Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kurt Student

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel verwys nie na 'n geldige bron nie. 'n Geldige bron is noodsaaklik, vanweëWikipedia se verifieerbaarheidsbeleid Indien 'n geldige bron nie binne twee weke vanaf die toevoeging van hierdie sjabloon gevind word nie, mag hierdie artikel verwyder word.(17 Januarie 2020). Verwyder gerus hierdie sjabloon indien 'n geskikte bron toegevoeg word.
Student (1941)

Kurt Arthur Benno Student (12 Mei1890 -1 Julie1978) was 'n Duitse generaal in dieLuftwaffe tydens dieTweede Wêreldoorlog. Student was 'n vroeë pionier van valskermmagte, en het opdrag gehad om 'n valskermsweermag te ontwikkel wat bekend sou staan as dieFallschirmjäger. As die mees senior lid van dieFallschirmjäger was hy die bevelvoerder van die mag gedurende die hele oorlog. Student het die eerste groot valskermaanval in die geskiedenis, die Slag om Den Haag in Mei 1940, gelei. Hy was ook in bevel van dieFallschirmjägers tydens hul laaste groot lugoperasie, die inval in Kreta in Mei 1941. Die operasie was 'n sukses ondanks die ernstige Duitse verliese, en het aanleiding gegee dat die Geallieerdes hulle opleiding en ontwikkeling van hul eie valskermeenhede bespoedig het.

Student is in 1947 verhoor en skuldig bevind aan oorlogsmisdade vir die mishandeling en moord op krygsgevangenes deur sy manskappe op Kreta. Student was ook verantwoordelik gehou vir vergelding optrede en massamoorde teen die Kretaanse burgerlikes nadat hy tydens die inval hewige weerstand van die burgerlikes ondervind het. Hy is egter net 'n ligte vonnis opgelê.

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
NormdataEdit this at Wikidata
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kurt_Student&oldid=2682458"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp