Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kroonblaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’nTulp seblom het drie kroon- en drie kelkblare.

Kroonblare is aangepaste blare wat die voortplantingsdele vanblomme omring. Hulle het dikwels helderkleure of buitengewone vorms ominsekte te lok. Al die kroonblare van ’n blom word saam dieblomkroon genoem. Daar is gewoonlik ook ’n ander stel blare, bekend askelkblare, wat saam dieblomkelk vorm. Die blomkroon en blomkelk vorm saam dieblomdek. Wanneer die kroon- en kelkblare moeilik van mekaar onderskei kan word, word dit saam dieblomdekblare genoem. Voorbeelde van plante waar van blomdekblare gepraat word, isgenera soosAloe enTulipa. In teenstelling daarmee het genera soosRosa enPhaseolus kroon- en kelkblare wat goed onderskeibaar is.

Funksies en doel

[wysig |wysig bron]

Kroonblare het verskeie funksies en doele, wat afhang van die soort plant. In die algemeen beskerm hulle sommige dele van die blom en trek insekte (wat behulpsaam is metbestuiwing van die plant) aan of stoot hulle af.

Reuk

[wysig |wysig bron]

Die kroonblare kan verskillende reuke afgee om gewenste insekte te lok en ongewensde insekte af te stoot. Sommige kroonblare en blomme kan ook reuke naboots, soos dié van verrottende vleis, om insekte te lok.[1]

Kleur

[wysig |wysig bron]

Verskeie kleureienskappe kan deur kroonblare aangeneem word om insekte te lok wat nie ’n goeie reuksin het nie. Sommige blomme kan die kleur van hul blare verander as ’n teken aan insekte om nader te kom of weg te bly.[2]

Vorm en grootte

[wysig |wysig bron]

Die vorm en grootte van kroonblare is ook belangrik om die regte insekte te lok. Groot kroonblare kan byvoorbeeld insekte oor ’n ver afstand lok, of insekte wat self groot is.[2]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. More, M, Cocucci, A.A, Raguso, R.A (2013)."The importance of oligosulfides in the attraction of fly pollinators to the brood-site deceptive speciesJaborosa rotacea (Solanaceae)".International Journal of Plant Sciences.174: 863–876.doi:10.1086/670367.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. 2,02,1Science Learning Hub. (2012). The University of Waikato. “Attracting pollinators”. URL besoek in Augustus 2013.[1]Geargiveer 3 Desember 2016 opWayback Machine

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kroonblaar&oldid=2722968"
Kategorie:
Versteekte kategorie:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp