In die hedendaagse Hongkong staan die naamKowloon vir die distrik wat bestaan uit die Kowloon-skiereiland en New Kowloon. Hierdie gebied word begrens deur die Lei Yue Mun-kanaal in die ooste, Mei Foo Sun Chuen en Stonecutters-eiland in die weste, Tate's Cairn en Lion Rock in die noorde, en Victoria Harbour in die suide. Die bevolking het in 2011 op 2 108 419 gestaan. As gevolg van die klein oppervlak van Kowloon (67 km²), is die bevolkingsdigtheid uiters hoog, nl. 43 000 inwoners/km².
Ná die Hongkong-eiland was Kowloon die eerste gebied wat in 1849 onderBritse bewind gekom het en uiteindelik deel geword het van die kroonkolonie van Hongkong. Saam met Hongkong-eiland is Kowloon verantwoordelik vir 47% van die totale bevolking van Hongkong.
Kowloon is noord van die Hongkong-eiland, oorkant die Victoria-hawe, geleë. Dit is suid van dieNew Territories geleë, en aangrensend aan die vasteland van China (Volksrepubliek China).
Hongkong (en dus ook Kowloon) het een van die besfunksionerende openbare vervoerstelsels. Dit verander nie die feit dat daar soms lang toue tydens spitstye kan ontstaan nie. Die hoofweg is Nathan Road.
Daar is verskillende tipes openbare vervoer wat geheel of gedeeltelik deur Kowloon loop:
MTR (Tsuen Wan Line (metro), Kwun Tong Line (metro), Airport Express (lughawe metro), Tung Chung Line (metro), East Rail Line (trein) en West Rail Line (trein))
Busdiens gelewer deur KMB,Kowloon Motorbus Company, met kruis-hawelyne deur Citybus en New World First Bus