Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1975 | |
| Datums | 7 Junie – 21 Junie |
|---|---|
| Bestuurder | Internasionale Krieketkonferensie (IKK) |
| Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
| Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
| Gashere | |
| Kampioen | |
| Naaswenner | |
| Deelnemers | 8 |
| Wedstryde gespeel | 15 |
| Bywoning | 158 000 (10 533 per wedstryd) |
| Meeste lopies | |
| Meeste paaltjies | |
← Geen 1979 → | |
DieKrieketwêreldbeker 1975 (Engels:1975 Cricket World Cup) is van 7 tot 21 Junie 1975 inEngeland beslis. Dit was die eerstekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap ininternasionale eendagkrieket (EDI) wat deur dieInternasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word. Die Krieketwêreldbeker 1975 is deur dieBritse finansiële en versekeringsmaatskappyPrudential plc geborg en staan dus amptelik bekend as diePrudentialbeker 1975.

Agt nasionalekrieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1975 deelgeneem: Die destydse sestoetskrieketlande (Australië,Engeland,Indië,Nieu-Seeland,Pakistan enWes-Indië), saam met die destyds voorste geassosieerde lidSri Lanka en, vir die enigste keer,Oos-Afrika. Vir die Oos-Afrikaanse span is krieketspelers uit die landeKenia,Tanzanië,Uganda enZambië genooi.Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesetteapartheidsbeleid.
Tydens die Krieketwêreldbeker 1975 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroeg in die oggend begin.[3]
Die konsep van eendagkrieket was nog in die vroeë stadiums en tussen 1971 en 1975 is slegs 18 sulke wedstryde tussen die toetslande gespeel.[4] Interessant genoeg is dieeerste Vrouekrieketwêreldbeker twee jaar vroeër, in 1973, aangebied.[5]
Engeland, Nieu-Seeland, Wes-Indië en Australië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer en dit was tot dusver die enigste krieketwêreldbeker, waartydens geen span van dieIndiese subkontinent vir die uitklopfase gekwalifiseer het nie. Australië het Engeland en Wes-Indië het Nieu-Seeland geklop, voordat Wes-Indië – die gunsteling vóór dié toernooi – Australië in die eindstryd opLord’s inLonden met 17 lopies verslaan en sodoende die eerste krieketwêreldkampioen geword het.
Die openingswedstryd van die toernooi is gekenmerk deur een van die mees bisarre kolfpogings in die eendaggeskiedenis, dié van die IndieseSunil Gavaskar. Nadat Engeland 334/4 aangeteken het, metDennis Amiss wat 137 lopies gemoker het, het Gavaskar die volle 60 boulbeurte deurgekolf vir ’n skamele 36 lopies (nie uit nie), wat verskeie voorvalle van ongelukkige Indiese aanhangers tot gevolg gehad het.[6]
Volgens die IKK het slegs Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975,1979 en1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.[7][8]
Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer. Sri Lanka en Oos-Afrika was die enigste twee deelnemende spanne sonder toetsstatus en hulle is uitgenooi om die oorblywende twee plekke te vul.[9]

Gekwalifiseer as ’n volle lid van dieInternasionale Krieketkonferensie (IKK)
Uitgenooi deur die IKK
Nie deelgeneem nie
| Span | Kwalifiseringmetode | Vorige beste prestasie | Rang | Groep |
|---|---|---|---|---|
| Gasheer | Debuut | 1 | A | |
| Volle lede | Debuut | 3 | B | |
| Debuut | 5 | A | ||
| Debuut | 4 | A | ||
| Debuut | 6 | B | ||
| Debuut | 2 | B | ||
| Uitgenooi | Debuut | – | A | |
| Debuut | – | B |
Die eerste krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions gespeel. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1975 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Die Krieketwêreldbeker 1975 is oor 15 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 7 Junie 1975 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 21 Junie met die eindstryd tussen Wes-Indië en Australië, waartydens Wes-Indië die Prudentialbeker ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1975 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
| ||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
| Groep A | Groep B |
|---|---|
Die Krieketwêreldbeker 1975 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Krieketkonferensie genooi. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
’n Paneel van agt skeidsregters is vir die toernooi ingespan.
| Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
| Uit die toernooi geskakel. |
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
| Span | S | W | V | O | LT | P |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 3 | 3 | 0 | 0 | +4.94 | 12 | |
| 3 | 2 | 1 | 0 | +4.07 | 8 | |
| 3 | 1 | 2 | 0 | +3.24 | 4 | |
| 3 | 0 | 3 | 0 | +1.90 | 0 |
t | ||
Engeland wen met 202 lopies Lord’s,Londen Skeidsregters: David Constant en John Langridge (Eng) Speler van die wedstryd:Dennis Amiss (Eng) |
t | ||
Nieu-Seeland wen met 181 lopies Edgbaston,Birmingham Skeidsregters: Dickie Bird en Arthur Fagg (Eng) Speler van die wedstryd:Glenn Turner (NZ) |
t | ||
Engeland wen met 80 lopies Trent Bridge,Nottingham Skeidsregters: Bill Alley (Aus) en Tom Spencer (Eng) Speler van die wedstryd:Keith Fletcher (Eng) |
t | ||
Indië wen met tien paaltjies Headingley,Leeds Skeidsregters: Dickie Bird en Arthur Jepson (Eng) Speler van die wedstryd:Farokh Engineer (Ind) |
t | ||
Engeland wen met 196 lopies Edgbaston,Birmingham Skeidsregters: Bill Alley (Aus) en John Langridge (Eng) Speler van die wedstryd:John Snow (Eng) |
t | ||
Nieu-Seeland wen met vier paaltjies Old Trafford,Manchester Skeidsregters: Lloyd Budd en Arthur Fagg (Eng) Speler van die wedstryd:Glenn Turner (NZ) |
| Span | S | W | V | O | LT | P |
|---|---|---|---|---|---|---|
| 3 | 3 | 0 | 0 | +4.35 | 12 | |
| 3 | 2 | 1 | 0 | +4.43 | 8 | |
| 3 | 1 | 2 | 0 | +4.45 | 4 | |
| 3 | 0 | 3 | 0 | +2.78 | 0 |
t | ||
Australië wen met 73 lopies Headingley,Leeds Skeidsregters: Bill Alley (Aus) en Tom Spencer (Eng) Speler van die wedstryd:Dennis Lillee (Aus) |
t | ||
Wes-Indië wen met nege paaltjies Old Trafford,Manchester Skeidsregters: Lloyd Budd en Arthur Jepson (Eng) Speler van die wedstryd:Bernard Julien (WI) |
t | ||
Australië wen met 52 lopies The Oval,Londen Skeidsregters: Lloyd Budd en Arthur Fagg (Eng) Speler van die wedstryd:Alan Turner (Aus) |
t | ||
Wes-Indië wen met een paaltjie Edgbaston,Birmingham Skeidsregters: David Constant en John Langridge (Eng) Speler van die wedstryd:Sarfraz Nawaz (Pak) |
t | ||
Wes-Indië wen met sewe paaltjies The Oval,Londen Skeidsregters: Dickie Bird en David Constant (Eng) Speler van die wedstryd:Alvin Kallicharran (WI) |
t | ||
Pakistan wen met 192 lopies Trent Bridge,Nottingham Skeidsregters: Arthur Jepson en Tom Spencer (Eng) Speler van die wedstryd:Zaheer Abbas (Pak) |
| Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
| 18 Junie – Leeds | ||||||
| | 93 | |||||
| | 94/6 | 21 Junie – Londen | ||||
| | 274 | |||||
| 18 Junie – Londen | | 281/8 | ||||
| | 158 | |||||
| | 159/5 | |||||
t | ||
Australië wen met vier paaltjies Headingley,Leeds Skeidsregters: Bill Alley (Aus) en David Constant (Eng) Speler van die wedstryd:Gary Gilmour (Aus) |
t | ||
Wes-Indië wen met vyf paaltjies The Oval,Londen Skeidsregters: Lloyd Budd en Arthur Fagg (Eng) Speler van die wedstryd:Alvin Kallicharran (WI) |
t | ||
Wes-Indië wen met 17 lopies Lord’s,Londen Bywoning: 26 000[18] Skeidsregters: Dickie Bird en Tom Spencer (Eng) Speler van die wedstryd:Clive Lloyd (WI) |
| Krieketwêreldkampioen 1975 |
|---|
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1975.

Kampioen
Naaswenner
Halfeindrondte
Groepfase
Nie deelgeneem nie
| Rang | Span | Groep | S | W | O | V | LV | LT | LD | LT | P |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Finaliste | |||||||||||
| 1 | B | 5 | 5 | 0 | 0 | 999 | 976 | +23 | 20 | ||
| 2 | B | 5 | 3 | 0 | 2 | 1166 | 1060 | +106 | 12 | ||
| In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
| 3 | A | 4 | 3 | 0 | 1 | 983 | 506 | +477 | 12 | ||
| 4 | A | 4 | 3 | 0 | 1 | 886 | 783 | +103 | 12 | ||
| In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
| 5 | B | 3 | 1 | 0 | 2 | 801 | 682 | +119 | +4.45 | 4 | |
| 6 | A | 3 | 1 | 0 | 2 | 485 | 687 | –202 | +3.24 | 4 | |
| 7 | B | 3 | 0 | 0 | 3 | 500 | 745 | –245 | +2.78 | 0 | |
| 8 | A | 3 | 0 | 0 | 3 | 342 | 722 | –380 | +1.90 | 0 | |
Meeste lopies aangeteken:[1]
| Meeste paaltjies geneem:[2]
|
{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link){{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)| Wikimedia Commons bevat media in verband metKrieketwêreldbeker 1975. |