer van steenkool. Die vervaardigingsbedryf, asooktoerisme is vername bronne van inkomste vir die provinsie. Daar is dosyne strande, manjifieke gholfbane, plekke om te stap en te klim, natuurtuine. Die vernaamste gewas is suikerriet wat, soospiesangs,koejawels,mango's enpapawers, in die kusgebiede gekweek word. In die binneland word weer metgroente envee geboer. Bosbou word ook beoefen. In die noorde is daar steenkoolmyne in die omgewing van Vryheid, Dundee, Glencoe en Newcastle.[2]