• Hertogdom • Koninkryk • Persoonlike unie metHongarye • Aansluiting by die Habsburgse Ryk • SHS-sesessie van Oostenryk-Hongarye • Stigting van die Koninkryk van die Serwiërs, Kroate en Slowene (Joego-Slawië) • Joego-Slawië word republiek • Huidige grondwet • Onafhanklikheid besluit • Onafhanklikheid verklaar
Kroasië (Hrvatska [xř̩ʋaːtskaː]), amptelik dieRepubliek Kroasië (Kroaties:Republika Hrvatskaluister(hulp·inligting)), is ’n kleinland tussen dieMiddellandse See enSentraal-Europa. Sy staatsgebied strek van die voetheuwels van die JuliaanseAlpe in die noordweste tot die Pannoniese Vlakte in die ooste, oor dieDinariese Alpe in sy sentrale gedeelte tot die kusgebied van dieAdriatiese See in die suide.
Kroasië beslaan sowat 56 594 km² en het ’n uiteenlopende, hoofsaaklik kontinentale en Mediterreense klimaat. Dit het meer as duisend eilande aan die Adriatiese kus. Die meeste van Kroasië se 4,08 miljoen inwoners is etnieseKroate, met klein minderhedeSerwiërs. Die hoofgodsdiens isKatolisisme.
Die Kroate het in die vroeë 7de eeu in die hedendaagse Kroasië aangeland. Hulle het die gebied teen die 9de eeu in twee hertogdomme verdeel. Tomislav het teen 925 n.C. die eerste koning geword en Kroasië se status is so tot dié van ’n koninkryk verhoog. DieKoninkryk Kroasië het sy onafhanklikheid byna twee eeue lank behou en sy hoogtepunt bereik tydens die bewind van koning Peter Krešimir IV en Dmitar Zvonimir. Die land het in 1102 ’n persoonlike unie metHongarye gesluit. In 1527, toe die land bedreig is deurOttomaanse besetting, het die Kroatiese parlement Ferdinand I van dieHuis van Habsburg tot die troon verkies. In 1918, ná die Eerste Wêreldoorlog, is Kroasië ingesluit in die nieerkende Koninkryk die Slowene, Kroate en Serwiërs, wat vanOostenryk-Hongarye afgestig en verenig het om die Koninkryk Joego-Slawië te vorm. ’n Onafhanklikefascistiese marionettestaat het tydens dieTweede Wêreldoorlog bestaan. Ná die oorlog het Kroasië ’n stigterslid en federale deelstaat geword van Joego-Slawië, ’nsosialistiese republiek. In Junie 1991 het Kroasië hom onafhanklik verklaar. Dit het op Oktober van dié jaar in werking getree. Die Kroatiese Onafhanklikheidsoorlog het in die vier jaar daarna geheers.
Vandag word Kroasië deur dieInternasionale Monetêre Fonds geklassifiseer as ’n opkomende en ontwikkelende ekonomie, terwyl dieWêreldbank dit as ’n hoë-inkomste-ekonomie geïdentifiseer het. Kroasië het op 1 Julie 2013 die 28ste lidland van dieEuropese Unie (EU) geword en op 1 Januarie 2023 is dieEuro asgeldeenheid ingevoer. Dit is ook lid van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo),Verenigde Nasies,Raad van Europa en Wêreldhandelsorganisasie.
Die dienssektor oorheers Kroasië se ekonomie, gevolg deur die nywerheid- en die landbousektor.Toerisme is veral in die somer ’n groot bron van inkomste, met Kroasië wat as een van die gewildste bestemmings ter wêreld beskou word. Sy grootste handelsvennoot is die EU. Sedert 2000 het die regering heelwat daaraan bestee om die land seinfrastruktuur, veral vervoerroetes en -geriewe, te verbeter. ’n Groot deel van die energie wat verbruik word, word in Kroasië self vervaardig en die res word ingevoer. Daar is ’n universele gesondheidsorgstelsel en gratis primêre en sekondêre onderwys, en die kultuur word bevorder deur verskeie openbare instellings en deur korporatiewe beleggings in die media en uitgewersbedryf.
DieBranimir-inskripsie is die oudste bewaarde monument waarin 'n inskripsie na 'n Kroatiese Middeleeuse vors as Hertog van die Kroate verwys
Die land se naam kom van dieMiddeleeuseLatynseCroātia, vanDux Croatorum ("Hertog van die Kroate"), soos dit voorkom in die Branimir-inskripsie. Dit is weer afgelei van die Noordwes-Slawiese*Xrovat-, wat kom van ’n veronderstelde Proto-Slawiese*Xarwāt- (*Xъrvatъ) of*Xŭrvatŭ (*xъrvatъ).[6] Die oorsprong van die naam is onseker.
Met 'n oppervlakte van 56 542 km² is Kroasië rofweg half so groot soos dieSuid-AfrikaanseNoordwesprovinsie. In vergelyking met sy oppervlakte het Kroasië 'n buitengewoon lang kuslyn en 'n groot getal eilande, maar ook die binneland word deur 'n groot verskeidenheid landskapsvorme gekenmerk. Bergreekse loop van die noordweste na die suidooste van die land, waarby die hoogste pieke met maksimaal 1 831 meter in die Dinariese Alpe aangetref word, terwyl die gebied langs die grens met Hongarye in Noord-Kroasië deur diePannoniese Laagvlakte oorheers word. Die res van die land bestaan uit golwende heuwellande.
Ruwe bergagtige terrein bepaal ook die uitleg van baie eilande langs die Adriatiese kus. Die hoogste bergpiek met 778 meter bo seevlak is op die eiland Brač geleë, maar ook op ander eilande soos Cres, Hvar, Lošinj, Vis, Krk, Korčula en Mljet verrys pieke tot 'n hoogte van meer as 500 meter. Minder as vyftig eilande is bewoon, waarvan die twee grootstes Krk (409 km² met 'n bevolking van 16 400) en Cres (404 km² met 'n bevolking van 3 200) is.
Danksy die groot getal eilande is die Kroatiese kuslyn 5 835 kilometer lank (waarvan die vastelandse kuslyn 1 777 km en die eilande 4 058 km beslaan), ondanks die feit dat 'n reguitlyn, wat vanaf die grens metItalië op die skiereiland Istrië tot die grens metMontenegro in die suide getrek word, net sowat 500 km lank sou wees. Die lang kuslyn met aantreklike seehawens bied groot potensiaal vir toerisme.
Die gebied wat vandag as Kroasië bekend is, is regdeur die prehistoriese tydperk bewoon. Fossiele vanNeanderdallers van so vroeg as die Middel-Paleolitikum is in Noord-Kroasië ontdek. Die bekendste uitgrawingsterrein is by Krapina.[7] Oorblyfsels van verskeie kulture uit dieNeolitikum en Kopertydperk is al in al die streke van die land ontdek.[8]
Die Baška-tablet, die oudste voorbeeld van dieGlagolitiese skrifDie aankoms van die Kroate by die see, skildery deur Oton Iveković
Heelwat later is die gebied bewoon deur Liburniërs en Illiriërs, terwyl die eersteGriekse kolonies gevestig is op die eilande Korčula, Hvar[9] en Vis.[10] In 9 n.C. het die gebied deel geword van dieRomeinse Ryk. KeiserDiocletianus het ’n groot paleis in Split gebou toe hy in 305 aftree.[11] In die 5de eeu het een van die laaste keisers van dieWes-Romeinse Ryk, Julius Nepos, sy klein ryk vanuit dié paleis regeer.[12]
Dié periode het geëindig met invalle deur die Avare en Kroate in die eerste helfte van die 7de eeu en die verwoesting van feitlik alle Romeinse dorpe. Romeinse oorlewendes het na plekke aan die kus, op die eilande en in die berge getrek. Die stad Dubrovnik is deur so ’n groep oorlewendes van Epidaurum gestig.[13]
Die oorsprong van die Kroate is onseker; teorieë oor hul afkoms wissel van Slawies tot Irans. Die gewildste teorie is dat hulle Wit-Slawiërs was.
Die mure van Dubrovnik, wat die stad beskerm het tydens Middeleeuse aanvalle
Teen die 9de eeu is twee hertogdomme in die gebied gestig – die Hertogdom Pannonië enDalmasië, wat deur Ljudevit Posavski en Borna regeer is, volgens die kronieke vanEinhard uit 818. Daarin word die Kroatiese gebiede, wat toe Frankiese leenstate was, die eerste keer genoem.[14]
Die Frankiese heerskappy het twee dekades later geëindig tydens die bewind van Mislav.[15] In dié eeu is die Kroate ook gekersten.[16] Die eerste plaaslike Kroatiese heerser wat deur diepous erken is, was hertog Branimir, waarnapous Johannes VIII in 879 asDux Croatorum ("Hertog van die Kroate") verwys het.[17]
Tomislav was die eerste heerser wat in 925 in ’n brief deurpous Johannes X ’n koning genoem is. Tomislav het Hongaarse enBulgaarse invalle afgeweer en die invloed van die Kroatiese konings so uitgebrei.[18] Die Middeleeuse Koninkryk Kroasië het sy bloeitydperk in die 11de eeu beleef tydens die bewind van Petar Krešimir IV (1058–1074) en Dmitar Zvonimir (1075–1089).[19] Toe Stjepan II in 1091 sterf en die Trpimirović-dinastie tot ’n einde kom, het Ladislaus I van Hongarye die Kroatiese troon opgeëis. Teenstand het tot ’n oorlog en daarna ’n persoonlike unie met Hongarye in 1102 gelei onder die bewind van Coloman.[20]
In dié tyd het die Ottomaanse stryd teen dieVenesiërs toegeneem vir beheer oor die kusstreke. Die Venesiërs het teen 1428 beheer oor die grootste deel van Dalmasië geneem, met uitsondering van die stadstaat Dubrovnik, wat onafhanklik geword het. In 1493 en 1526 het die Ottomane groot oorwinnings behaal. Die Kroatiese regering het die Romeinse keiser Ferdinand I verkies tot hul nuwe heerser, op voorwaarde dat hy Kroasië teen die Ottomane beskerm maar ook die land se politieke regte respekteer.[21]
In die sensus van 2011 is die bevolking as 4,29 miljoen bepaal. Die meeste inwoners is etniese Kroate (sowat 90 persent), met klein minderhede Serwiërs (4,4 persent),Slowene,Italianers,Hongare,Tsjegge,Slowake en ander.
Die grootste deel van die bevolking is in die noorde en langs die Adriatiese kus saamgetrek. Die demografiese ontwikkeling is tradisioneel deur grootskaalse emigrasie en in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu ook deur lae geboortesyfers gekenmerk.
86 persent van die bevolking is Rooms-Katoliek, 4,4 persentSerwies-Ortodoks en een persent is aanhangers vanIslam. Daar is kleiner minderhedeProtestante (0,3 persent) enJode (0,01 persent).[22]
96% praat Kroaties as moedertaal, 1% praatSerwies en 3% ander tale. In gebiede, wat deur groter persentasies etniese minderhede bewoon word, dien naas Kroaties ook Serwies,Italiaans enHongaars as ampstale.
1. Landdeels inAsië. 2. Geografies inAsië, maar gereeld beskou as deel vanEuropa a.g.v. kulturele en historiese oorwegings. 3. Aangedui as dieKanaaleilande.