Kripton is 'nchemiese element in dieperiodieke tabel met die simboolKr enatoomgetal van 36. Kripton is 'n kleurloseedelgas wat in spoorhoeveelhede in dieatmosfeer voorkom en word ontgin deur die distillasie van vervloeide lug. Dit word dikwels saam met ander skaars gasse gebruik in fluoresserende lampe. Kripton is vir alle praktiese doeleindes inert maar daar is al verbindings metfluoor bekend. Kripton vorm ook klatrate met water wanneer atome daarvan in die waterkristalnetwerk vasgevang word.
Kripton word 'n edelgas genoem vanweë sy lae chemiese reaktiwiteit en word gekenmerk deur sy heldergroen enoranjespektrum. Dit is een van die produkte van diekernfissie vanuraan. Kripton in syvastestofvorm is 'n wit, kristallyne materiaal met 'n kubies vlakgesentreerdekristalstruktuur wat 'n algemene eienskap is van die edelgasse.
Kripton (vanafGrieksκρυπτός wat "versteek") beteken is 'n dieVerenigde Koninkryk in1898 deurWilliam Ramsay enMorris Travers ontdek in die oorblywende fraksie nadat hulle bykans al die komponente van vloeibare lug laat verdamp het. In1960 is 'n internasionale ooreenkoms bereik wat die meter gedefinieer het in terme van die lig wat vanaf 'n kripton isotoop uitgestraal word. Hierdie ooreenkoms het die ou standaardmeter wat in uit 'nplatinum-iridiumlegering vervaardig is en inParys bewaar is vervang. In Oktober van 1983 is die kriptonstandaard deur dieInternasionale Buro van Gewigte en Mates vervang. 'n Meter word nou gedefinieer deur die afstand wat lig aflê in 'nvakuum in 'n 1/299 792 458 deel van 'nsekonde.
Soos die ander edelgasse word kripton as 'n chemiese inerte element beskou. Studies wat egter sedert die 1960's gedoen is toon dat daar wel verbindings van kripton bestaan. Kriptondifluoried is in gramhoeveelhede vervaardig en kan op verskeie maniere vervaardig word. Ander fluoriede en 'nsout van kripton-oksosuur is ook gevind.ArKr+ en KrH+molekulêreione is al ondersoek en daar bestaan bewyse dat KrXe of KrXe+ bestaan.
Kripton kom natuurlik in vyf verskillende stabiele isotope en een effensRadio-aktieweisotoop voor. Kripton se kenmerkende spektrum word maklik verkry met baie skerp lyne. Kr-81 is die produk van atmosferiese reaksies met ander natuurlike isotope van Kripton. Dit isradio-aktief met 'nhalfleeftyd van 250 000 jaar. Soosxenon is kripton baie vlugtig naby oppervlakwaters en is Kr-81 dus al gebruik om die ouderdom van grondwater vas te stel.
Kr-85 is 'n inerte radio-aktiewe edelgas met 'n halfleeftyd van 10.76 jaar, wat ontstaan as gevolg van diekernfissie vanuraan enplutonium. Bronne van die materiaal sluit in kernwapentoetse,kernreaktore en die vrystelling van Kr-85 tydens die herverwerking van brandstofstawe van kernreaktore.
Daar bestaan 'n waarneembare verskil in konsentrasies van Kr-85 in die noordelike halfrond en in die suidelike halfrond. Die konsentrasie by dieNoordpool is ongeveer 30% hoër as by dieSuidpool vanweë die feit dat die meeste Kr-85 in die noordelike halfrond vervaardig word en die vermenging tussen die noordelike- en suidelike halfronde relatief stadig is.
'n Belangrike gebruik van kripton is in die kriptonfluoriedlaser. 'n Sekere hoeveelheidenergie word bygevoeg om kriptongas te forseer om metfluoorgas te reageer om kriptonfluoried te vorm (KrF2). Die verbinding ontbind sodra die aanwending van energie gestaak word. Tydens die ontbindingsproses word die oortollige chemiese energie, wat in die verbinding gestoor is, uitgestraal in die vorm van sterklaserenergie.