Kursief, soms ookskuinsdruk genoem, is intipografie ’nlettertipe wat oplopende skrif gebaseer is.[2][3] Vanweë die invloed vankalligrafie hel dit gewoonlik effens na regs oor. Kursief is ’n manier om klem op woorde of sinsnedes te lê. Dit word soms beskryf as die drukkersweergawe van onderstreepte woorde.[4] Kursiewe skrif is ook ’nsinoniem vir lopende skrif.[5]
In ware skuinsdruk lê die woorde skuins, maar die lettervorm verander nie – dié manier word deur talleskreeflose lettertipes gebruik.