Simboliese voorstelling van die verowering vanJerusalem (12de–14de eeu)Die Franse koning Filips Augustus land in Palestina (14de eeuse miniatuur)Richard I, genoem Richard Leeuehart,Engeland se grootste kruisridder
DieKruistogte was 'n reeks godsdiensoorloë wat in dieMiddeleeue deur die ChristelikeLatynse Kerk begin, gesteun en soms aangevoer is. Die bekendste van dié militêre veldtogte was dié in die tydperk tussen 1095 en 1291 na dieHeilige Land met die doel omJerusalem endie omringende gebied vanMoslemse heerskappy te bevry. In die Eerste Kruistog, wat gelei het tot die oorwinning van Jerusalem in 1099, is dosyne militêre veldtogte gereël wat eeue lank die fokuspunt van Europese geskiedenis was. Die veldtogte het ná die 15de eeu skerp gedaal.
Die term "kruistog" is tydens dieMiddeleeue nog nie gebruik nie; dit dateer uit 'n later tydperk en verwys na die kruise, wat deelnemers van die kruistogte op hulle kleding aangebring het nadat hulle die kruisvaarderseed afgelê het. In eietydse bronne word ander terme gebruik – soos dieLatynseexpeditio ("veldtog"),iter ("reis") enperegrinatio ("pelgrimsvaart"). Deelnemers aan kruistogte het na hulself dikwels asperegrini verwys om die beweegrede van 'n gewapende pelgrimsvaart te beklemtoon.[1] Die godsdienstige pelgrimskarakter word ook bevestig deur die feit dat die gemiddelde kruisridder die inkomste van vier tot vyf jaar moes bestee om aan 'n kruistog te kan deelneem.[2]
Franse kruisridders het hul optogte na die Heilige Land in neutrale terme beskryf wat die reiskarakter daarvan beklemtoon het – asvoyage de Jérusalem,voyage vers la Terre sainte,passage ofvoyage d'outre-mer. DieFranse termcroisade dateer van die 15de eeu. DieOksitaansecrozada kom egter reeds in bronne van omstreeks 1250 voor.[3] OoreenkomstigeDuitse,Nederlandse enAfrikaanse terme (respektiewelikKreuzzug,kruistochtenkruistog) het eers in die moderne tyd gebruiklik geraak.
'n Krities-historiese ondersoek van die Kruistogtydperk vereis 'n noukeurige onderskeiding tussen die godsdienstige en politieke beweegredes vir die grootskaalse Middeleeuse militêre en logistieke ondernemings wat ons vandag as kruistogte in die nouer sin beskryf, en geloofsoorloë in die algemeen. As besondere historiese verskynsels sou kruistogte in die nouer sin ondenkbaar wees sonder die spesifieke godsdienstige, politieke en maatskaaplike konteks van die Hoë en Laat Middeleeue, veral die Middeleeuse Christelike geloofswêreld waarin verlossing 'n sentrale rol speel. Vanuit hierdie konteks het die Latynse Kerk en die kruisridders hulle beperk tot die bevryding en beskerming van Christelike heiligdomme in die Heilige Land, met name Jerusalem – die stad waar die wederkoms van Jesus Christus verwag is. Die tydperk van geloofsoorloë het klaarblyklik nie geëindig met die laaste kruistog en die begin van die vroeë moderne tyd nie.[4]
Onomstrede is die grootskaalse impak wat die Kruistogte op die Westers-Christelike beskawing gemaak het. Aansienlike toegewings is aan Italiaanse stadstate gemaak vir die bystand wat hulle aan Kruisvaarders verleen het. Hulle kon kolonies en handelsposte in die oostelikeMiddellandse See vestig waardeur florerende handelsbetrekkinge met oosterse markte tot in dieOttomaanse tydperk gewaarborg is. Twee van Italië se seerepublieke ofRepubbliche Marinare, Venesië en Genua, het as nuwe Europese moondhede begin optree. In godsdienstige opsig is die gemeenskaplike identiteit van die Westerse Latynse Kerk onder leierskap van die pous gekonsolideer. Op kultureel-literêre gebied was die Kruistogte die historiese bron vir verhale van heldedom, ridderlikheid en vroomheid wat diep spore sou laat in die Middeleeuse literatuur en filosofie. Op maatskaplike en politieke gebied is die nou verbintenis tussen Westerse Christendom, feodalisme en militarisme verstewig.
In die breër sin wordkruistog somsretories enmetafories gebruik om 'noorlog, wat 'ngodsdienstige oogmerk het, te regverdig. Kruistogte word dus dikwels as heilige oorloë teen groepe of volkere, wat as interne of eksterne teenstanders van dieChristendom beskou is, gedefinieer. Hierdie teenstanders het naas Moslems ook ortodokse Griekse en Russiese Christene, heidense Slawiese volkere,Mongole, ketters soos die Kathare, Bogomiele enHussiete en die politieke opponente van die pousdom ingesluit.
Party ywerige aktiviste mag egter ook na hulle bedrywighede verwys askruistogte soos diekruistog teen ongeletterdheid, ensovoorts. 'n Meer algemene moderne gebruik van die term is wanneer daar tipies op sarkastiese of verkleinerende wyse na dwepers verwys word.
Die oorsprong van die kruistogte lê in die ontwikkelings in die weste in die vroeë Middeleeue, sowel as die agteruitgang van dieBisantynse Ryk. Die agteruitgang van dieKarolingiese Ryk in die latere 9de eeu tesame met die relatiewe stabiliteit van plaaslike Europese grense na die kerstening van dieWikings,Slawiërs en dieMagjare het gepaard gegaan met toenemende geweldpleging deur adellikes wat mekaar in vetes (privaat oorloë) beveg het. Naas burgerlike landelike bevolkings en kooplui is ook die kerk en sy besittings deur die oorlogsvoering bedreig.
Die kerk het probeer om die geweld stop te sit deur die sogenaamde Godsvredebeweging (Pax Dei) en 'n tydelike staking van vyandeklikhede (Treuga Dei), een van die vroegste Europese vredebewegings wat aanvalle op ongewapende persone (geestelikes, boere en reisende handelaars), geboue (kerke, kloosters, openbare pleine, strate en paaie) asook vee verbied en 'n algehele wapenstilstand gedurende vastetye en op feesdae verklaar het. Oortreders kon uit die kerk geban word. Dit was ietwat suksesvol, maar opgeleide vegters het altyd na 'n manier gesoek om uiting te gee aan hulle gevegslus. Vertoë vir hulp vanaf die Bisantynse KeiserAlexius I om weerstand te bied teen dieMoslem-aanvalle is dus gretig ontvang.
Kruisvaarders (Larousse 1922)
'n Latere geleentheid om uiting aan hierdie gewelddadigheid te gee het hom ook voorgedoen met dieReconquista inSpanje wat Spaanseridders enhuursoldate vanuit ander dele vanEuropa betrek het in die stryd teen die IslamitieseMore. In1063 hetPous Alexander II sy pouslike seën aan die SpaanseChristene gegee in hul oorlog teen dieMoslems.
Die agtergrond in die Christelike Weste moet ook gesien word in die lig van die ontwikkelinge in die Islamitiese ooste. Die teenwoordigheid van Moslems in die Heilige Land strek terug tot die oorspronklikeArabiese oorname vanPalestina in die7de eeu. Dit het nie baie met diepelgrimstogte na die heilige plekke van die Christendom ingemeng nie en Wes-Europeërs was toe nie so besorg oor die verlies van die verreJerusalem toe hulle self invalle deur Moslems en ander vyandiggesinde nie-Christene soos die Wikings en die Magjare in die gesig gestaar het nie. Die suksesse van die Moslem-magte was egter besig om ernstige druk op dieOos-OrtodokseBisantynse Ryk te plaas.
'n Keerpunt in westerse houdings jeens die ooste het in die jaar1009 gekom toe dieFatimidiesekalif vanKaïro,al-Hakim bi-Amr Allah, dieKerk van die Heilige Graf in Jerusalem, een van die belangrikste heiligdomme van die Christendom, saam met die rotsgraf van Jesus Christus laat vernietig het. Sy opvolger het dieBisantynse Ryk toegelaat om die Kerk van die Heilige Graf te laat herbou onder streng voorwaardes en het pelgrimstogte ook weer toegelaat, maar baie gerugte het die rondte begin doen oor Moslem-wreedheid teenoor Christen-pelgrims; hierdie gerugte het 'n belangrike rol gespeel in die ontstaan van die kruistogte later in daardie eeu.
'n Ander belangrike kenmerk van die Kruistogte is die kerklike propaganda, wat 'n religieuse regverdiging vir die militêre optrede teen die Moslems gee. Die tradisionele Christelike pelgrimstog na die Heilige Graf is nou tegelykertyd as 'n oorlog teen heidense volke gepropageer.
In Europa begin die verhoudings tussen die Christelike meerderheid en nie-Christelike minderhede dramaties versleg. Die klein Joodse gemeenskappe, wat glad nie nie by die Christelik-Islamitiese konflik betrokke is nie, is nogtans die eerste slagoffers van die Christelike magte, wat orals inWes-Europa opgesweep raak deur die Kruistog-retoriek van die klerus. Die vyandbeeld, wat aanvanklik op die Turkse Moslems as die teenstanders van die Oos-Romeinse Christendom beperk is, sluit vinnig die hele Islamitiese wêreld in en uiteindelik elkeen wat as 'n vyand van Christus beskou is. Dit is nou veral Joodse burgers wat in afgryslikepogroms vermoor word. Destydse klerici het anti-Joodse pogroms egter skerp veroordeel.
Militêre geweld het van begin af 'n sentrale rol in die uitbreiding vanIslam gespeel. Die profeet Mohammed was self betrokke by 'n reeks veldtogte waarmee die bewoners van Mekka tot oorgawe gedwing is. Ook word aan hom 'nhadith (uitspraak) oor die samehang tussen swaard en paradys toegeskryf:"Die poorte van die paradys is onder die skadu van die swaard".[5]
Die vinnige uitbreiding van die Islamitiese geloof in die 7de en 8ste eeue was die resultaat van veroweringsveldtogte en die godsdienstige ywer van Moslem-stryders. Om nuwe gebiede onder Islamitiese beheer te bring, is as 'n godsdienstige verpligting beskou. So het die eenheid van geloof en geweldpleging in Islam vroeër en vinniger na vore gekom as in die Latynse Kerk waar godsdienstige redes net geleidelik as regverdiging vir geweld aanvaar is.
Die koepel van die herboude Kerk van die Heilige Graf in Jerusalem. Die vernietiging van die oorspronklike kerk, een van die belangrikste heiligdomme van die Christendom, deur 'n Islamitiese heerser was 'n ongekende provokasie. Eietydse Arabiese bronne bied moontlik 'n oortuigende verklaring vir sy gedrag – hy word as geestessiek beskryf en het later ook gewelddadig teen sy eie geloofsgenote opgetreeDie biskopsinode van die Latynse Kerk in Clermont het tussen 18 en 28 November 1095 onder leiding van pous Urbanus II plaasgevind. Die pous se toespraak, waarin die konsep van 'n geregte en 'n heilige oorlog verduidelik is as oproep tot 'n kruistog teen Moslemmagte, is nie in sy oorspronklike vorm oorgelewer nie. Merkwaardig is dat Christelike Europa die Islamitiese konsep van 'n kalifaat en 'n umma (die gemeenskap van gelowiges) oorgeneem het deur 'n gemeenskap van Christelike nasies te vorm wat deur hul geloof verenig is. Met 'n ander uitslag van die kruistogte sou ook 'n ander politieke ontwikkeling in Europa denkbaar gewees het – met ongekende godsdienstige en wêreldlike mag in hande van die pous[6]
In 1071 het Islamitiese Seldjoeke-magte (die Seldjoeke was 'n Islamitiese heerserhuis van Turkse stamme in Sentraal-Asië) Palestina binnegeval en Jerusalem, wat destyds deel uitgemaak het van dieBisantynse Ryk, ingeneem. Vervolgens het kleiner Moslem-magte, wat in destydse bronne as "wilde hordes" beskryf is, steeds weer aanvalle op Christene geloods en kerke en altare vernietig. Die Bisantynse keiser Alexios I Komnenos was nie meer in staat om die toenemende militêre bedreiging deur Seldjoeke met eie troepe en middele af te weer nie. In 1095 was die keiser genoodsaak om die militêre bystand deur Wes-Europese magte aan te vra. Sy versoek is aanPous Urbanus II gerig.
Alhoewel daar reeds 'nskeuring begin plaasvind het tussen dieKatolieke Westerse kerk en dieGrieks-Ortodokse oosterse kerk, hetAlexius I hulp van mede-Christene verwag. Die reaksie was egter baie groter en minder behulpsaam as wat Alexios I verwag het, toe diePous 'n oproep gedoen het om 'n invalsmag saam te stel, nie net om die Bisantynse Ryk te beskerm nie maar ook omJerusalem weer terug te neem.
Toe daar in1095 voorspraak gemaak is vir die Eerste Kruistog was die Christen prinse van noordelike Iberië al vir 'n honderd jaar besig om hulle pad uit die berge vanGalisië,Asturië, dieBaskiese land enNavarra met toenemende sukses uit te veg. Die val van die MoorseToledo aan die hand van dieKoninkryk van León in1085 was 'n groot oorwinning, maar die draaipunt van dieReconquista het nog in die toekoms gelê. Die onenigheid onder Islamitiese emirs was 'n noodsaaklike faktor vir die groeiende sukses.
Terwyl dieReconquista 'n prominente voorbeeld was van 'n omvattende Christelike veldtog teen Europese gebiede wat eeue gelede deur Moslemmagte eweneens met militêre geweld verower is, was dit nie die enigste voorbeeld daarvan nie. DieNoorse avonturierRobert Guiscard het die voet van Italië,Kalabrië, in1057 oorwin en het die tradisioneel Bisantynse gebied beskerm teen invalle van die Moslems vanSisilië. Die seevarende lande vanPisa,Genua enKatalonië het was almal aktief betrokke in gevegte teen die Islamitiese vestings vanMallorca enSardinië wat die kuslyn van Italië beveilig het teen Moslem-strooptogte. Die toenemende wurggreep van die Moslem-magte op Wes-Europa was 'n sterk aansporing vir mense om positief te reageer op dieBisantynse keiser, Alexios I se oproep tot 'n heilige oorlog om die Christendom te beskerm en om die verlore gebiede te terug te neem.
Die pousdom vanPous Gregorius VII, wat 'n interne stryd gevoer het oor bedenkinge rondom die geldigheid van 'n heilige oorlog en die vergieting van bloed in die naam van die Here, het uiteindelik 'n gevolgtrekking gemaak ten gunste van geregverdigde geweld. Optredes teen aanhangers van Ariaanse leringe en ander ketters het 'n geskiedkundige presedent geskep vir 'n samelewing waar geweld teenoor ongelowiges – en inderdaad ook teen ander Christene – aanvaar is en algemeen voorgekom het. SintAugustinus van Hippo, Gregorius se intellektuele rolmodel, het die gebruik van geweld geregverdig in diens van dieStad van God en verder sou 'n vanuit 'n Christelike perspektief geregverdigde oorlog 'n aggressiewe en ambisieuse leier van Europa, soos Gregorius homself beskou het, se aansien baie verhoog. Die noordelike stamme sou dan aan Rome verbind wees en hulle moeisame ridders sou 'n uitlaat vir hulle gewelddadigheid kon vind. Vorige pogings van die kerk om sulke geweld stop te sit, soos die Godsvredebewegings, het nie altyd hul doelwit bereik nie. Suid vanRome het die Nore gewys hoe sulke energie op Arabiere (in Sisilië) en die Bisantyne (op die vasteland) losgelaat kon word. Latynse leierskap in dieLevant (Mediterreense lande oos van Italië) sou die Pousdom se eis om heerskappy oor diePatriarg van Konstantinopel, wat direk aanleiding gegee het tot dieGroot Skeuring van1054, te bevestig.
In die Bisantynse tuislande is die oosterse Keiser se swakheid ontbloot met die rampspoedige nederlaag by dieSlag van Manzikert in1071, wat die Ryk se Asiese gebiede verklein het tot 'n streek in westerseAnatolië en rondom Konstantinopel. 'n Sekere teken van die Bisantynse desperaatheid was die vertoë vanAlexius I Comnenus aan sy vyand die Pous vir hulp. Gregorius was egter gewikkel in dieinhuldigingskrisis en kon daarom nie op die Duitse keiser staatmaak vir hulp nie, en die kruistog het dus nooit plaasgevind nie.
Vir Gregorius se gematigde opvolgerPous Urbanus II sou die kruistog 'n manier bied om die Christendom te verenig en daardeur die Pousdom versterk, en kon miskien selfs die Ooste onder sy beheer bring. Die ongelukkige Duitsers en Nore kon egter nie op staatgemaak word nie, maar die kern van die kruistog sou uiteindelik gevind word in Urbanus se tuisland onder die Noordelike Franse. Die eerste kruistogte het 'n ongeëwenaarde golf van passievolle, vrome woede ontketen wat tot uiting gekom het in die massamoord van die Jode en die gewelddadige behandeling van die Ortodokse Christene in die ooste. Die eerste fase van die Kruisvaartbeweging het sy hoogtepunt bereik en is hoofsaaklik geblus met die verwoesting van Konstantinopel in1204.
Die kruistogte van die 13de eeu het nie sulke gewildheid geniet nie en naAkko vir die laaste keer in1291 geval het en die uitwissing van dieOksitaanseKathare tydens dieAlbigensiese Kruistog, het die ideale van die kruisvaarte in onguns verval.
Die laaste kruisvarende orde van ridders wat grondgebied oorheers het was dieHospitaalridders. Na die val vanAkko het hulle beheer geneem van eilandRhodos en in die sestiende eeu is hulle verdryf naMalta. Hierdie laaste kruisvaarders is finaal deurNapoleon Bonaparte in1798 onttroon.
Tradisioneel word daar nege kruistogte tussen die 11de en 13de eeue erken, maar daar was ook 'n aantal kleiner kruistogte wat hoofsaaklik in dieselfde tydvak plaasgevind het en nie ingesluit word nie. Daar was dikwels kleiner kruistogte in die tydperk onderneem, nie net inPalestina nie maar ook inSpanje en Sentraal-Europa, nie net teen Moslems nie maar ook teen Christen ketters en persoonlike vyande van die Pousdom of ander magtige konings. Sulkekruistogte het plaasgevind tot en met die16de eeu toe dieRenaissance enHervorming die politiese en godsdienstige klimaat in Europa betekenisvol verander het. Volgens is 'n lys vangroot kruistogte.
Na dieBisantynse keiser,Alexius I na hulp gesoek het om sy ryk teen dieSeldjoek-Turke in 1095 te verdedig hetPous Urbanus II 'n oproep gemaak op alle Christene om aan die oorlog teen die Turke deel te neem, 'n oorlog wat volle kwytskelding sou meebring. Kruisvaarder leërs het naJerusalem gemarsjeer en verskeie stede onderweg laat val. In1099 het hulle Jerusalem oorgeneem en groot dele van die bevolking vermoor.
Na 'n tydperk waarin daar vrede geheers het en Christene en Moslems vreedsaam in die Heilige Land saamgeleef het, hetBernard van Clairvaux 'n beroep gedoen op 'n nuwe kruistog toe die graafskap van Edessa deur die Turke oorgeneem is. Franse en Duitse leërs het in1147 na Klein-Asië opgeruk maar geen noemenswaardige suksesse bereik nie en het selfs die oorlewing van die Kruisvaarderstate in gedrang gebring na 'n ondeurdagte aanval opDamaskus. In1149 het beide die leiers van die leërs na hul onderskeie lande teruggekeer sonder om enigiets te bereik.
In1187 hetSaladinJerusalem herower.Pous Gregorius VIII het 'n beroep op 'n kruistog gedoen wat toe deur verskeie belangrike Europese leiers gelei is naamlik:Phillip II van Frankryk,Richard I van Engeland enFrederik I, Keiser van die Heilige Roomse Ryk. Frederik het in1190 inSilisië verdrink., wat 'n onstabiele bondgenootskap tussen die Engelse en die Franse tot gevolg gehad het. Phillip het in1191 teruggekeer nadat die KruisvaardersAkko vanaf die Moslems herower het. Die Kruisvaarder-leër het toe teen die Mediterreense kus langs af beweeg. Saladin het probeer om die Kruisvaarders uit te lok maar hulle wou nie reageer nie. Hulle het die Moslems naby Arsoef verslaan en was binne sig vanJerusalem. Saladin het egter hulle planne gefnuik deur die waterbronne te vergiftig en die gesaaides te vernietig. Richard het die daaropvolgende jaar teruggekeer na hy 'n verdrag met Saladin gesluit het. Onderweg terug Engeland toe het sy skip skipbreuk gely en is hy deur die vyandig gesinde Oostenrykse hertog Leopold gevange geneem en vir 'n losprys aangehou.
Die Vierde Kruistog is deurPous Innocent III in1202 van stapel gestuur met die oogmerk om die Heilige Land vanuitEgipte binne te val. DieVenesiërs het beheer oor hierdie kruistog verkry en die doelwit naKonstantinopel verander waar hulle gepoog het om 'n Bisantynse banneling op die troon te plaas. Na 'n reeks misverstande en die verskeie uitbrake van geweld is die stad in 1204 verower. Die gewildheid van die beweging was egter nou dood en die opvolgende kruistogte kan eerder verklaar word as die Pousdom se poging om die militêre energie van die Europese volke inSirië se rigting te verlê.
Die Albigensiese Kruistog is in1209 van stapel gestuur om dieKathare wat asketters beskou is in Oksitanië, Suid-Frankryk te elimineer. Dit was 'n dekade lange stryd wat net soveel of dalk meer met die noordelikeFranse se begeerte om hul beheer suidwaarts uit te brei as wat dit met kettery te doen gehad het. Die Kathare asook die onafhanklikheid van die suidelike streke in Frankryk is uiteindelik sodoende vernietig.
Deur gereelde optogte, in gebede en preke het die Kerk gepoog om weer 'n kruistog aan die gang te sit. DieVierde raad van die Lateraan (1215) het 'n plan geformuleer om die Heilige Land weer terug te wen. 'n Kruisleër vanHongarye,Oostenryk enBeiere het 'n merkwaardige prestasie behaal deurDamietta in1219 in Egipte te verower, maar het op aandring van diepouslike legaat, Pelagius voortgegaan met 'n onverskillige aanval opKaïro. 'n Oorstroming van dieNyl het hulle gedwing om tussen vernietiging en oorgawe te kies.
In1228 hetKeiser Frederik II per skip vanafBrindisi na Sirië vertrek na hy deur die pousin die ban gedoen is. Deur middel van diplomasie het hy onverwagte sukses behaal en isJerusalem,Nasaret enBetlehem aan die Kruisvaarders oorhandig vir 'n tydperk van 10 jaar. Dit was die eerste groot kruistog wat nie deur die Pousdom aan die gang gesit is nie, 'n tendens wat vir die res van daardie eeu voortgeduur het.
Die pouslike belange wat deur dieTempelridders verteenwoordig is, het hulle in konflik metEgipte in1243 gebring en het 'nKhwarezmiaanse mag deur hulle in die daaropvolgende jaar ontbied, Jerusalem bestorm. Alhoewel dit nie so 'n wydverspreide woede en verontwaardiging inEuropa ontketen het soos die val van Jerusalem in 1187 gedoen het nie, hetLodewyk IX van Frankryk 'n kruistog teenEgipte georganiseer tussen1248 en1254. Dit was 'n mislukking en die Lodewyk het die grootste deel van die tyd in die hof van die Kruisvaarder-koninkryk van Akko deurgebring.
Die agste Kruistog is deurLodewyk IX in1270 gereël. Hy het per skip vanafAigues-Mortes vertrek, aanvanklik met die doel om die oorblywende Kruisvaarderstate inSirië te hulp te snel. Die Kruistog is toe uiteindelik egter naTunisië geskuif waar Lodewyk slegs twee maande gespandeer het voor hy oorlede is.
Die toekomstige koning van EngelandEduard I het 'n verdere ekspedisie in1271 geloods na hy Lodewyk op die Agste Kruistog vergesel het. Hy het bitter min in Sirië bereik en in die daaropvolgende jaar teruggekeer na die sluiting van 'n vredesverdrag. Met die val van dieAntiochië (1268),Tripoli (1289) enAkko (1291) is die laaste oorblyfsels van Christelike besetting vanSirië beëindig.
Die Kruistogte het 'n enorme invloed op die EuropeseMiddeleeue uitgeoefen. Met tye was groot dele van die kontinent onder 'n magtige Pousdom verenig, maar teen die14de eeu het die ou begrip van Christendom verbrokkel en was die ontwikkeling van gesentraliseerde burokrasieë, die grondslag vir die moderne volkstaat, al goed onderweg inFrankryk, Engeland,Boergondië,Portugal,Kastilië enAragon deels as gevolg van die oorheersing van die kerk met die aanvang van die kruistog-era.
AlhoewelEuropa al vir eeue aan Islamitiese kulturele invloede blootgestel is deur kontak in Spanje en Sisilië, is baie Islamitiese denkrigtings op wetenskaplike, mediese en argitektoniese gebiede na die weste oorgedra deur die kruistogte; Europesekastele het byvoorbeeld soos in die ooste massiewe klipstrukture geword eerder as die vroeëre, kleinere houtgeboue, wat in die verlede gebruik is. Die kruistogte het ook bygedra tot die aanvang van die Renaissance in Italië, aangesien baie van die Italiaanse stadstate belangrike, winsgewende handelskolonies in die kruisvaarderstede (beide in die Heilige Land en later ook in die Bisantynse gebiede) besit het.
Aan die geskiedenis van die kruistogte is eeue lank geen besondere aandag in die kollektiewe herinnering van die Islamitiese wêreld geskenk nie. Die prentjie het eers teen die middel van die 19de eeu geleidelik begin verander. Omstreeks 1865 kom in vertalings van Franse geskiedenisboeke vir die eerste keer die termal-hurub al-Salabiyya ("Kruisoorloë") voor as verwysing na die historiese gebeure wat vroeër as oorloë van dieIfranj (Franke – soos alle Europeërs, ongeag hul nasionaliteit, destyds genoem is) bekend gestaan het.
Die stigting vanIsrael as Joodse staat in 1948 word deur Thomas S. Asbridge, Britse hoogleraar vir Middeleeuse geskiedenis in Londen, in sy werkThe Crusades (2010) as wentelpunt in die Islamitiese resepsiegeskiedenis beskryf. Vervolgens word die kruistogte en enkele historiese Islamitiese persoonlikhede soos Saladin deur despote in die Nabye Ooste soos Hafiz al-Assad enSaddam Hussein vir propaganda-doelwitte geïnstrumentaliseer.
Tans onderneem aanhangers van twee uiteenlopende Islamitiese ideologieë – pan-Arabiese nasionaliste en Islamiste – met manipulatiewe herinterpretasies van die verlede die tydperk van kruistogte vir hul eie politieke agenda in te span.[7]
Die gruweldade van die kruisvaarders teenoorJode in Duitse en Hongaarse dorpe, later ook in dié vanFrankryk en Engeland, en die massamoorde van nie-vegtendes inPalestina enSirië het deel geword van dieAnti-Semitiese geskiedenis van Europa. Dit het eeue lank kwade gevoelens aan beide kante nagelaat. Die sosiale stand van Jode in Wes-Europa is deur die Kruistogte versleg. So is wetlike beperkinge dikwels tydens en na die kruistogte op hulle van toepassing gemaak. Dit het ook die weg gebaan vir die anti-Joodse wetgewing deurPous Innocent III en was 'n keerpunt in die geskiedenis van die Jode in dieMiddeleeue.
Kenneth Setton, ed.,A History of the Crusades. Madison, 1969–1989 (e-book online)
Angeliki E. Laiou,The Crusades from the Perspective of Byzantium and the Muslim World, (e-book onlineGeargiveer 14 Desember 2005 opWayback Machine), sluit 'n hoofstuk in oor die ontwikkeling van die geskiedskrywing van die kruistogte.