Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kultuur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Volkspele word beoefen

Kultuur in die algemeen verwys na die patroon vanmenslike aktiwiteit en diesimboliese strukture wat hierdie aktiwiteite 'n sekere betekenis gee. Daar bestaan uiteenlopende definisies van "kultuur", wat dui op verskillende teoretiese benaderinge tot die vorming of evaluasie van menslike aktiwiteite en die produkte daarvan.

Die definisie van kultuur in dieHAT is “Die ganse geestelike besitting van 'n volk of groep op elke lewensterrein; die geesteslewe; die beskawingstoestand van 'n groep."

Verskillende volkere, nasies en groepe besig verskillende kulture. Kultuur word van geslag tot geslag deur 'n leerproses oorgedra. Kultuur kan in mense seskrywes, gelowe,musiek,kleredrag,eetgewoontes en wat hulle doen waargeneem word.

Eintlik het kultuur baie betekenisse. Kultuur kan 'n manier van lewe vir iemand wees, of dit kan 'n persoon se agtergrond wees, of dit kan net baie verskillende nasionaliteite uitbeeld wat saam kom as 'n gemeenskap. Soms kan dit die artistieke of intellektuele lewe van 'n gemeenskap uitbeeld.

Die studierigting wat kultuur bestudeer wordantropologie genoem.

Boere- of Afrikanerkultuur

[wysig |wysig bron]

Boere- of Afrikanerkultuur omskryf die kultuur vanBoere ofAfrikaners. 'n Paar prente om Boere of Afrikanerkultuur te illustreer:

Bronnelys

[wysig |wysig bron]
  • Naudé, Mauritz: Kategorieë van kultuur. In: Conserva. Departement van Omgewingsake. September/Oktober 1991. Deel 6, nr. 5 ISSN 0258-3313
  • van der Merwe, Isak: Kultuur gee Identiteit. In: Omgewing RSA. Februarie 1985, deel 12, nr. 2

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Hierdie artikel is ’nsaadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dituit te brei.
Nasionaal
Ander
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kultuur&oldid=2816914"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp