Movatterモバイル変換


[0]ホーム

URL:


Gaan na inhoud
Wikipedia
Soek

Kraai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kraaie
Die Amerikaanse kraai (Corvus brachyrhynchos) en sy roep
Wetenskaplike klassifikasiee
Domein:Eukaryota
Koninkryk:Animalia
Filum:Chordata
Klas:Aves
Orde:Passeriformes
Familie:Corvidae
Subfamilie:Corvinae
Genus:Corvus
Linnaeus,1758
Tipespesie
Corvus corax
Linnaeus, 1758
Spesies
Sien teks
Diversiteit
c. 45 spesies

Diekraaie (genusCorvus,familieCorvidae) is groot, oorwegend blinkswart voëls wat enigiets vreet; die grootste lede in die ordePasseriformes, of sangvoëls. Die geslagte lyk eners en jonges lyk baie soos volwassenes. Hulle roep tipies hard en skor.

Kraaie kom op alle vastelande, grotendeels in die gematigde klimaatstreke (behalweSuid-Amerika), voor en bestaan uit ongeveer 40spesies. Die familie het waarskynlik sy ontstaan gehad inSentraal-Asië en het daarvandaan uitgebrei naNoord-Amerika,Mexiko,Afrika,Europa enAustralië.

Kraaie, veral rawe, speel 'n belangrike rol inlegendes of in diemitologie asvoortekens of ongelukbringers, moontlik as gevolg van hulle swart veredos, hulle krasgeluide en hulle gewoonte omaas te vreet, as gevolg waarvan hulle vroeër gereeld opslagvelde te sien was.

Beskrywing

[wysig |wysig bron]

Kraaie en ander lede van Corvidae is groot sangvoëls wat hoofsaaklik in dieNoordelike Halfrond aangetref word, maar in kleiner getalle feitlik oral ter wêreld voorkom. Vir voëls beskik hulle oor 'n hoë intelligensie en deur hul goeie leervermoë kan hulle hulle by uiteenlopende toestande aanpas. Die groter kraaispesies is die enigstesangvoëls wat in warm lugstrome sirkel.[1]

Die meeste kraaie isallesvreters en die groter spesies soos dieraaf (Corvus corax) vreet baie afvalprodukte. Om dié rede was rawe vroeër inWes-Europa, waar geen aasvoëls voorkom nie, baie gewild. As gevolg van die toenemende welvaart het die funksie van 'nkadaweropruimer verdwyn en is daar jag gemaak op kraaie omdat hulle skadelik was vir gesaaides en ander voëls, veraljagvoëls. Sedertdien word verskeie kraaispesies in groot dele van die wêreld nie meer aangetref nie of hul getalle het skerp afgeneem.

Navorsing het getoon dat kraaie slimmer is as verskeie ander voëls wat reeds bestudeer is. Hulle kan byvoorbeeld leer om tot by vier te tel en kan ook sekere seine en die beskikbaarheid van kos met mekaar in verband bring.

Die grootste onder die kraaispesies is die rawe, wat veral bekend is vanweë hul deeglike broeisorg. Dienes word deur albei ouers gebou, en die ouer voëls is hiermee veel behendiger as die jongeres. Dit dui daarop dat hulle deur ervaring leer. Omdat die kuikens vroeg in die lente uitbroei wanneer dit nog koud is, word die nes goed uitgevoer. Die kuikens bly sowat 40 dae lank in die nes en word in die tyd uitstekend deur hul ouers versorg. Hulle drink uit hul ouers se snawels en word selfs "gebad" met water uit die volwasse voëls se borsvere wat vooraf natgemaak word. Die pare bly ook buite die broeiseisoen bymekaar, terwyl die jong voëls wat nog nie geslagsryp is nie, groepe vorm.

Bekende spesies

[wysig |wysig bron]

Subspesies van dieraaf (Corvus corax) kom oor die heleNoordelike Halfrond voor, terwyl sommige as afsonderlike spesies beskou word. InSuider-Afrika word diewithalsraaf (Corvus albicollis) aangetref. Hy is met ʼn lengte van sowat 52 cm die grootste van die drie inheemseSuider-Afrikaanse kraaispesies en kan maklik aan die breë wit kraag aan die agterkant van die nek herken word. Die withalsraaf kom volop in die suidelike en noordoostelike bergagtige gebiede voor en word dikwels tussenaasvoëls by karkasse gesien. Die ander kraaie is kleiner, maar oorwegend swart. Baie bekend inSuid-Afrika is die witborskraai ofwitborskraai (Corvus albus), wat 'n wit bors en 'n breë wit kraag aan die agterkant van die nek het. Hy kan geleer word om 'n mens se stem na te boots. Die ander plaaslike spesie is die blinkswartswartkraai (Corvus capensis). Albei die spesies word dwarsdeur Suider-Afrika aangetref, behalwe in die besonder droë gebiede. Die mannetjies en wyfies vorm pare en die jong voëls vorm net soos jong rawe groepe. InEuropa is ook dieroek (Corvus frugilegus) en diekerkkraai (Corvus monedula) baie bekend. Die roek broei in kolonies, by voorkeur hoog op in groot bome. Die kerkkraai broei in hol boomstamme, skoorstene en ander geskikte holtes en kan baie mak word.

Inheemse kraaie van Suid-Afrika

[wysig |wysig bron]

Kraaie van ander wêrelddele

[wysig |wysig bron]

Sien ook

[wysig |wysig bron]

Verwysings

[wysig |wysig bron]
  1. Carnaby, Trevor (2008). "Thermals".Beat about the bush: Birds (1ste uitg.). Johannesburg: Jacana. p. 107.ISBN 9781770092419.

Bronnelys

[wysig |wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig |wysig bron]
Taksondatabasisse
Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=Kraai&oldid=2702309"
Kategorieë:
Versteekte kategorieë:

[8]ページ先頭

©2009-2025 Movatter.jp